November 2015

WIM VENTER, Oesdagbeampte: Graan SA

Graan SA se NAMPO Oesdagkomitee het in Junie vanjaar tydens ‘n smaakvolle middagete op NAMPO Park, van drie staatmakers wat op die Oesdagkomitee gedien het, afskeid geneem.

Tydens die geleentheid is dank betoon teenoor mnre Harm Steenkamp, Ryan Mathews en me Rika van Eeden wat hulle tyd en energie opgeoffer het om die saak wat vir die produsent en landbou belangrik is, te dien.

Die voorsitter van die NAMPO Oesdagkomitee, mnr Cobus van Coller, het tydens die geleentheid sy dank en waardering uitgespreek teenoor hierdie persone vir hul bydrae tot die sukses van die NAMPO Oesdag. Van Coller het ook die ondersteunende dienste wat die geleentheid bygewoon het, bedank vir hulle hulp en bystand gedurende die Oesdag.

Steenkamp het vanaf 2006 tot 2014 ‘n waardevolle bydrae op die terrein en by die toegangshekke gelewer. Mathews was behulpsaam by die vee-uitstallings vanaf 2011 tot 2015 en sy bydrae sal beslis gemis word.

Die voorsitter het Van Eeden in haar afwesigheid bedank vir haar jarelange bestuur van die Donkerhoek-saal as fasiliteit vir uitstallers en die afgelope paar jaar as organiseerder van die NAMPO Oesdag damesprogram. Sy was vanaf 2004 in beheer van die Donkerhoeksaal en vanaf 2007 tot 2012 betrokke by die reëlings van die damesprogram. Vanaf 2013 tot 2014 het sy as sameroepster van die damesprogram opgetree. Van Coller het haar ook bedank vir haar insette by die teetuin.

Staatmakers word gegroet

Publication: November 2015

Section: Grain SA