Organisasie vereer uitgetrede lede én personeel

970

September 2016

JOHAN SMIT, besturende redakteur: SA Graan/Grain en Alzena Gomes, skakelbeampte: Graan SA

Die afskeidsfunksie vir uittredende hoofbestuurslede van Graan SA is vanjaar ingekleur met die tema: ‘n Reis deur tyd. Erkenning vir oud-hoofbestuurslede en jare diens deur personeel is aangevul deur die bekendstelling van die organisasie se pasvoltooide geskiedenisprojek én ‘n karaktervolle wynproe deur Van Loveren Family Vineyards.

Tydens die geleentheid, wat op 26 Julie op NAMPO Park plaasgevind het, is afskeid geneem van mnre Louw Steytler, Jan Grey, Hansie Viljoen, Willie Linde Johan Jacobs wat uitgetree het. Mnr David Motshwene, wat ook uitgetree het, het verskoning gemaak vir die funksie.

‘n Spesiale erkenning vir 15 jaar diens op die Mielietrust is aan mnr Neels Ferreira, ‘n voormalige voorsitter van Graan SA, oorhandig. Graan SA se erkenning vir uitnemendheid as Hoofbestuurslid vir 2016 word gedeel deur mnre Derek Mathews (Streek 5) en Richard Krige (Streek 27).

Die funksie is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Monsanto. Mnr Jagresh Rana, bestuurder van die Asië- Afrikastreek, het Monsanto se tevredenheid uitgespreek met hul vennootskap met Graan SA.

Teen die agtergrond van die afgelope seisoen se droogte het hy verwys na Monsanto se nuwe bastersaad-tegnologie op mielies en selfs op sojaboonkultivars. Die uitrol van nuwe datawetenskap-gebaseerde produkte na Suid-Afrika om produsente te ondersteun in hul besluitneming op plaasvlak, word ook in die vooruitsig gestel.

Graan SA het tydens die geleentheid erkenning gegee aan personeel met jare diens. Sien die tabel elders op hierdie bladsy.

‘n Geskiedenisprojek wat in opdrag van Graan SA uitgevoer is, is ook bekend ge stel. Die verhaal van die graan- en olie sade bedryf van Suid-Afrika, getiteld ‘n Reis deur Tyd, is in elektroniese for maat beskikbaar op Graan SA se webtuiste by www.grainsa.co.za onder die Geskiedenisskakel. Erkenning is gegee aan die outeur, mnr David Theron, sowel as aan die redaksionele komitee, leespaneel, medewerkers en borge. ‘n Meer omvattende berig en foto’s verskyn in die Oktober-uitgawe van SA Graan/Grain.

Organisasie vereer uitgetrede lede én personeel

Organisasie vereer uitgetrede lede én personeel

Publication: September 2016

Section: Grain SA