January 2018

ALZENA GOMES, skakelbeampte, Graan SA

Na afloop van die vyfde jaarlikse Grain Academy, het ons by twee van die gegradueerdes van die jongste groep ingeloer, naamlik
me Preline Swart (Graan SA Hoofbestuurslid) en me Petru Fourie (navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis, Graan SA).

Preline Swart boer op Bredasdorp, naby haar tuisdorp, Elim, met koring, gars, titricale en hawer. Sy is lief vir haar familie, is ma vir twee wonderlike kinders en geniet dit om te lees en nuwe plekke te sien. Sy is ook baie lief om te lag en mense te motiveer.

Petru Fourie is passievol oor landbou en werk sedert 2008 vir Graan SA. Sy het ‘n meestersgraad in Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat behaal en geniet in haar vrye tyd sport, die buitelug, om aktief te wees en om te lees.

Dié twee dinamiese dames was deel van die Grain Academy se Klas van 2017. Die Grain Academy – ‘n sakeleierskapsontwikkelings­program onder leiding van Syngenta in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool, met die ondersteuning van Graan SA – fokus daarop om ‘n slimboerdenkwyse en -benade­ring tot die landbou te vestig en om gegradueerdes aan te moedig om dit wat hul geleer het, met ander in die landboubedryf te deel.

Met die fokus van die program wat op die kuns van leierskap en persoonlike heelheid was, was dit die ideale geleentheid om
hul innoverende en slim denkwyses te beproef met ‘n sarsie impromptu vrae.

Publication: January 2018

Section: Relevant