December 2016

JOHAN SMIT, besturende redakteur: SA Graan/Grain

Is dit nie ironies dat Graan SA in ‘n geskiedkundige droogtejaar die geskiedenisprojek afgehandel het nie? Dit het die geleentheid geskep om mense net weer te herinner waar ons van daan kom en wat produsente en die organisasie in die verlede al deurgemaak het en om weer ‘n slag oor ons roots te gesels.

Só gesels mnr Jannie de Villiers, Graan SA se uitvoerende hoofbe stuurder, oor die organisasie se geskiedenisprojek wat in Julie vanjaar in elektroniese boekformaat op die webtuiste bekend gestel is. Dié e-publikasie, met die titel Die Graan en Oliesadebedryf van Suid-Afrika – ‘n Reis deur Tyd, se samestelling het oor ‘n tydperk van nagenoeg twee jaar plaasgevind.

Insette van oudleiers hoog aangeskryf

“Die navorsingsproses het onder andere bestaan uit sowat 37 on derhoude met prominente rolspelers uit die bedryf,” het mnr Nico Vermaak, bestuurder: Korporatiewe Dienste, Graan SA én koördineerder van die projek, gesê. Die outeur, mnr David Theron, het onder andere met oudleierskap en uitgetrede amptenary onderhoude gevoer. Hy sê dit was byvoorbeeld ‘n voorreg om persoonlik met ‘n strydros soos mnr Boetie Viljoen, eertydse voorsitter van NAMPO, te kon gesels oor die veelbesproke besoek aan staatspresident PW Botha in 1985.

“Graan SA bedank elke rolspeler, individu en medewerker vir hulle insette en tyd spandeer om die geskiedenisprojek moontlik te maak. Dit was ‘n spesiale voorreg dat elkeen van die oudleiers wat die bekendstellingsgeleentheid op 26 Julie op NAMPO Park bygewoon het, ook deel uitgemaak het van die projek om die graan- en oliesadebedryf se verhaal op te teken,” het De Villiers aan SA Graan/Grain gesê.

Publication: December 2016

Section: Grain SA