April 2017

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

Graan SA gee jaarliks tydens Kongres erkenning aan spesifieke bedryfsrolspelers. Mnr Jaco Minnaar (voorsitter: Graan SA – links op foto’s) het die toekennings aan die drie kandidate oorhandig.

1: Spesiale erkenning is vanjaar aan Johan van Onselen (Kolbe Advertising) gegee vir ‘n uitnemende vennootskap met graanprodusente, sedert 1 Februarie 1979, met mylpale (advertensiebegrotings) wat elke maand bereik is.
2: Gerhard Scholtemeijer (voorsitter van die Proteïennavorsingstigting) is ook by wyse van ʼn spesiale toekenning bedank vir sy lewenslange toewyding aan navorsing, ontwikkeling en die produksie van olie en proteïensade in Suid-Afrika.
3: Mart Willemse (No-line Productions) het spesiale erkenning gekry vir haar toewyding aan die promovering van landbou se beeld en die verandering van persepsies met baanbreker oudiovisuele produkte.

Publication: April 2017