Begrotings vir koring en kanolavertakkings bestudeer

1729

May 2015

PIERRE LAUBSCHER, FRANCOIS HUMAN en WYNAND HEUNIS, landbou-ekonome, Overberg Agri

Vir volhoubare kleingraanboerdery in die Wes-Kaap, is die volg van ‘n goeie wisselboustelsel ‘n voorvereiste. Só ‘n wisselboustelsel bestaan gewoonlik uit koring, lusern of medics en ander kontantgewasse, soos hawer en gars.

Oor die afgelope aantal jare is kanola toenemend in wisselboustelsels gebruik om beter onkruidbeheer van veral grasonkruide toe te pas, met minder siektes en onkruide wat na die opvolggewas (gewoonlik koring) oorgedra word. Daarmee saam het die kanola in sommige jare ook ekonomies goed presteer.

Met die gebruik van kontantgewasse, soos koring en kanola, is dit belangrik dat die winsgewendheid en gelykbreekopbrengste ook jaarliks in ag geneem word. Die moeilikste deel van die vertakkingsbegroting is om die opbrengs en prys van die produk vir die komende jaar te voorspel.

Vir hierdie begrotings is die langtermyn gemiddelde opbrengste vir koring (2,6 ton/ha, 2,8 ton/ha) en kanola (1,5 ton/ha) tussen die westelike, suidelike en oostelike Rûens-gebiede en die middel van die Swartland-gebied gebruik.

Die koringprys (Safex) is beraam op R3 680/ton. Dit is die gemiddeld van die Desember 2014 Safex-prys (Junie tot Desember 2014) en die gemiddeld van die huidige Desember 2015 Safex-prys. Die kanola finale prys vir 2015 is beraam op R4 400/ton, wat ‘n effense sywaartse beweging is vanaf die R4 300 finale prys van 2014.

Direkte insette is volledig begroot met ‘n inflasie-aanpassing waar nodig. Vaste koste is verkry uit gemiddelde finansiële studiegroepsyfers in die gebied. ‘n Produsent wat so ‘n begroting gebruik, moet bewus wees dat begrotings en die aannames wat daarmee saamgaan, gedurig kan verander.

‘n Begroting moet dus nie as ‘n rigiede, vaste plan beskou word nie, maar wel as ‘n bestuurshulpmiddel. Meegaande gemiddelde begrotings kan dus tussen verskillende gebiede en tussen verskillende boerderye verskil.

Produksiekoste van droëlandkoring

Tabel 1 toon die droëlandkoringvertakkingsbegroting vir die westelike, suidelike en oostelike Rûens vir die 2015/2016-produksieseisoen.

image

Vir ‘n langtermyn gemiddelde opbrengs van 2,6 ton/ha beloop die totale toegewese veranderlike koste R5 192/ha. Die berekende vaste koste is R1 380/ha. Die totale koste van produksie beloop dan ongeveer R7 140/ha, soos aangedui in Tabel 1.

Vir ‘n gemiddelde langtermynopbrengs van 2,6 ton/ha, met ‘n totale produksiekoste van R7 140/ha, beloop die netto marge R299/ha.

Tabel 2 toon die sensitiwiteitsanalise met verskillende produsentepryse en opbrengste van droëlandkoring met ‘n totale produksiekoste van R7 140/ha, soos aangedui in Tabel 1.

image

Tabel 3 toon die droëlandkoringvertakkingsbegroting vir die middel van die Swartland vir die 2015/2016-produksieseisoen.

image

Vir ‘n langtermyn gemiddelde opbrengs van 2,8 ton/ha beloop die totale toegewese veranderlike koste R5 285/ha. Die berekende vaste koste is R1 065/ha. Die totale koste van produksie beloop dan ongeveer R7 315/ha, soos aangedui in Tabel 3.

Vir ‘n gemiddelde langtermynopbrengs van 2,8 ton/ha, met ‘n totale produksiekoste van R7 315/ha beloop die netto marge R696/ha.

Tabel 4 toon die sensitiwiteitsanalise met verskillende produsentepryse en opbrengste van droëlandkoring met ‘n totale produksiekoste van R7 315/ha, soos aangedui in Tabel 3.

image

Produksiekoste van kanola

Tabel 5 toon die kanolavertakkingsbegroting vir die westelike, suidelike en oostelike Rûens vir die 2015/2016-produksieseisoen.

image

Die totale toegewese veranderlike koste vir kanola met ‘n langtermynopbrengs van 1,5 ton/ha beloop R4 897/ha. Die totale vaste koste beloop R1 380/ha en die totale koste van produksie beloop R6 845/ha.

Vir kanola met ‘n gemiddelde langtermynopbrengs van 1,5 ton/ha en met ‘n totale produksiekoste van R6 845/ha, is die netto marge-R245/ha.

Tabel 6 toon die sensitiwiteitsanalise met verskillende produsentepryse en opbrengste van kanola met ‘n totale produksiekoste van R6 845/ha, soos aangedui in Tabel 5.

image

Tabel 7 toon die kanolavertakkingsbegroting vir die middel van die Swartland vir die 2015/2016-produksieseisoen.

image

Die totale toegewese veranderlike koste vir kanola met ‘n langtermynopbrengs van 1,5 ton/ha, beloop R4 667/ha. Die totale vaste koste beloop R1 065/ha en die totale koste van produksie beloop R6 697/ha.

Vir kanola met ‘n gemiddelde langtermynopbrengs van 1,5 ton/ha en met ‘n totale produksiekoste van R6 697/ha is die netto marge-R97/ha.

Tabel 8 toon die sensitiwiteitsanalise met verskillende produsentepryse en opbrengste van kanola met ‘n totale produksiekoste van R6 697/ha, soos aangedui in Tabel 7.

image

Publication: May 2015

Section: Focus on