Fertasa hou 59ste kongres

31
Corné Louw,
senior ekonoom,
Graan SA

Die Fertilizer Association of Southern Africa (Fertasa) het gedurende April hul jaarlikse kongres op Stellenbosch gehou. Sprekers van oor ’n wye spektrum het meestal oor regulatoriese aspekte gepraat wat kunsmisspesifiek is, maar ook die breër landbou-omgewing beïnvloed. Die kongres, wat baie goed bygewoon is, se tema was “Back to the future”.

Voorsittersverslag
Fertasa se voorsitter, dr Erik Adriaanse, het die kongres afgeskop met sy voorsittersverslag. Hiermee ’n paar hoogtepunte uit dié verslag:

Fertasa-produkregistrasie-ingryping by Wet Nr. 36 van 1947

  • Hulp met registrasies wat deur Fertasa hanteer is, het 666 oor die afgelope drie jaar beloop.
  • Vordering word gemaak met vermindering van tyd van registrasie (vier tot ses maande vir Groep 1- en Groep 2-aansoeke).
  • Meer as 30 Groep 3-produkte is goedgekeur.
  • Groep 3-riglyne vir registrasie is tans nog in die kommentaarfase.
  • Die prosedure vir die migrasie van Groep 1- en Groep 2-produkte na Groep 3 is gepubliseer op die departement (voorheen Landbou, Bosbou en Visserye, nou Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling) se webblad.
  • Goeie samewerking tussen Fertasa en die departement wat registrasies aanbetref.

Sertifisering van kunsmisaanlegte

  • 18 van die 34 gewone lede se aanlegte is tans gesertifiseerd.
  • Fertasa erken tans twee ouditmaatskappye vir sertifiseringsdoeleindes.

Kwaliteitsmonitering

  • Kunsmismonsters geneem:
    • 39 in winterreënvalstreek
    • 59 in somerreënvalstreek
    • nege kalk- en gipsbronne
  • Die kwaliteitmoniteringsprojek word deur Fertasa, die Sasol-landboutrust, Omnia Kunsmis, die Departement en Graan SA ondersteun.

Publikasies in die afgelope verslagperiode

  • Bemestingshandleidings = 876
  • Kwartaallikse nuusbrief
  • Sewe artikels
  • Webbladbesoeke (4 148 besoeke)
    • Invoer- en uitvoerdata
    • Gewasaanplantings vir drie mees relevante provinsies
    • Kunsmisverbruiksakrekenaar

Byeenkomste aangebied

  • 2018-kongres
  • 2018 tegniese simposium
  • Werkswinkel oor konsepwetsontwerp
  • Personeeldeelname aan die Argus- internasionale konferensie
    • Dr Pieter Haumann – programvoorsitter
    • Prof Robin Barnard – sessievoorsitter

Verkopestatistiek

  • Kunsmisinvoer- en -uitvoerstatistiek word deur Fertasa bygehou.
  • Voorspellingsmodel van kunsmisverbruik gebaseer op oppervlaktes geplant per gewas en distrik.
  • Fertasa het R359 000 bygedra tot die oppervlakteskatting in Mpumalanga.
  • R450 000 is geoormerk vir die Oos-Kaap in 2019.
  • Onafhanklike versameling van verkoopstatistiek is tans nie haalbaar nie.

Skakeling

  • Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (voorheen Departement van Landbou, Bosbou en Visserye)
  • Graan SA – graanprodusente-organisasie
  • Agri SA – Suid-Afrikaanse landbou-organisasie
  • Agbiz – Landboubesighedeverteenwoordiger
  • AgriLASA – Agrilaboratorium Assosiasie van Suidelike Afrika
  • ESATF – Oos- en Suidelike Afrika-handelsplatform
  • ADASA – Landbouhandelaarsassosiasie van Suid-Afrika
  • SARNAP – Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskapprofessies
  • IFA – Internasionale Kunsmisvereniging

