March 2016
image

DIRK KOTZÉ, ledebemarking en kommunikasiebeampte: Graan SA

Met die nuwe jaar reeds in volle swang, het die tyd vir die Graan SA-streeksvergaderings wat die Kongres voorafgaan, aangebreek. Die streeksvergaderings het uitsluitlik ten doel om die werksaamhede van Graan SA aan die produsente deur te gee en ook om op persoonlike vlak met die produsente te kan kommunikeer. Die streeksvergaderings skep dan ook vir produsente die ideale platform om knelpunte in hulle gebied onder die aandag van Graan SA se Dagbestuur te bring.

Die eerste rondte streeksvergaderings het reeds op 26 Januarie vanjaar afgeskop met vergaderings op Delmas, Weiveld Boerevereni ging, Vrede en Reitz. Daar is ook vir die res van die week vergaderings gehou op Clocolan, Bultfontein, Viljoenskroon en Bothaville.

‘n Gevoel van positiwiteit is by die produsente ervaar – die erge droogte ten spyt. Die droogte was maar oral ‘n besprekingspunt en die eerste oesskatting van 2016 wat op 28 Februarie 2016 beskikbaar gestel is, het menige produsent se wenkbroue laat lig. Die streeksvergaderings is oor die algemeen goed bygewoon alhoewel daar minder produsente by van die vergaderings was. Dit kon hoofsaaklik toegeskryf word daaraan dat sommige produsente nog besig was om saad in die grond te kry na die laat reëns in die Vrystaat.

Streeksvergaderings steeds van belang vir ons lede

Publication: March 2016

Section: Grain SA