Sorghumdag bied geleentheid vir interaksie

Petru Fourie, navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA en
Dirk Kotzé, ledebemarking- en kommunikasiebeampte, Graan SA

1975

‘n Baie geslaagde inligtingsdag is op 3 Junie vanjaar op mnr Willem Groothof (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 13) se plaas in die Settlers-omgewing aangebied. Die dag is goed ondersteun deur produsente – wat getuig van die belangstelling in sorghumkultivarnavorsing.

Pannar, Agricol, AGT Foods Africa en K2 het inligting oor hulle onderskeie kultivars aan die produsente deurgegee. Produsente het ook die geleentheid gehad om deur die verskillende proewe te beweeg en daar was goeie interaksie tussen Graan SA, produsente en verteenwoordigers van die saadmaatskappye.

Graan SA spreek sy dank uit aan almal wat saamgewerk het om dié dag suksesvol te maak.