February 2017

LOUREINE MULLER, LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

Spoke kom en gaan en kan ‘n pro dusent baie keer laat kopkrap – ver al as dit die kwaliteit van sy oes gaan beïnvloed.

Blaarsiektes by grondbone kan waarlik as “spoke” geklassifiseer word, aangesien van hulle net onder sekere omstandighede te voorskyn kom. Daar kom egter groot probleme voor waar die spoke ‘n werklikheid word en daarom moet produsente bewus wees van watter tipes blaarsiektes onder watter omstandighede op grondbone voor kom en hoe om hierdie “spoke” te beheer.

Algemene blaarsiektes waarop produsente moet let, is vroeë en laat blaarvlekke (Foto 1 en Foto 2), spatselvlek (Foto 3) en roes (Foto 4). Om hierdie spoke in ‘n grondboonland te kan opspoor, moet die blaredak oopgemaak word sodat die onderste blare op die plant bestudeer kan word. Indien daar nie voorkomend vir blaarsiektes gespuit word nie, is dit belangrik dat daar ‘n goeie spuitprogram gevolg word sodra die eerste tekens van enige van die gemelde siektes voorkom.

Die ander spook wat veral onder besproeiingsaanplantings voorkom, is Botrytis (Foto 5). Hierdie swam hou van omstandighede waar die blaredak – veral onder digte aanplantings – nie behoorlik afdroog nie. Hierdie siekte kan ‘n land binne drie weke laat ontblaar as dit nie betyds waargeneem en behandel word nie. Wat die Botrytis-spook so gevaarlik maak, is dat dit ‘n groot afname in kwaliteit van die oes veroorsaak – veral waar lande swaar besmet is (Foto 6).

Korrekte landinspeksies is essensieel om te verseker dat siektes betyds geïdentifiseer word. Blaarsiektes is geneig om op ‘n gedeelte van die land uit te breek en dan van daar af te versprei. Indien die gedeelte waar die besmetting begin het dan nie vroegtydig geïdentifiseer word nie, sal die siekte verder versprei en ‘n verlaging in opbrengs en kwaliteit veroorsaak.

Voorsorg is beter as nasorg.Hierdie stelling is vir die produsent goud werd. Spandeer eerder meer tyd in die grondboonlande en verdryf sodoende die spoke betyds.

Publication: February 2017

Section: Focus on