Voertuie is van die grootste kapitaaluitgawes op ’n plaas. Van die bakkie wat elke oggend deur die lande ry tot die vragmotor wat die oes aflewer – elke voertuig kos geld, elke dag. Tog word vlootkoste op heelwat plase steeds in notaboeke, sigblaaie en die werkswinkelvoorman se geheue bygehou.
’n Geïntegreerde bedryfstelsel met ’n module vir bate- en aanlegonderhoud bring al hierdie inligting op een plek bymekaar.
Vir elke voertuig kan die volgende aangeteken en ontleed word:
- brandstofverbruik per voertuig, bestuurder en blok;
- beplande onderhoud volgens kilometers, enjinure of datum;
- herstelwerk, onderdele en arbeidskoste;
- onderdelevoorraad in die werkswinkel; asook
- die totale lewensikluskoste van aankoop tot verkoop.
Minder administrasie, meer beheer
Die stelsel stuur betyds herinneringe vir lisensieskywe, padwaardigheidsertifikate, versekering en bestuurders se professionele bestuurspermit (PrDP). Akkurate brandstof- en gebruiksrekords per voertuig en aktiwiteit vergemaklik ook die logboeke wat vir SARS se dieselterugbetaling vereis word.
Koppel die stelsel aan GPS- en opsporingstoestelle, brandstofkaarte en dieseltenkmeters, en produsente word gewaarsku wanneer verbruik skielik styg of ’n voertuig meer kilometers aflê as beplan. Bestuurders kan daaglikse inspeksies en defekte met foto’s op hul selfoon aanteken. Voertuigkoste word ook teen elke land en gewas toegeken, sodat werklike koste per hektaar bekend is.
Hierdie stelsel help bestuurders om vrae te beantwoord soos:
- “Watter voertuie se herstelkoste per kilometer het die afgelope jaar die meeste gestyg?”
- “Is dit goedkoper om die ou bakkie nog twee jaar te hou, of om dit nou in te ruil?”
- “Watter trekkers gebruik meer diesel per hektaar as die res van die vloot?”
Die data wys ook wanneer om op te gradeer: Sodra die jaarlikse onderhouds- en stilstandkoste die waardeverlies van ’n nuwe voertuig oorskry, is dit tyd om te vervang. So word dit ’n berekende besluit eerder as ’n raaiskoot. iPlan se span help produsente om ’n stelsel te implementeer wat hul hele vloot, van bakkie tot stroper, beter sigbaar maak en bydra om koste te beheer en winsgewendheid te verbeter.
Kontak iPlan gerus vir meer inligting.
Besoek gerus https://iplan.global/industries/agriculture of skakel ons by 087 702 6369.
Kontak alternatiewelik vir Nico Palm by 083 417 7207 of nicopalm@iplan.global
Web address: www.iplan.global
Email address: info@iplan.global
Contact: Nico Palm @ nicopalm@iplan.global or +27 83 417 7207
Handles:
https://www.facebook.com/iPlanGlobal
https://www.instagram.com/iplan_global/
https://www.linkedin.com/company/223915/












