Beskikbaarheid en prys van grondboonsaad vir nuwe seisoen

3933
Corné Louw,
senior ekonoom,
Graan SA

Volgens die jongste skatting van die Nasio­nale Oesskattingskomitee is slegs 20 050 ha grondbone in die 2018/2019-produksieseisoen aangeplant en word ’n oes van 20 580 ton verwag. Produsente was van voorneme om ten minste 50 000 ha se grondbone aan te plant, maar as gevolg van die reën wat in die meeste gevalle eers in Januarie in die weste geval het, is heelwat minder geplant.

Hierdie kleiner aanplanting het Graan SA-lede bekommerd oor die beskikbaarheid van grondboonsaad vir die komende seisoen. Graan SA het by SANSOR en verskeie saadverwerkers hieroor gaan kers opsteek.

Volgens die hoeveelheid hektare wat by SANSOR vir die vermeerdering van saad geregistreer is, kan aannames gemaak word oor hoeveel saad vir die nuwe seisoen beskikbaar is.

Hiervolgens kan daar genoeg gesertifiseerde grondboonsaad beskikbaar wees om ongeveer 47 000 ha in die komende seisoen aan te plant. Ontkiemingsuitslae kan egter hierdie syfer beïnvloed. Daar kan dus moontlik ’n tekort aan saad wees vir die komende seisoen.

Verwerkers wat saad bemark, het aangedui dat pryse tussen R625 en R700 per 25 kg kan beloop.

Die volgende maatskappye is by SANSOR geregi­streer vir saadvermeerdering:

  • Qualita Seeds SA
  • Triotrade
  • Golden Peanut & Tree Nut SA
  • GWK Beperk
  • LNR-Graangewasse (slegs telersaad)
  • Integrated Commodities Co h/a Peanutworx
  • Kwenaplex Boerdery h/a Vienna Groundnuts
  • Lemacor Peanuts
  • Peu Seed Processors
  • Roba Foods
  • The New Nut Company
  • Vaalharts Groundnuts Marketing
  • Vercueill PS