December 2017

Respek is een van die hoekstene van enige samelewing en respek is ook die kern van die oplossing van ons land. Maar wat ons van respek verstaan, skiet soms ver tekort.

Respek word deur die Engelse woordeboeke as tweeledig aangegee. Ons verstaan respek oor die algemeen as agting of bewondering vir iemand oor sy kennis, gedrag en prestasies. Maar min van ons verstaan die tweede deel, die deel waar dit gaan oor om empatie te hê vir iemand anders se gevoelens, wense en regte. Om jou met ander woorde in te leef in dit waarmee iemand anders moet deel – om jou in daardie persoon se skoene te kan plaas. Hier faal ons mateloos. As jy respek vir ander het, sal jy eers dink oor hoe dít wat jy sê of doen, ander kan affekteer en beïnvloed voor jy doen of praat.

The Bible tells us in Matthew 5 about the reward for people that master this talent. But the Beatitudes sermon also tells us about the other qualities that form part of the character of the true people of God. All the qualities that a Christian should have. But in the shoes of others one should also look back at oneself. To who and what you see. Christmas is a time of festivity and family, of reflecting on the past and looking forward to the future. Let this also be a time of introspection. Who do others see in you? Is it Jesus Christ? That is what the Word expects from us.

Daar lê ‘n wonderlike 2018 vir ons almal voor as ons almal besluit om diensbaar te wees, met God se hulp en leiding en as gemeenskappe ons paadjie na die toekoms uitkap. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor onsself en ons kinders se toekoms om ons los te maak van die donker om ons – hierdie negatiwiteit. Ons benodig ‘n losmaak van die verlede en ‘n fokus op dít wat positief en opbouend is.

Salig is dié wat in God se Woord wandel! Mag hierdie Kerstyd vir jou, jou gesin, maar ook jou gemeenskap, geseënd wees en mag Sy saligheid op jou en jou familie rus!

Jaco Minnaar
Voorsitter, Graan SA
Publication: December 2017

Section: Grain SA