April 2016
ALZENA GOMES, skakelbeampte: Graan SA en foto’s: ESTIE DE VILLIERS, redakteur: SA Graan/Grain
Graanprodusente, landbourolspelers, akademici, rege ringsamptenare en belanghebbendes het op 2 en 3 Maart by NAMPO Park byeengekom vir die jaarlikse Graan SA Kon gres. Die tema “Nuwe realiteite in ‘n veranderde klimaat”, toepaslik op ekonomiese, politieke en klimaats veranderinge, te same met ‘n heel nuwe benadering tot die uitleg van Kongres, het afgevaardigdes laat besef dat Graan SA dié jaar interaktiewe deelname tussen lede aanmoedig om sodoende besprekingsgeleenthede te bevorder.
Verder het die instelling van ‘n nuwe elektroniese stemtoestel die weg gebaan vir konstruktiewe terugvoer na elke sessie en die geleentheid geskep om belangrike insette en opinies van ons lede in te win.
Nuwe leierskap is ook tydens Kongres verkies en mnr Jaco Minnaar is die nuwe voorsitter van Graan SA wat die leisels by die uittredende voorsitter, mnr Louw Steytler, oorneem. Die ondervoorsitters is mnr Andries Theron en me Preline Swart en saam is hierdie span reg vir die uitdagings wat voorlê, waarvan die belangrikste sekerlik is om die saak van die graanprodusent te beklemtoon, te beskerm en te bevorder te midde van die konstante veranderinge en uitdagings in die landbou-omgewing.
Die Kongresagenda het onder meer die temas Nuwe realiteite vir ‘n vrye mark, gelei deur mnr Hamish McBain (afgetrede uitvoerende direkteur: Tiger Brands); Hoe gemaak met klimaatsverandering? gelei deur prof Willem Landman (professor in Meteorologie van die Universiteit van Pretoria); en Droogte: Beplanning en aanbevelings gelei deur mnr Omri van Zyl (uitvoerende direkteur: Agri SA) gedek.
In die oudiovisuele voorsittersverslag het mnre Louw Steytler en Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA) die voorafgaande jaar se hoogtepunte uitgelig en die strategiese fokus van die organisasie vir die komende jaar beklemtoon. Die ver anderinge in onder meer die klimaat, politieke sfeer, die ver swakking van die wisselkoers en die stadige ekonomiese groei, het die omgewing waarin produsente produseer verander en noop die organisasie om te fokus op dít wat die produsent in die toekoms gaan benodig – om steeds volhoubaar en winsgewend te produseer.
Steytler het in sy verslag ‘n beroep gedoen op alle rolspelers om onmiddellike oplossings vir die rimpeleffek van die droogte te vind – ‘n kwessie wat almal raak – en op finansiële instellings om, binne die raamwerk van die kredietwet, produsente by te staan met verlengings en konsolidasie van skulde, om te verseker dat daar in die volgende seisoen geplant kan word, maar ook met bystand teen die grootste uitdaging wat ons in die gesig staar.
De Villiers het in aansluiting die belangrikheid van ‘n nuwe uitkyk op oesversekering beklemtoon, wat benodig word vir die langer termyn-stabiliteit van die bedryf. Verder is ‘n beroep op die regering in hierdie verband gedoen en die belangrikheid van voed selsekerheid – bo politieke agendas – uitgelig.
Graan SA se fokus van die afgelope jaar is gesetel in volhoubaarheid op die plaas en beide navorsing en datawetenskap sal gebruik word om produsente met volhoubare produksie by te staan in hierdie nuwe omgewing. Graan SA het ook opwindende nuwe strategiese vennootskappe gesluit met regeringsdepartemente in die Jobs Fund om sodoende nuwe era-boere te help om kom mer siële opbrengste te verkry.
In afsluiting van sy boodskap, het Steytler beklemtoon dat 2015 vol prestasies en uitdagings was en dat hy gedurende sy termyn diemees ongelooflike dinge in die boeregemeenskap gesien het – oor die kleurgrens heen – wat hom enorme hoop gee.
Redelike mense is mense wat die ekonomie van landbou verstaan, sowel as die enorme uitdagings wat met kommoditeitproduksie in ons land gepaard gaan. “Ons verantwoordelikheid teenoor die samelewing is om toe te sien dat daar by wyse van ons produksie, politieke stabiliteit in hierdie pragtige land van ons heers – ek het dit alles gesien en dit is wonderlik,” het Steytler afgesluit. Die video is ook beskikbaar op die Graan SA-webwerf.
Nuwe realiteite vir ‘n vrye mark
Die openingstoespraak deur McBain het gehandel oor nuwe realiteite vir ‘n vrye mark. In sy toespraak het hy klem gelê op die verandering in die hele sosio-ekonomiese omgewing en gemeld dat boerdery in Suid-Afrika ‘n baie moeilike en gevaarlike besigheid is en baie harde werk, deursettingsvermoë en volharding vereis.
Hy het verder gesê dat Suid-Afrika by ‘n kruispad is en een van die belangrikste kwessies wat produsente konfronteer, is dat die vrye mark nie regtig vry is nie. Die reëls verander voortdurend en die vrye mark is dus ‘n funksie van politieke en ekonomiese doelwitte eerder as om vrye handel te bevorder.
