Article series

SA Graan/Grain regularly publishes exciting and very popular article series written by experts in their fields. To make it easier for our readers to have access to these valuable series they are published here for their convenience:

In Suid-Afrika is die oorgrote meerderheid suksesvolle landbou-ondernemings ook familie-ondernemings. Die artikels in hierdie reeks ondersoek verskeie aspekte wat familieboerdery beïnvloed. Dit sluit opvolgbeplanning, ondernemingsvorme, bestuur en geldelike risiko’s in. Die doel van die reeks is om nuwe lig te werp op die suksesvolle bestuur van ’n familieboerdery in ’n snel veranderende samelewing.

Die Ottosdal Geenbewerkingsklub is in 2013 gestig met die doel om bewaringslandbou-praktyke te ondersoek en akkerboukundige riglyne daar te stel. Sedert 2015 is verskeie artikels met inligting rakende die klub se navorsingprojekte in SA Graan/Grain gepubliseer. In samewerking met Asset Research is die artikels in ’n bundel opgeneem en gepubliseer. Dié e-bundel is beskikbaar deur op die voorbladfoto te klik.

Fertasa se grondsuurheidswerkgroep in samewerking met Graan SA, kyk in hierdie reeks van twaalf artikels na die oorsake, slaggate, invloed van en oplossing vir grondsuurheid.

Previous series

Category/Kategorie

1. CONSERVATION AGRICULTURE/BEWARINGSLANDBOU

Title/Titel

Integrated crop and pasture-based livestock production systems
Geïntegreerde gewas- en weidingsgebaseerde veeproduksiestelsels

Writers/Outeurs

Dr Hendrik Smith, Grain SA/Grain SA
Dr Wayne Truter , University of Pretoria/Universiteit van Pretoria
Prof Chris Dannhauser, Grass SA
Gerrie Trytsman, ARC-Animal Production/LNR se Diereproduksie-eenheid

Summary/Opsomming


Conservation Agriculture from a livestock producer’s perspective. In this series Dr Hendrik Smith et al. discuss a livestock farmer’s options with regards to integrated crop and pasture-based livestock production systems.

Bewaringslandbou vanuit ’n veeprodusent se perspektief. In hierdie reeks bespreek dr Hendrik Smith et al. die veeprodusent se opsies ten opsigte van geïntegreerde gewas- en weidingsgebaseerde veeproduksiestelsels.

Category/Kategorie

2. WEED SERIES/ONKRUIDREEKS

Title/Titel

Control weeds in maize and wheat
Onkruidbeheer in mielies en koring

Writers/Outeurs

Elbé Hugo, formerly from ARC-Grain crops/voorheen verbonde aan LNR-Graangewasse
Hestia Nienaber, ARC-Small Grain/LNR-Kleingraan

Summary/Opsomming


Description and control of the most important weeds in maize and wheat. Twelve weeds in total and the chemicals necessary to control them, are discussed.

’n Beskrywing van die belangrikste onkruid in mielies en koring en hoe om dit te beheer. Twaalf onkruidspesies en die chemikalieë wat benodig word om dit te beheer, word hier bespreek.

Category/Kategorie

3. SOIL SERIES/GRONDREEKS

Title/Titel

Soil: The producer’s most important asset
Grond: Die produsent se belangrikste bate

Writers/Outeurs

Martiens du Plessis, soil scientist/grondkundige, NWK Limited
Prof Cornie van Huyssteen, lecturer: Soil Science, University of the Free State/dosent: Grondkunde, Universiteit van die Vrystaat.

Summary/Opsomming


Soil is the most fundamental resource for the farmer, without which food and natural fibre cannot be produced. Furthermore, it is often also the most expensive single capital asset of the producer.

Grond is die mees essensiële hulpbron vir die produsent, waarsonder voedsel en natuurlike vesel nie geproduseer kan word nie. Verder is dit ook dikwels die produsent se duurste enkele kapitale bate.