Droogtehulpprojek vir Kaapse produsente geloods

825

July 2017

ALZENA GOMES, skakelbeampte, Graan SA

Met die knellende droogte wat veral skaapboere in die Noord- en Wes-Kaap beleef, het Graan SA op 1 Junie ‘n droogtehulpprojek geloods. Dit volg nadat ‘n groep produsente in die Hoopstad-omgewing reeds aksies van stapel gestuur het om mielieskenkings in te samel en na produsente in nood aan te ry.

“Dit is vir ons baie belangrik dat alle produsente in nood gehelp moet word, ongeag ras, geslag of lidmaatskap van georganiseerde landbou,” het mnr Jannie de Villiers (hoof uitvoerende beampte, Graan SA) gesê. Graan SA het, in samewerking met verskillende landboubesighede, toegewysde leweringsnommers geregistreer om skenkings te ontvang. Die leweringsrekenings waarteen skenkings gelewer kan word (geen hantering- of storingsfooi), is:

  • TWK silos: 820993
  • Suidwes Landbou: Suidwes Landbou Droogtehulp 0326801
  • Senwes: 427504
  • NWK: Wes- en Noord-Kaap Droogtehulp – X980422WND
  • Afgri: BP: 947183 AR: 330824 FOLIO: 152415 Buyerscode 1732

Vir meer inligting, kontak Graan SA se Hoofkantoor by 086 004 7246.

Publication: July 2017

Section: Grain SA