Eienskappe van ’n goeie finansiële stelsel

Dr Susan Tredoux, hoofbestuurder, iPlan
Gepubliseer: 29 April 2025

278

Die gebruik van ’n finansiële stelsel om inkomste en uitgawes te bestuur en te rapporteer is algemeen bekend en daar is verskeie opsies beskikbaar. Dit is egter raadsaam om oor ’n paar aspekte te besin en die waarde en funksies van geïntegreerde finansiële stelsels in oënskou te neem.

Dink byvoorbeeld aan die belangrikheid daarvan om oor voldoende voorraad (saad, bemesting, ensovoorts) tydens saaityd te beskik. ’n Goeie stelsel kan help om voorraad beter te beplan en bestuur en vermorsing of selfs diefstal te identifiseer en te beheer. Om dit verder te vergemaklik kan die inligting selfs op ’n slimfoon beskikbaar wees.

’n Geïntegreerde benadering brei tradisionele stelsels uit deur funksies wat die bestuur en rapportering van enige voorraadwaardes saam met finansiële inligting tot op die laagste vlak, byvoorbeeld per lot, beskikbaar maak. Die beskikbaarheid van goedkoop rekenaarverwerking en die berging van inligting deur die internet dra by tot die verlaging van bedryfskoste, aangesien dit nie meer nodig is om sterk rekenaars aan te skaf of tegnici aan te stel nie. ’n Internet-gebaseerde stelsel word ook gereeld deur diensverskaffers opdateer met nuwe funksies en verseker dat gebruikers toegang het tot die nuutste prosesse en praktyke. Dit maak dit moontlik om finansiële inligting intyds beskikbaar te hê en bevorder effektiewe bestuur en beheer. Derhalwe kan daar enige tyd ingeligte besluite geneem word en oor enige inligting gerapporteer word (maandeliks, kwartaalliks, aan die einde van die jaar of soos benodig).

Dit is goeie praktyk om ’n finansiële stelsel te kies wat inligting maklik en eenvoudig beskikbaar stel. Goeie finansiële verslae en state stel enige besigheidsbestuurder in staat om sy finansiële posisie te verstaan en maklik aan ander rolspelers te verduidelik. Dit bevorder goeie bestuur en betroubare inligting vir moontlike beleggers.

iPlan beskik oor die kundigheid om nuwegenerasie- finansiële stelsels in die landbousektor te implementeer. Ons reeks produkte is gepas vir enige grootte produsent in die graanbedryf. Kontak ons om produkopsies vir die mees gepaste en bekostigbare finansiële stelsel te ondersoek.

Web address: www.iplan.global
Email address: info@iplan.global
Contact: Nico Palm @ nicopalm@iplan.global or +27 83 417 7207

Handles:
https://www.facebook.com/iPlanGlobal
https://www.instagram.com/iplan_global/
https://www.linkedin.com/company/223915/