Optimaliseer plantenergie en boer vooruit

At van Schalkwyk, World Focus Agri
Gepubliseer: 9 Julie 2020

1357

Die wenprodusent is die een wat lewer wat die verbruiker van hom verwag – bekostigbare voedsel wat volgens aanvaarbare en volhoubare metodes en gebruike geproduseer is.

World Focus Agri se tegnologie en natuurlike oplossings vir gewasproduksie en gevolglike welvaartskepping deur volhoubare landboukundige praktyke is daar om die produsent in hierdie proses te ondersteun. Dit is waar die konsep van geïntegreerde plantenergiebestuur (IPEM) ter sprake kom.

In die groeisiklus van ’n gewas is daar verskillende mylpale waar meer energie benodig word as wat die reserwes kan verskaf. As hierdie unieke energiebehoefte nie bevredig word nie, kan die plant ’n “energiekrisis” beleef. Dit is die sogenaamde metaboliese stres, waar die vatbaarheid vir siekteveroorsakende organismes en insekaanvalle verhoog weens die gebrek aan beskikbare energie om die ensimatiese of hormoonstelsel van die plant aan die gang te hou. Hierdie stelsels is verantwoordelik vir optimale metabolisme en verdediging teen siekteveroorsakende organismes.

Optimaliseer plantenergie deur op die volgende noodsaaklike plant- of gewaskomponente te fokus:

  • Ensimatiese stelsels.
  • Kalsium en die funksionele komponente daarvan.
  • Funksionele en beskikbare koolstof (-COOH).
  • Die byvoeging van ’n voortreflike, natuurlike organiese stofwisselingsproduk (funksionele koolstof [-COOH] en CA++ herstel die balans van die plant se energiekurwe).

Hierdie meer aktiewe en gebalanseerde metabolisme het die volgende biologiese uitwerking in die plant:

  • Daar is meer ensiemaktivering vir metaboliese veranderinge en opname van voedingstowwe.
  • As gevolg van bogenoemde is daar ’n toename in hormoon­aktiwiteit.
  • Voortgesette hergroei van haarwortels (belangrik vir optimale Ca++-opname in plante).
  • Toenemende konsentrasie van plantsuiker/voedingstowwe (Brix).
  • ’n Toenemende balans van absisiensuur asook ’n toename in plantsapbeweeglikheid (EC).
  • Fotosintese-aktiwiteit neem toe.
  • Dit buffer die pH van die grond/medium en beskerm saailinge en jong plante teen die hoë soutindeks van chemiese bemestingstowwe.
  • Verhoogde produksie van vervoerensieme vind plaas – vir beter groei en gehardheid.
  • Optimale balans tussen fotosintese en respirasie.

Om die beste resultate in IPEM te behaal, gebruik die volgende produkte wat deur World Focus Agri verskaf word: Ensimatiese stelsels – Gliogrow, Gliosense, Glionut; kalsium – CCM, Complex Calsus, Complex Calsul, Complex SuperCa (ultrafyn kalk/gips); funksionele en beskikbare koolstof (-COOH) – Complex SuperCa (organies-gecheleerde Ca).

Vir meer inligting besoek www.worldfocusagri.com.