NAMPO Kaap spog met gesonde groei

Jan Greyling, SA Graan/Grain medewerker

1994

NAMPO Kaap 2019 was ’n reusesukses. Die groei word nie net gemeet aan die bykans 30% meer betalende besoekers deur die hekke nie, maar ook aan die toename in saketransaksies wat Bredasdorp NPC en Graan SA as die projekvennote, opgewonde maak.

Landbouers van oor die land en in besonder die graan-, vee- en uitvoerbedrywe van die Wes-Kaap is trots op die positiewe waarde wat vanjaar se NAMPO Kaap op Bredasdorp Park aan die suidelikste punt van Afrika ontsluit het. Tussen 4 en 6 September het vele produsente en hul gesinne, talle plaaswer­kers en waardekettingrolspelers asook duisende verbruikers te midde van sagte, graanvriendelike reëns wat by tye geval het, kennis geneem van die landbou.

1. Vanjaar het die 2 ha groot parkering en vier nuwe hekke by Bredasdorp Park die aankoms en vertrek van uitstallers en besoekers vergemaklik.

2019 oortref alle verwagtinge
Volgens Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, is hy tevrede. “Ons het baie groei gesien in die vennootskap tussen Graan SA en Bredasdorp NPC. Ons vertroue in mekaar is daar – die vraag is of die infrastruktuur kan bybly by die groei. Die getalle wys dat die produsente en ander mense hou van wat hulle sien en tydens die skou kan leer.”

Henk Aggenbach, voorsitter van die NAMPO Kaap-beplanningskomitee en Chrystal van Wyk, HUB van Bredasdorp NPC, meen NAMPO Kaap 2019 was ’n 100%-verbetering teenoor die afskopjaar, wat in 2018 reeds hul verwagtinge oortref het. “Wat verblydend is, is die talle besoekers uit die vrugte- en wingerdwêreld asook mense wat van ver af gekom het, soos wildkopers vanuit Musina in Limpopo en uitstallers uit Pretoria,” sê Henk.

“Donderdagmiddag was meer as die helfte van John Deere se voorraad uitverkoop en Claas het baie van hul groot trekkers en stropers verkoop. Meer as 30 bakkies is Woensdag hier verkoop. Dit geld ook vir verskeie ander handelaars. Op dag een al moes speelgoedhandelaars meer voorraad aanvra en van die kleiner stalletjies het Donderdag R30 000 en meer omset per dag geniet. Natuurlik bou almal ook kontakte en opvolgleidrade. Ons gemeenskapkosstalletjies, ondersteun deur besighede soos Spur en Moerse Padstal op Napier, het besonder goed gedoen en ons is dankbaar.”

2. ’n Vrugte­kweker van die plaas Onder-Platberg by Robertson, Erik Roux, sy vrou, Judi en klein Albert en Cobus het NAMPO Kaap terdeë geniet. Erik reken die skou bied bykans alles wat vrugte- en wingerdprodusente benodig.
3. Die graanbedryf, met ’n fokus op koring, kanola, gars en alternatiewe gewasse, was die onderwerp van een van vyf Nasie In Gesprek-programme in die Santam Ouditorium tydens NAMPO Kaap. Die paneel was Theo Vorster (gespreksleier), dr Dirk Strydom van Graan SA, Richard Krige (produsent van Caledon en dagbestuurslid van Graan SA), Gert Claassen (produsent van Malmesbury), Cobus Bester (produsent van Moorreesburg) en Willem Botes (navorser).
4. Reëlings vir NAMPO Kaap 2020 het reeds begin en soos in 2019 is die behoeftes van uitstallers en besoekers die fokuspunt. Links saam met die span staan die manne wat die leiding geneem het, Toit Wessels (Graan SA) en Henk Aggenbach (Bredasdorp NPC).

Trekpleisters by NAMPO Kaap
“Vanjaar het die Watersentrum, wat in 2018 skaars voete gehad het, talle besoekers gelok wat herhaaldelik ingeloer het. Binne ses maande gaan die eerste demonstrasie-akwakultuurboerdery op Bredasdorp Park gevestig word as ’n opleidingsentrum vir instansies in vertikale landbou, wat studente sal vestig en markte vir hul produkte help ontwikkel.”

