February 2016

NICO VERMAAK, bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA

Graan SA skud vere reg vir KongresDie Graan SA Kongres word beplan vir 2 en 3 Maart vanjaar op NAMPO Park.

Die Kongres sal fokus op nuwe realiteite in ‘n ver anderende klimaat. Gegewe die huidige droogtetoestande en die impak daarvan op graan- en oliesadeproduksie in Suid-Afrika, sal dit ook ‘n sentrale tema vir bespreking tydens Kongres wees.

Nuwe realiteite vir ‘n vryemarkomgewing en die impak van moontlike nuwe statutêre maatreëls en wetgewing, sal ook tydens ‘n besprekingsessie hanteer word.

Die Kongres word saamgestel uit 372 afgevaardigdes uit 31 streke. Ongeveer 200 gaste en verteenwoordigers van die media woon ook jaarliks die Kongres by.

Navrae

Navrae oor kongresreëlings kan gerig word aan Nico Vermaak by 086 004 7246.

Publication: February 2016

Section: Grain SA