March 2015

THINUS PRINSLOO, LNR-Instituut vir Graangewasse

Die jaarlikse resultate van die nasionale mieliekultivarevalueringsproewe met kommersiële beskikbare kultivars word saamgevat in die volgende tabelle.

Westelike gebied

Tabel 1 dui die opbrengs aan van 50 kultivars wat geëvalueer is by 18 lokaliteite met verskillende opbrengspotensiale. Potensiale verskil van laag by Hartbeesfontein met ‘n gemiddelde opbrengs van 2,39 ton/ha tot ‘n hoëpotensiaalomgewing by Viljoenskroon met ‘n gemiddelde opbrengs van 10,49 ton/ha. Die gemiddelde opbrengs vir die 18 lokaliteite was 6,11 ton/ha.

image

image

image

Tabel 2 dui die gemiddelde opbrengs (ton/ha) en AMMI-stabiliteitswaardes (ASW) aan van die kultivars oor die 18 lokaliteite. Die vyf top kultivars is 3X23B144WY, PAN 6Q-345CB, PAN 6Q-245, DKC 78-87B en BG 5285 met opbrengste van onderskeidelik 6,89 ton/ha, 6,87 ton/ha, 6,78 ton/ha, 6,76 ton/ha en 6,75 ton/ha. Die mees stabiele kultivars (kultivars wat onder enige opbrengspotensiaaltoestande geplant kan word) was PAN 6R-680R gevolg deur DKC 78-87B, BG 6308B, PAN 6Q-408CB en DKC 73-74BRGEN. Hoe nader die ASW-waarde aan nul, hoe meer stabiel word ‘n kultivar geag.

image

Tabel 3 gee ‘n opsomming van die opbrengs van die 50 kultivars tesame met ander agronomiese eienskappe, soos omval, spruite, koppe per plant en vogpersentasie.

image

Tabel 4 toon die AMMI-model se vier beste gekose kultivars per omgewing geskoei op ‘n kombinasie van opbrengs en stabiliteit.

image

Oostelike gebied

Tabel 1 dui die graanopbrengs van 50 mieliekultivars aan wat getoets is onder 23 verskillende opbrengspotensiaalomgewings. Die laagste potensiaal was by Devon met ‘n gemiddelde opbrengs van 5,91 ton/ha en die hoogste potensiaal by Winterton met ‘n gemiddelde opbrengs van 13,67 ton/ha. Die algehele gemiddeld, soos getoets oor al die omgewings, was 9,17 ton/ha.

image

image

image

image

Tabel 2 dui die gemiddelde graanopbrengs (ton/ha) en die AMMI-stabiliteitswaarde (ASW) aan van die kultivars geëvalueer. Die vyf bes presterende kultivars was PAN 6R-680R, PAN 6Q-408CB, PAN4B-311B, DKC 78-17B en BG 5285 met opbrengste van onderskeidelik 10,42 ton/ha, 10,27 ton/ha, 8,89 ton/ha, 9,89 ton/ha en 9,88 ton/ha. Die mees stabiele kultivars was LS 8524R, LS 8539B, DKC 78-45BRGEN, SC 411 en DKC 73-70BGEN. Hoe nader die ASW-waarde aan nul, hoe meer stabiel word ‘n kultivar geag.

image

Tabel 3 gee ‘n opsomming van die gemiddelde opbrengs van die 50 kultivars asook ander agronomiese eienskappe, soos omval, spruite, aantal koppe per plant en vogpersentasie.

image

Tabel 4 is die AMMI-model se keuse vir die vier bes presterende kultivars per omgewing en word geskoei op ‘n kombinasie van opbrengs en stabiliteit.

image

Kortgroeiseisoenkultivars onder besproeiing

Die resultate van 24 mieliekultivars wat getoets is in 16 omgewings onder besproeiing word weergegee in die volgende tabelle. Tabel 1a en 1b dui die gemiddelde opbrengs van 24 kort seisoenale kultivars aan wat by 16 verskillende omgewings getoets is. Die 16 omgewings is verder onderverdeel in twee klimatologiese verdelings, naamlik ‘n warm streek met vyf lokaliteite en ‘n koel tot matige streek met elf lokaliteite.

image

image

Die gemiddelde graanopbrengs vir die warm streek was 14,58 ton/ha (minimum 13,26 ton/ha by Vaalharts en maksimum 16,05 ton/ha by Orania). PAN 3P-502R, BG 3492B, PAN 3Q-240 en DKC 62-80BRGEN was die vier bes presterende kultivars met onderskeidelik 16,09 ton/ha, 15,99 ton/ha, 15,57 ton/ha en 15,55 ton/ha. Gemiddelde graanopbrengs in die koel tot matige streek was 12,47 ton/ha (minimum 9,47 ton/ha by Delmas en maksimum 15,88 ton/ha by Winterton). BG 3492B, PAN 3Q-740BR, BG 3792BR en BG 3292 was die vier bes presterende kultivars met onderskeidelik 13,64 ton/ha, 13,46 ton/ha, 13,41 ton/ha en 13,33 ton/ha.

Tabel 2a en 2b dui die gemiddelde graanopbrengs (ton/ha) en AMMI-stabiliteitswaardes (ASW) aan van kultivars geëvalueer. Die mees stabiele kultivars in warm omgewings was PAN 3P-502R gevolg deur DKC 62-80BRGEN, DKC 61-90 en IMP 50-10BR. Die mees stabiele kultivars onder koel tot matige omstandighede was KKS 8216BR, PAN 3D-736BR, IMP 50-90BR en DKC 62-84R. Hoe nader die waarde van ASW aan nul is, hoe stabieler word ‘n kultivar geag.

image

image

Tabel 3a en 3b gee ‘n opsomming van die 24 geëvalueerde kultivars se opbrengste tesame met ander agronomiese eienskappe, soos omval, spruite, aantal koppe per plant en die vogpersentasie.

image

image

Tabel 4 gee die AMMI-model se vier beste seleksies vir die onderskeie omgewings gebaseer op opbrengs en stabiliteit.

image

Publication: March 2015

Section: Annexe