5. Na ’n nuttige program oor kleinveeboerdery en funksionele doeltreffendheid van die merinoskaapras kon opkomende boere ontspan en hul dors les terwyl hulle deur die skouterrein stap.
6. Die grootste Overberg Jeugskou ooit is vanjaar, in samewerking met BKB, deur Ann-Johlene Snyders en Pierre Human georganiseer. 135 laer- en hoërskooldeelnemers moes hul diere was, voorberei en dan veilig en met gemak hanteer tydens beoordeling – ongeag die verskil in grootte tussen hulle en hul diere.
7. Die Nedbank NAMPO Kaap-blommeskou was vanjaar dubbel die grootte en duisende besoekers het hierdie eksotiese Wes-Kaapse landbouvertakking se spogprodukte kom besigtig. Marjolijn Malan het dit gekoördineer en ook hierdie reuserangskikking en ’n bokhoringruiker-reeks beplan en help voorberei.

Jannie sê die balans tussen die regte uitstallers en die behoeftes van besoekers bly ’n prioriteit in die toekenning van stalletjies. “Dit is ’n fyn balans en sou iemand onttrek, is dit nie so dat die volgende naam op die waglys bloot goedgekeur word nie. Ons moet die graan-, vee-, vrugte-, wingerd-, blomme- en ander bedrywe van die Wes-Kaap deurentyd balanseer. Deur ferm reëls verseker ons gehalte. Dus kom daar jaarliks eintlik maar min nuwelinge by, maar bestaande uitstallers innoveer en bring onverwagte nuwighede na die volgende NAMPO Kaap.”

As ’n gassjef tydens die vroueprogram, sê Herman Lensing, kosredakteur van Sarie, dat “dit wonderlik is om tyd saam met die hartklop van die ekonomie deur te bring.” As ons die kosprodusente respekteer en beter hanteer, kan ons kos soveel meer geniet. Mense stap deur supermarkte en gooi sakke boontjies, mielies, uie of aspersies in die kosmandjie, maar dink nooit aan die mense daaragter nie. Daar is so baie mense wat elke dag op hul knieë en op genade boer vir wie ons nooit sien of voor dankie sê nie.”

1. Pierre du Plessis (streeksbestuurslid), Jeanne Boshoff (skakelbestuurder), Cornie Swart (president) en Jannie Strydom (uitvoerende hoofbestuurder) het besoekers meer vertel oor Agri Wes-Kaap. Dié organisasie kweek uitnemendheid deur die bewaring en bevordering van gesonde landbou wat in langtermynbehoeftes kan voorsien.
2. TWK Communications, represented at NAMPO Cape by Stephan Koetsier and Nicolene Vogel, consists of a dedicated team across South Africa, drawing on several fields of expertise to change the local communications technology landscape.
3. Pannar Saad voorsien sedert 1958 saad vir mielies, sonneblom, sojabone, droëbone, graansorghum, koring en voergewasse. Douw Steyn (voormalige bemarkingsdirekteur, regs) en sy vrou, Sarie, het by Pannar se uitstalruimte ingeloer en met Petrus van Rooyen (streeksbestuurder), Peet van der Walt (bemarking) en Jannie de Bruyn (verteenwoordiger) gesels.
4. Leon de Klerk, Hans Burger, Ferdie Naudé en Nico Klinck van Voermol Voere het veeprodusente vertel van hul reeks veldaanvullings vir uiteenlopende toestande, insluitend onderhoud-, oorgang-, produksie-, energie- en minerale lekke.

Jannie voorsien nie dat NAMPO Kaap ’n formele handelskou word nie. Hy meen egter dat aktiewe deelname van die vrugte- en wingerdbedrywe internasionale uitstallers en kopers kan lok. “Ek hoor hier is Afrika-kliënte wat NAMPO Kaap kies vir al hul aankope, maar die uniekheid van die Wes-Kaap kan vanuit Europa en selfs verder ook deelname lok.”

Ontwikkeling en uitbreiding
Henk is dankbaar vir die suksesvolle opkomendelandbouprogram. “Ons en Graan SA het besluit om aanstaande jaar ook die graanbedryf by die veekomponent vir opkomende landbou te voeg. In 2020 sal hulle, waarskynlik vanaf 8 tot 11 September, ook deel kan wees van die nasionale Merino Classic wat tydens NAMPO Kaap aangebied word.”

Jannie sien die aanbied van NAMPO Kaap as waardetoevoeging asook erkenning van Graan SA aan sy “gewaardeerde Wes-Kaapse lede en betalers van die vrywillige heffing” en bedank hulle vir die kans om dienste aan produsente te lewer.

“Ons ploeg terug in die gemeenskap, netwerk met sake-afsprake en doen besigheid. Hier kan produsente kom moed skep. Ons het nie nou geld nie en moet eers veilig speel, maar ons sien wat hier op die park staan en kan optimisties planne maak. Ons wil boer, ons gaan boer en ons sal boer!” sê Henk.

