’n Kykie na dieselpryse en -gebruik oor tyd

1974
Corné Louw
senior ekonoom, Graan SA corne@grainsa.co.za

Diesel maak tans ongeveer 12% van ’n graan- en oliesadeprodusent se lopende produksiekosterekening uit. 20 jaar gelede het diesel 18% uitgemaak en tien jaar gelede 13%.

Hierdie afname is veroorsaak deur laer verbruik van diesel per hektaar, wat meegebring is deur ’n kombinasie van faktore, naamlik:

  • Groter trekkers en implemente;
  • bewaringslandboupraktyke;
  • GPS-tegnologie; en
  • meer effektiewe brandstofverbruik van trekkers, ensovoorts.

So het die gemiddelde verbruik van diesel per hektaar in die somerproduksiegebied van die land van 100 liter/ha tot 70 liter/ha verminder oor die afgelope 20 jaar. In die Wes-Kaap verbruik van die graanprodu­sente al so min as 35 liter/ha.

Dieselpryse
Dieselpryse het oor tyd ook beduidend verander. Grafiek 1 toon aan hoe die groothandelsprys van diesel oor ’n twintigjaarperiode verander het. In November 1999 het diesel R2,52 per liter gekos, terwyl dit tien jaar gelede R6,79 per liter gekos het. In November 2019 het dit ’n produsent R14,69 per liter uit die sak gejaag.

Grafiek 1: Groothandelsprys van diesel in Gauteng.

Grafiek 2 tot Grafiek 4 toon aan wat die same­stelling van die dieselprys was in onderskeidelik November 1999, November 2009 en November 2019. Dit is interessant dat die werklike brand­stofkoste (invoer­-prys van diesel) slegs 43% van die prys uitgemaak het in 1999, 58% in 2009 en 51% in 2019.

Grafiek 2: Persentasiesamestelling van groothandelsdieselprys in 1999.
November 1999
251,65
sent per liter
Grafiek 3: Persentasiesamestelling van die groothandelsdieselprys in 2009.
November 2009
678,45
sent per liter
Grafiek 4: Persentasiesamestelling van groothandelsdieselprys in 2019.
November 2019
1 468,21
sent per liter