February 2016

ALANA PRETORIUS en LOUREINE SALOMON, LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

Opbrengs en kwaliteit is altyd oorwegende faktore by die teel van nuwe kultivars. Baie faktore is betrokke by die produksie van kwaliteit saad waarvan siekteweerstand,klimaatsfaktore, plant-, oes- en stoorpraktyke van die belangrikste is.

Die verboude grondboon (Arachis hypogaea L.) is bekend daarvoor dat die genepoel klein en die polimorfismes min is. Indien daar siekte-veroorsakende patogene (swamme, virusse en bakterieë) voorkom, tesame met vatbare kultivars asook gunstige grond en klimaatsfaktore, sal grondboonplante kwesbaar wees vir siekte ontwikkeling.

Genetiese materiaal uit verskillende grondboongenepoele is gebruik as ouers in die teel van ARC-SelliePLUS en ARC-AkwaPLUS. Sodoende is daar ‘n wyer genetiese toevoeging tot siekteweerstand, opbrengspotensiaal en toleransie vir verskeie klimaatsfaktore.

ARC-SelliePLUS (ZA20156029) en ARC-AkwaPLUS (ZA20156028) is in die LNR se konvensionele teelprogram ontwikkel. Albei is regopgroeiers (bunch-tipes) met taankleurige ronde pitte en ‘n ± 150 dae groeiseisoen. Beide het potensiaal om goeie opbrengste en kwaliteit peule en pitte onder droëland, sowel as besproeiing, te produseer.

Nuwe LNR-grondboonkultivars beskikbaar

Nuwe LNR-grondboonkultivars beskikbaar

Nuwe LNR-grondboonkultivars beskikbaar

imageDie kultivars toon goeie verdraagsaamheid teenoor vroeë blaarvlek (veroorsaak deur Cerpospora arachidicola), spatselvlek (beter bekend as web-blotch [veroorsaak deur Phoma arachidicola]) en roes (veroorsaak deur Puccinia arachidis) en lewer minder gesplete pitte.

Die moedersaad is reeds geplant en saad sal beskikbaar wees vir die 2016-plantseisoen. Kontak vir Loureine Salomon by SalomonL@arc.agric.za vir verdere inligting.

Publication: February 2016

Section: Focus on