March 2018

SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE

Graan SA se Finansiële Dienste-afdeling het in Januarie vanjaar ‘n nuwe toevoeging tot die span verwelkom toe Roslynne Carelse as finansiële rekenmeester by die organisasie aangesluit het.

Die gebore en getoë Vrystater – afkomstig van Bloemfontein – beskryf haarself as kleurvol en logies. “Ek kleur graag tussen die lyne in, maar skep ‘n Mona Lisa.” Sy lag vir haar eie grappies, maar kan huil vir iets so mooi soos die liefde tussen vriende.

Verder waardeer sy die egtheid van gesprekke met vreemdelinge wat nie skaam is om die mooiheid van die wêreld met haar te deel nie – en wat op dié manier terselfdertyd ‘n lewensles oordra.

Haar stokperdjies sluit Crossfit, teaterkuns (besigtig, nie optree nie), poësie en ‘n kuier om die braaivleisvuur met vriende en familie in.

Jy kan haar bederf met koffie, rooiwyn, biltong en blomme en sy heg groot waarde aan lojaliteit, eerlikheid, toegewydheid en deernis.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Publication: March 2018

Section: Grain SA