5. As ’n omgewingsvriendelike wêreldleier in die kunsmisbedryf bied Yara oplossings vir internasionale bemesting deur positiewe verandering. By NAMPO Kaap was Pieter Brink (landboukundige), Johan du Toit (agent) en Chrisna Heuer (bemarking).
6. At NAMPO Cape, Trysome Auto-Electrical – the largest, single-source supplier of heavy-duty, auto-electrical components and collision avoidance systems in Southern Africa – was represented by Eddie Smith (CEO), Craig Moffat (category manager), Monique Barnard (account manager), Mega Deers (account manager) and Jason Robert O’Connor (account manager).
7. Die Southern Cape Game Breeders-studiegroep is in 2016 gestig deur Lee Vergottini, BJ Schutte en Kobus Crous van die Mosselbaai-streek. Tydens NAMPO Kaap het Maggie en Lee Vergottini van Blandsdrift Game Breeders, Lizelle en Kobus Crous snr van Bergsig-wildsplaas asook Natasja en BJ Schutte van Berg-en-Dal-natuurreservaat, dié groep by NAMPO Kaap verteenwoordig.
8. Naandan Jain Irrigation is an affiliate of Agrico who empowers producers with robust, tailor-made irrigation solutions for increased productivity, improved yields and a sustainable future. Lindes van Schoor (sales, South Africa), Petrus Ferreira (client from Patensie) and Willem van Reenen (sales manager, South Africa) discussed irrigation solutions.
9. New Holland het van die jongste modelle soos die New Holland T5 Electro Command™-, TD3.50- en TS6.120-hoëgrondvryhoogtetrekkers, die SP310-spreier en die CR7.90 IntelliSence™-stroper vertoon. Hier is Nthabiseng Kgafela, Jaco du Preez, Erdem Safak, Quintus Smit, Nico Dreyer, Antonie Schutte, Willie Venter en Sue Chuzu – almal van New Hollland.
10. Danie Reichel (kliënt) het by die verkoopspersoneel, Rigardt van den Berg, Cecilia Saunders en Hannes Saunders kom uitvind oor die opleiding wat Horsch Duitsland vir tegnologies gevorderde Terratill/Horsch-produkte bied by die invoerder én op plase.
11. As ’n resultaat van innoverende Case IH AgXtend-presisie­tegnologie is die SoilXplorer, die nuutste Northmec-toevoeging, asook die 2019 hidrouliese 250-reeks stropers by NAMPO Kaap vertoon. Dirk Jacobus Smith, Anene Theunissen, Alex Niemand, Lujuan Buitendagh (takbestuurder: Swellendam) en Zack de Wet staan hier by een van dié groot masjiene, die Axial-Flow 8250-stroper.
12. Lize Westwood van Speck Pumps het hul swembad- en dompelpompe asook ander toerusting wat getuig van Duitse presisie by NAMPO Kaap bekend gestel.
13. Low total costs, greater safety and maximised use: Mercedes-Benz Trucks – where efficiency is the sum of the details. The team who spent the week at Bredasdorp Park was Nico Kriek, Chad Charles, Morné van Rensburg and Henk Bekker.
14. Isuzu fokus op handelsvoertuie, ligte handelsvoertuie en dieselenjins. Die maatskappy bedryf 47 aanlegte in 30 lande en is tydens NAMPO Kaap verteenwoordig deur Marvan van Zyl (Isuzu Reeds, N1 Stad) en William J Rennison (Central Motors, Swellendam).
15. Omnia is in 1953 gestig en fokus op kunsmis- en plantvoedingnavorsing, -ontwikkeling en ingenieurswese – met die doel om kunsmis van die beste gehalte te lewer. Stefan de Jager, Ben Jacobs, Attie Haasbroek, Roelie Steyn, Carien Grobler, Charl van Reenen, Juanita Steenkamp, Donald Brink en Dawid Fouché het seker gemaak dat besoekers aan Omnia goed ingelig is.
16. Ernst Coetzee, Schalk le Roux and Bennie Hamman shared information about BeveraTech with visitors to NAMPO Cape. BeveraTech offers a range of innovative technologies and solutions to producers, fresh produce storage facilities, wineries, fruit processing factories and universities involved in research and development.
17. Algar-veehanteringstoerusting verskaf onder meer hanteergange, nek-, heup- en lyfklampe, KI-toegangshekke, verstelbare gangpanele, drukgange, kraaltralies, laaibanke, weegkratte, elektroniese skale en baalvoerringe. By NAMPO Kaap het Anna-Marie de Waal, Jonathan Toxopeus (bemarking), Alec de Waal (’n kliënt van Hopefield), Carin Nortjè (bestu­rende direkteur) en Hannes Nortjè (HUB) besigheid gesels.