• Home
  • Magazine
    • Latest edition
    • Previous editions
  • Special Editions
    • Grain Guide 2026
    • Cultivar trial inserts
    • NAMPO Gids/Guide 2026
    • NAMPO Cape Focus
    • NAMPO Alfa Focus
  • Often Asked
  • Article Series
  • Recipe competition
  • Subscribe
Search/Soek
  • ADVERTISE
  • SUBSCRIBE
  • ABOUT US
SA Grain
  • Home
  • Magazine
    • Latest edition
    • Previous editions
  • Special Editions
    • Grain Guide 2026
    • Cultivar trial inserts
    • NAMPO Gids/Guide 2026
    • NAMPO Cape Focus
    • NAMPO Alfa Focus
  • Often Asked
  • Article Series
  • Recipe competition
  • Subscribe
Home SPECIAL FEEDBACK Finansiële welstand vir plaaswerkers
  • SPECIAL FEEDBACK

Finansiële welstand vir plaaswerkers

April 19, 2015
2125
Facebook
Twitter
Linkedin
WhatsApp
Email
Print
Pinterest
ReddIt

    April 2015

    WILLEM VOOGT, bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

    image

    Graan SA en Momentum het hulle tot ‘n opwindende strategiese vennootskap verbind wat Graan SA-lede in staat sal stel om vir hulle en hul plaaswerkers produkte uit te neem ten einde finansiële welstand vir hul plaaswerkers te bring vanaf so min as R29 per maand. Hierdie is maar net een van die voordele wat Graan SA aan sy lede bied as deel van lidmaatskap by die organisasie.

    Waarom het Graan SA die inisiatief geneem?

    Een van Graan SA se strategiese fokusareas is arbeid. Graan SA het alreeds in 2013 begin met verskeie aksies om goeie arbeidspraktyke te beklemtoon. Terselfdertyd is daar ook ondervind dat ‘n gebrek aan ‘n eenvoudige, maklik toeganklike en bekostigbare oplossing ‘n probleem is.

    Graan SA het van die geleentheid gebruik gemaak om die beste oplossing te onderhandel namens sy lede.

    Wat bied die produk?

    Gebaseer op navorsing in die landbousektor, gedoen deur Momentum in 2012, is die volgende sleutelbehoeftes geïdentifiseer in volgorde van belangrikheid:

    • Begrafnisdekking
    • Onderrigvoordeel
    • Hospitaal-kontantvoordeel
    • Lewensdekking
    • Ongeskiktheidsdekking
    • Effektetrust-spaarrekening

    Tabel 1 bevat meer inligting rondom elke tipe dekking.

    image

    Ander voordele van die produk

    Die produk belowe om maklik toeganklik te wees met die minimum administrasie vir werkgewers. ‘n Toegewyde inbelsentrum by Momentum hanteer alle administrasie en eise. Begrafnisdekking word ook gewaarborg om binne 48 uur uitbetaal te word mits die nodige dokumentasie soos verlang in orde ontvang word. Momentum beskik ook oor ‘n aanlynstelsel wat werkgewers toelaat om maandeliks die veranderinge aan sy personeelkorps aanlyn op te dateer.

    Effektetrust teenoor ‘n pensioenfonds

    Ná deeglike oorweging is daar besluit om eerder ‘n spaaropsie beskikbaar te maak in die vorm van ‘n effektetrust. Lede sal merk dat die koste rondom die administrasie van pensioenfondse baie hoog is, veral wanneer dit as ‘n persentasie omreken word. Wanneer die werknemer byvoorbeeld tussen R100 en R200 per maand spaar, kan die maandelikse koste tot R20 beloop, wat uitwerk op tussen 20% en 10% onderskeidelik.

    Wanneer die effek van inflasie ingereken word, beteken dit dat pensioenfondse ‘n opbrengs van tot meer as 25% per jaar moet behaal om te verseker dat ‘n werknemer nie agteruit boer nie. Alhoewel effektetrusts nie beheer word deur onttrekkingsvoorwaardes nie, gee dit steeds aan werknemers die geleentheid om koste-effektief vir aftrede te spaar.

