February 2016

DIRK KOTZE, ledebemarking- en kommunikasiebeampte: Graan SA

Gedurende die afgelope seisoen is verskeie grondboonver werkers besoek en is samewerkingsooreenkomste tussen Graan SA en die verskeie verwerkers onderteken.

Graan SA se doel is steeds om met alle verwerkers samewerkingsooreenkomste te onderteken. Verskeie van die grondboonverwerkers het ook reeds ingespring om te help met die vordering van heffings nadat produsente toestemming daartoe verleen het.

Tot einde November verlede jaar is daar reeds heffings ontvang vir 13 196 ton grondbone, wat 9 301 ton meer is as die vorige seisoen. In vergelyking met vorige jare, is dit voorwaar ‘n groot stap in die regte rigting en Graan SA wil sy opregte dank en waardering uitspreek teenoor die verwerkers wat reeds gehelp het om heffings te vorder en oor te betaal na die organisasie.

Grondboonverwerkers wat reeds gehelp het met die vordering van heffings, is:

  • Francois Minnaar
  • Golden Peanuts
  • Roba Neute
  • Qualita Seeds

Graan SA wil verder ook sy dank uitspreek teenoor produsente wat toestemming verleen vir die vordering van die heffings, asook produsente wat so getrou hul heffings direk aan die organisasie oorbetaal.

Publication: February 2016

Section: Focus on