Saadverskaffer hier om te bly

2023
Karina Muller,
SA Graan/Grain
medewerker

Vir meer as 40 jaar reeds vertrou graansorghumprodusente op Pannar. Dié onderneming se bastersade vorm die ruggraat van graansorghumproduksie in die land en hul graansorghumteelprogram wat sedert 1978 aan die gang is, is een van die oudstes ter wêreld.

Graansorghum is ’n integrale deel van Pannar se multigewasprodukreeks. Noudat hulle deel vorm van Corteva™ Agriscience se globale navorsingsprogram, het Pannar toegang tot ’n uitgebreide reeks lyne van regoor die wêreld.

As deel van hul strewe na volgehoue en langtermynsukses gaan hulle steeds voort om verfyning aan en strategiese belegging in hul globale onderneming te maak om hul fokus op prioriteitsmarkte en gewasse te versterk. Pannar stel dit verder ten doel om voort te gaan om die beste keuses te evalueer. Sodoende kan hulle ’n betroubare en volhoubare verskaffer van sorghumbasters aan die Suid-Afrikaanse mark wees deur hul globale kiemplasmahulpbronne asook hul eie genetiese poel te gebruik.

Pannar onderneem om, soos in die verlede, landbouprodusente te ondersteun en met tegniese kundigheid by te staan. Graansorghum sal in die toekoms steeds ’n integrale deel van die saadmaatskappy se multigewasprodukreeks bly. Hulle bly tot dié gewas verbind en produsente sal in die tyd wat voorlê steeds hul saad deur die normale kanale kan bekom.

Die saad handhaaf ’n uitstekende prestasierekord in beide Graan SA- en Pannar-proewe.

Pannar bied aan Suider-Afrikaanse produsente hierdie opsies wanneer hulle bastersorghumsaad wil aanplant.

PAN 8816 – die beste soetbaster in die Pannar-pakket

  • Voortreflike opbrengspotensiaal en stabiliteit
  • Medium-laat baster met baie egalige groeiwyse
  • Mooi planttipe en goeie staanvermoë
  • Graan is grootsadig, dors maklik en het goeie skepelmassa
  • Gradeer GM en goeie moutgehalte
  • Goeie toleransie teen algemene blaarsiektes
  • Goeie toleransie teen aarbrand – plant dit aan waar probleme met aarbrand ervaar word
  • Oop aar is voordelig vir bespuitings

PAN 8625 – spesialiteit­bittersorghum

  • Uitstekende opbrengsprestasie en agro­nomiese eienskappe
  • Wyd aangepas
  • Bitter graantipe en gradeer GH
  • Hoë moutwaarde
  • Medium planthoogte met goeie staanvermoë
  • Goeie toleransie teen aarbrand