Eie webblad vir SA Graan/Grain

SA Graan/Grain redaksie

2465

SA Graan/Grain spog vanaf Mei-maand vanjaar met sy eie webblad – gaan loer gerus by sagrainmag.co.za. Op die tuisblad word die jongste uitgawe se hoofartikel, hoofstorie, aktuele artikels en van die rubrieke uitgelig.

Artikels wat spesiaal vir die webbladsy geskryf is en nie in die gedrukte tydskrif verskyn nie, word ook hier gepubliseer. Wil jy graag vir die Graan SA/Sasol fotokompetisie inskryf? Meer inligting oor die kompetisie is hier te vinde en jy kan ook na die afgelope uitgawe se wenfoto’s kyk.

Bo by die tuimelkassies is die volgende opsies:

Magazine
Die jongste tydskrif in blaaiboekformaat asook vorige uitgawes van SA Graan/Grain kan hier gelees word.

Special features
Artikelreekse wat al in die tydskrif verskyn het, soos die Conservation Agriculture-, Weed– en Soil-reekse asook aparte bylae wat saam met die tydskrif uitgegee is, soos die Graangids, NAMPO Oesdag- en NAMPO Kaap-uitgawes, kan hier op die blad gevind word.

Often asked
’n Nuwe toevoeging is die Often asked-kassie. In dié kassie sal jy artikels vind waaroor lesers gereeld vrae het soos byvoorbeeld: “Oesskattingskomitee: Noodsaaklikheid van data”, “Die geloofwaardigheid van SAGIS-inligting onder die loep” en “Relevansie van Graan SA-heffing gemeet teen ander kommoditeitheffings”.

Stel jy belang om in die tydskrif te adverteer? Al die nodige inligting hieroor asook die redaksie se kontakbesonderhede is op die webblad beskikbaar. Jy kan ook op die webblad inteken om die gedrukte tydskrif te ontvang.

Besoek gerus sagrainmag.co.za om die nuutste uitgawe te lees – nog voor dit uitgepos word.