    Vergelyk appels met appels

    Wanneer produsente die produk teen ander produkte in die mark opweeg, is dit belangrik om seker te maak dat jy appels met appels vergelyk. Daar is verskeie voorwaardes betrokke by die tipe produkte wat oorweeg moet word.

    Wagperiodes en ander voorwaardes

    As deel van die voordele wat Momentum bied, het hul ook die wag periodes gevrywaar met doodsdekking indien die werknemer deel was van ‘n soortgelyke skema. Dit gee werkgewers die nodige gerusstelling dat die wagperiodes nie van toepassing sal wees indien die produk aanvaar word nie. Die wagperiodes se voorwaardes verskil by die verskillende tipes dekking en jy word versoek om noukeurig te let op onderskrywingsvoorwaardes. Dit is ook belangrik om daarop te let dat alle permanente werknemers onder die produk ingesluit moet word om te kwalifiseer. Werkgewers kan wel verskillende opsies vir verskillende werknemers kies, maar alle permanente werknemers moet ingesluit word.

    Hoe kry ek toegang tot die produk?

    imageGraan SA is trots om die voortou te neem in die landbousektor met innoverende oplossings en ons moedig lede aan om deel te neem aan die inisiatief. Opbetaalde lede van Graan SA kan die nodige aansoekvorms aflaai op die Graan SA se webtuiste by www.grainsa.co.za, onder die Ledevoordele-seksie. Lede kan ook die Momentum toegewyde inbelsentrum skakel by 0860 333 334.

    Indien jy nie ‘n lid is nie en jy graag toegang tot die produk wil kry, kan jy gerus een van die volgende kontakte skakel by 086 004 7246 om jou lidmaatskap te aktiveer.

    Publication: April 2015

    Section: Special feedback

    • TAGS
    • April 2015
    Facebook
    Twitter
    Linkedin
    WhatsApp
    Email
    Print
    Pinterest
    ReddIt
      sagrainmag.co.za

      RELATED ARTICLESMORE FROM AUTHOR

      SPECIAL FEEDBACK

      Graan SA se Hoofbestuur soos op 4 Maart 2015

      SPECIAL FEEDBACK

      Glad met die tong én pen

      SPECIAL FEEDBACK

      Fokus steeds om tot diens te wees van graanprodusente

      SPECIAL FEEDBACK

      Companies who made Congress 2015 possible

      SPECIAL FEEDBACK

      A first for our industry

      ARTICLES

      GRAIN SA

      Crop Protection Workshop set to boost collaboration

      sagrainmag.co.za - June 7, 2019
      0
      Crop protection is a vital aspect for all production areas and summer grains are no exception. Research has gone a long way in supporting...

      … and the 2016 Farmer of the Year award goes to…

      September 17, 2016

      Dekgewasse bied langtermyn-finansiële voordele

      November 6, 2023

      OUTLOOK ON GOSS’S WILT FOR THE SEASON – where are we...