Finansies

  • Likied, solvent en gesond – skoon oudit
  • Niewinsgewende organisasie
  • Suid-Afrikaanse Inkomstediens-voldoening

Oorsig oor die plaaslike ekonomie

  • Landbou het ’n moeilike jaar beleef – 4,8% gekrimp in 2018.
  • Laer rygewasse en tuinbouprodukaanplantings.
  • Landbou het R74,157 miljard bygedra tot die bruto binnelandse produk in 2018.
  • ’n Groot deel van Suid-Afrika se koste aan kunsmis word plaaslik beïnvloed deur:
    • Die toename in belasting en heffings;
    • oneffektiewe infrastruktuur, basiese dienste en spoorvervoer;
    • duur, onbetroubare elektrisiteit; en
    • onproduktiewe arbeid.

Geleenthede

  • Landbou-ontwikkeling van 34 miljoen ha landbougrond (36,4%) wat aan die regering behoort in Suid-Afrika (Agri SA-grondoudit 2017).
  • Ondersteuning van die landbou-ontwikkelingsprogram van Graan SA.
  • Ontwikkeling van landbougrond in Afrika.

Bedreigings

  • Grondhervorming sonder vergoeding van ontwikkelde landbougrond.
  • Klimaatsverandering – daar is ’n groot variasie in reënval en produksie.
  • Elektrisiteitsvoorsiening.
  • Vervoerkoste.

Die belangrikheid van kunsmis

  • Voedselsekerheid: Toegang tot voldoende, veilige en voedsame kos.
  • Meer kos en vesel vir meer mense as wat hierdie planeet andersins sou ondersteun.
  • Dit verleng die lewensiklus van voedsel.
  • Siekteweerstandigheid van gewasse.
  • Besoedeling word tot onbeduidende vlakke beperk.
  • Toename in netto wins vir produsente.

Die kunsmisbedryf

  • Beleef ’n moeilike jaar as gevolg van baie droë toestande, veral in die somerreënvalgebiede.
  • Beleggers se vertroue in hierdie sektor het gedaal as gevolg van politieke onsekerheid, onbetroubare verskaffing van elektrisiteit en hoë produksiekoste.
  • Aansienlike bydraes tot landbou-ontwikkeling is gemaak.

Fertasa

  • Het aansienlike groei getoon in terme van lidmaatskap, bywoning van byeenkomste, bemestingshandleidingverkope en opleiding.
  • Het ’n toenemende rol gespeel in regulatoriese aangeleenthede soos die Wet op Misstowwe, regulering, produkregistrasies, kunsmismonitering en sertifisering van produksiefasiliteite.
  • Erken sy afhanklikheid van internasionale kunsmismaatskappye, georganiseerde landbou, akademiese instellings sowel as die nasionale regering. Dit is ook weerspieël in die verteenwoordiging van sprekers by hierdie kongres.

Ander sprekers
Ander sprekers tydens die Fertasa-kongres was:

  • Michel Prud’homme van IFA, het oor die plantvoedingsektor op pad na 2030, komende uitdagings en ontwikkelende geleenthede gesels.
  • Annelize Crosby van Agri SA het oor grondhervorming in 2019 gepraat.
  • Theo Boshoff van Agbiz het ’n voorlegging gedoen oor die regulatoriese beperkings en geleenthede vir kunsmisbedrywe in Suid-Afrika.
  • Christi Venter van GlobalG.A.P het die kongresgangers toegelig oor die toekoms van sertifisering in terme van internasionale handel vir Suid-Afrika.
  • Prof Nick Vink van die Universiteit Stellenbosch het gepraat oor die struikelblokke vir indiensnemingsgroei in die Suid-Afrikaanse landbou.
  • Jonathan Mudzunga, Registrateur van Wet Nr. 36 van 1947, het met die kongresgangers gesels oor die nuwe voorgestelde kuns­miswet.