Lede-landskap

1191

October 2015

image

WILLEM VOOGT, bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

Positiewe terugvoer oor Graan SA/Momentum se plaaswerkersvoordele-produkte

Graan SA het in Maart vanjaar by Kongres ‘n strategiese vennootskap met Momentum onderteken wat aan ons lede die geleentheid bied om toegang te kry tot ‘n produk wat finansiële welstand inhou vir plaaswerkers. Van ons lede spaar duisende rande deur die uiters kompeterende koerse wat beding is. Vanaf so min as R29 per maand laat hierdie produk jou toe om onder meer vir jou plaaswerkers ‘n begrafnisdekking van R10 000 te bied. Verskeie opsies is beskikbaar vir Graan SA-lede: Van goedkoper opsies met minder dekking, tot duurder opsies wat meer dekking bied.

Die voordele wat gebied word, is:

  • Begrafnisdekking
  • Onderrigvoordele
  • Hospitaal-kontantvoordele
  • Lewensdekking
  • Ongeskiktheidsdekking
  • Effektetrust-spaarrekening

Graan SA moedig goeie arbeidspraktyke aan en daarom bevorder ons die produk onder ons lede.

Die proses om aan te sluit, is baie eenvoudig. Lede kan die inligting kry op Graan SA se webtuiste by www.grainsa.co.zaof hulle kan Momentum se inskakelsentrum kontak by 0860 333 334 of ‘n e-pos stuur na commercialproduct@momentum.co.za.

Publication: October 2015

Section: Relevant