      December 12, 2025

      Categories

      • ANNEXE
      • COLUMNS
      • COVER CROPS
      • CROP ESTIMATE
      • EDITORIAL
      • FARM MANAGEMENT
      • FEATURED
      • FOCUS – FERTILISER
      • FOCUS – IMPLEMENTS & EQUIPMENT
      • FOCUS – IRRIGATION
      • FOCUS GRAIN VALUE CHAIN
      • FOCUS GROW FOR GOLD
      • FOCUS ON: INTEGRATED PEST CONTROL
      • FOKUS
      • FOKUS – GRAAN WAARDEKETTING
      • FOKUS – KUNSMIS
      • GOSS'S WILT
      • GRAAN SA
      • GRAIN SA
      • GRAIN VALUE CHAIN
      • HOOFARTIKELS
      • INPUT & PRODUCTION
      • KOLLIG – VEE WAPENS & JAG
      • KOLLIG – VELD VUURVEILIGHEID
      • LEAD ARTICLE
      • LOCATION DIFFERENTIAL
      • MARKETING
      • MARKETS
      • MINI FOCUS – LIME
      • MINI FOCUS – MONEY MATTERS & FINANCIAL SERVICES
      • MINI FOCUS – SOYBEANS
      • MINI FOCUS COVER CROPS
      • MINI FOCUS TERTIARY INSTITUTIONS
      • MINI FOKUS – GELDSAANGELEENTHEDE EN FINANSIËLE DIENSTE
      • MINI FOKUS – LIME
      • MINI FOKUS TERSIÊRE INSTELLINGS
      • MINI-FOCUS PEST CONTROL
      • MINI-FOKUS – GRONDBONE
      • MINI-FOKUS KANOLA
      • MY HERO SERIES
      • NAMPO
      • NEWS
      • NUUS
      • OFTEN ASKED
      • ON FARM LEVEL
      • ONLANGSE ARTIKELS
      • OORSIG OP KONGRES
      • OP PLAASVLAK
      • PROFITABILITY GAUGE
      • RECENT ARTICLES
      • RECIPE COMPETITION
      • REDAKSIE
      • RELEVANT
      • RELEVANTE
      • REPORTS
      • REVIEW ON CONGRESS
      • REVIEW ON CONGRESS
      • Reviews on NAMPO
      • Rubrieke
      • SAAD FOKUS
      • SACTA LEVIES
      • SEED FOCUS
      • SOLAR POWER
      • SPECIAL FEEDBACK
      • SPONSORED CONTENT
      • Sponsored Content None
      • SPOTLIGHT – FARM SECURITY
      • SPOTLIGHT – OUTDOORS & TRAVEL
      • SPOTLIGHT – SORGHUM
      • SPOTLIGHT – VELD FIRE SAFETY
      • SPOTLIGHT – LIVESTOCK WEAPONS & HUNTING
      • SPOTLIGHT SOLAR ENERGY
      • SPOTLIGHT VEHICLES
      • SPOTLIGHT WINTER GRAINS
      • TERTIARY INSTITUTIONS
      • Uncategorized
      • Uncategorized

      Neem veilige, betroubare onkruidbeheer na nuwe hoogtes

      SPONSORED CONTENT sagrainmag.co.za - July 28, 2026
      0
      Onkruidbeheer bly een van die grootste uitdagings vir mielieprodusente oor die hele Suid-Afrika. Weerstandbiedende gras- en breëblaaronkruide, tesame met ’n toenemende uintjieprobleem, het deur die jare produktiwiteit en winsgewendheid onder druk geplaas. In hierdie...
      Read more

      Bestuur jou grootste bates sonder dat dit ’n las is

      SPONSORED CONTENT sagrainmag.co.za - July 28, 2026
      0
      Enige suksesvolle produsent beskik oor betroubare gereedskap en werktuie – of dit nou ’n ingewikkelde trekker of ’n bossiekapper is. Daar is ’n paar...

      T-series ripper unlocks the potential of sandy soils

      SPONSORED CONTENT sagrainmag.co.za - July 28, 2026
      0
      In the deep sandy soils of the Northern Free State, the recipe for success remains simple: open up the soil, encourage deeper root growth,...

      Insetkoste – die waarde lê in grondchemie

      SPONSORED CONTENT sagrainmag.co.za - June 25, 2026
      0
      ’n Onlangse gesamentlike mediavrystelling deur Graan SA en Fertasa het ’n duidelike en belangrike boodskap aan die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap gerig: Insetkoste, veral kunsmis en...

      ABOUT US

      SA Graan/Grain is your online compass for the sustainable production of grain and oilseeds in South Africa. We provide you with the latest agricultural information based on relevant research, technology, production techniques and expertise. Backed by Grain SA as a prominent grain producers organisation, our articles are written by prominent scientists, agricultural economists, experts from the industry and professional journalists.

      TALK TO US

      You are welcome to contact the team of South Africa’s leading grain and oil seeds magazine:
      Editorial: rentia@infoworks.biz
      Ad sales: jurgen@kolbemedia.co.za or ruth@schmiltz.co.za
      Account enquiries: cathy@grainsa.co.za

      © 2026 SA Graan/Grain. All Rights Reserved. Digital Publishing by Infoworks

      • HOME
      • MAGAZINE