August 2017

SA Graan/Grain redaksie

Die afgelope tyd was daar verskeie personeelveranderinge by Agri SA.

Mnre Johan Pienaar (adjunk uitvoerende direkteur, Agri SA) en Nic Opperman (direkteur: Natuurlike Hulpbronne, Agri SA) het einde April vanjaar afgetree. Pienaar was amper 34 jaar en Opperman net meer as 21 jaar in diens van Agri SA.

Mnr Janse Rabie is as hoof: Natuurlike Hulpbronne in Opperman se plek aangestel. Pienaar se pos is nie gevul nie. Agri SA beplan om in die toekoms ‘n hoof: Ekonomie en Handel aan te stel.

Me Yolisa Mfaise is in mnr Theo Boshoff (regsadviseur) se plek aangestel – laasgenoemde is voortaan by Agbiz werksaam. Me Jahni de Villiers is in die plek van me Elize van der Westhuizen (seniorbestuurder: Arbeid en Maatskaplik), wat einde Mei uit Agri SA se diens getree het, aangestel.

Publication: August 2017

Section: Relevant