McBain het verder sleutelkwessies vir strategie uitgelig, wat onder meer die volgende konsepte ingesluit het:
- Bestuurders se huiwering om moeilike werklikhede te aanvaar;
- die kardinale belang van produktiwiteit, kwaliteit en innovasie;
- lae kostes en differensiasie as ‘n bron van mededinger-voordeel in ‘n besigheid; en
- dat ‘n besigheid se bestaan verseker word wanneer hy doeltreffend is.
In ‘n neutedop het McBain produsente genoop om te fokus op produktiwiteit, innovasie en die gebruik van tegnologie om dinge beter of meer doeltreffend te doen, om verder as die plaashek te kyk na alles wat ‘n impak op die produsent se besigheid het en om altyd aandag te skenk aan moontlike negatiewe invloede.
Ten slotte het hy saamgestem dat die klimaat beslis besig is om te verander, onrus en moeilike tye oorheers en voedselsekerheid bedreig word. Die vrye mark is nie regtig vry nie, beskermingsgrense gaan waarskynlik toeneem en sukses hang van produktiwiteit af wat vaardigheid, opleiding en navorsing vereis bo en behalwe dat die regering en privaatsektor moet saamwerk
Hoe gemaak met klimaatsverandering?
Prof Landman het tydens sy voorlegging die klimaatsverandering aan gespreek om sodoende klem te plaas op die verskil tussen klimaats veranderlikheid – waar die klimaat jaar-op-jaar verander, wat dus die natuurlike verandering in klimaat aanspreek en klimaatsverandering – wat meer te doen het met die langdurige verandering van statistiek.
Hy het verder bevestig dat warmer en droër toestande oor Afrika tydens ‘n El Niño ervaar word en dat die El Niño wat ons tans beleef, die sterkste is wat nog waargeneem is sedert hierdie modelle in gebruik is. Verder, deur na die geskiedenis te kyk, is dit duidelik dat ‘n La Niña gewoonlik op ‘n El Niño volg. Dit is op sigself goeie nuus vir produsente, want die verskynsel bring baie reën, maar prof Landman het gewaarsku dat om enige van die twee verskynsels te voorspel, daar eintlik tot die aanbreek van die winter gewag moet word.
Hy het ook klem gelê op die belangrikheid van samewerking tussen klimaatmodeleerders en organisasies soos Graan SA – rakende moont like nuwe inligting wat met produsente gedeel kan word en waar voor klimaatmodelle reeds bestaan – om die probleme wat ‘n ver anderde klimaat teweegbring, die hoof te kan bied.
Droogte: Beplanning en aanbevelings
Toepaslik tot die tema, het Van Zyl Kongres toegespreek en Agri SA se benadering tot die droogtebeplanning en hul aanbevelings verduidelik. Tydens sy aanbieding is duidelik getoon dat alhoewel landbou se bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) van 21% in 1910 tot 2,65% in die laaste paar jaar geval het, daar tog ‘n sterk opwaartse tendens in die landbousektor te bespeur is.
Agri SA het ‘n droogtetaakspan, bestaande uit verskeie rolspelers, op die been gebring en ondersoek ingestel na die kommoditeite wat akuut deur die droogte geraak word – en waarvan grane een van die ergste is, gevolg deur oliesade wat tans in ‘n mindere mate geraak word.
Van Zyl het beklemtoon dat landbou herstel moet word en hoewel Agri SA fokus op ‘n vier jaar-herstelperiode, is daar belangrike faktore wat die proses gaan beïnvloed en addisionele sosiaalmaat skaplike uitdagings gaan skep, naamlik voedselinflasie, die migrasie van mense en die verstedeliking van Afrika, werkloosheid en nuwe era-boere wat deur die droogte geaffekteer word. Die grootste risiko’s om die droogte te bestuur, naamlik die gebrek aan nodige befondsing en finansiële ondersteuning om geaffekteerde produsente deur hierdie tyd te dra, is verder uitgelig en Van Zyl het verskeie scenario’s geskep waar enige-iets van R7 miljard tot R11 miljard benodig word.
Hierdie befondsing kan onder andere aangewend word om bystand te verleen met die aankoop van voer; kontantvoorsiening vir nuwe era-boere; sagte lenings vir kommersiële produsente; produksiekrediet of rentekoerssubsidies en om produsente in erge nood te help deur subsidies vir plaaswerkers te betaal. Agri SA het voorts die regering genader vir moontlike staatswaarborge op uitstaande skuld en sagte lenings deur instansies soos die Land Bank en Industrial Development Corporation (IDC).
Ter afsluiting het Van Zyl beklemtoon dat voedselsekerheid in Suider-Afrika ‘n primêre prioriteit vir Afrika is en inisiatiewe soos die Nasionale Droogterampfonds, Agri SA in staat stel om geld in te samel om die algehele waardeketting by te staan om die droogte te oorkom. Hy het afgevaardigdes verder verseker dat Agri SA op droog te ver ligting sal bly fokus, toenemend rolspelers sal beïnvloed en ver houdings versterk, beide in die politieke- en privaatsektore om so doende te verseker dat almal betrek word tot wat sekerlik nie ‘n land bouprobleem is nie, maar ‘n Suid-Afrikaanse probleem.
Die pad vorentoe
Graan SA bedank alle rolspelers, borge en vennote wat bygedra het tot ‘n uiters suksesvolle 2016 Kongres. Ons sal in die komende jaar hande vat om ‘n verskil in georganiseerde landbou teweeg te bring, struikelblokke soos die droogte te oorkom en ‘n positiewe en sinvolle bydrae te lewer tot die voedselsekerheid in ons mooi land.
Publication: April 2016
Section: Grain SA