Benut die kans om jóú held te vereer

Gepubliseer: 9 November 2022

691

Graan SA en John Deere begin in die Desember/Januarie-uitgawe van SA Graan/Grain ’n splinter­nuwe reeks waaraan lesers kan deelneem. Die My Hero-reeks gee lesers die geleentheid om hulle hero in landbou in die kollig te plaas en sodoende self die kans te staan om ’n kontantprys te wen.

Deur hierdie reeks wil Graan SA en John Deere ’n geleentheid skep waar regte mense in landbou hul unieke storie oor ’n (landbou)held of heldin in hulle lewens eerstehands kan deel.

Vertel ons dus wie/wat dit is wat jou geïnspireer het om self in landbou betrokke te raak. Dit kon ’n produsent van die omgewing gewees het; miskien jou oupa of pa; ’n werker op die plaas wat jou help grootmaak het; ’n onderwyser of dalk jou ma of ouma wat nie net die huishouding hanteer het nie, maar ook skouer aan die wiel gesit het om die boerdery se administrasie op koers te hou.

Hier is ’n geleentheid om die onbesonge helde hulle oomblik van glorie te bied en op ’n besonderse manier aan hulle erkenning te gee.

Só skryf jy in:

  • Besoek sagrainmag.co.za of skandeer die QR-kode en vul die vorm op die My Hero-blad in.
  • Inskrywings word deur ’n paneel geëvalueer om die wen­inskrywing te bepaal.
  • Die maand se wen-hero (genomineerde) ontvang ’n John Deere-geskenkpak.
  • Die nomineerder van die wen-hero kwalifiseer vir R2 500 in kontant met komplimente van John Deere.

Geborg deur: