April 2015

‘n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite

image

WILLEM VOOGT, bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

Graan SA-streeksvergaderings is weer ‘n belangrike raakpunt

Graan SA gebruik streeksvergaderings om op ‘n jaarlikse basis op ‘n persoonlike vlak met produsente te kommunikeer rakende die werksaamhede van Graan SA en ook om die toekomstige strategiese fokusareas aan produsente mee te deel.

Tydens die vergaderings word daar verder in detail gekyk na graanmarkte en die syfers rondom die vraag en aanbod-scenario’s. ‘n Oorsig van inset- en produksiekostes per gewas is ook voorgehou gegewe die huidige insetpryse wat heers.

Dit skep ook die ideale geleentheid vir lede om belangrike knelpunte in hul streek onder die Dagbestuur van Graan SA se aandag te bring. Voorts besluit lede ook na afloop van die vergaderings oor wie die afgevaardigdes na Kongres sal wees.

Soos Suid-Afrikaners dit goed kan doen, geniet elke streek ná hul onderskeie vergaderings ook ‘n gesellige saamkuier. Die afgelope reeks vergaderings is teen einde Februarie afgehandel en was ‘n reuse sukses. Ten spyte van die droë toe stande in meeste gebiede, ervaar ons ‘n ongelooflike positiwiteit onder lede.

image

image

Publication: April 2015

Section: Grain SA