Fertasa se siening oor mengsels van verskillende landboukalke en -gips

1672
Dr Pieter Haumann,
hoof uitvoerende beampte, Fertasa

Die regulasies vir Wet Nr. 36 van 1947 maak voorsiening vir die vermenging van geregistreerde produkte soos landboukalk en landbougips as ’n sogenaamde “custom mix”. Die definisie hiervan word soos volg in die regulasies gegee:

“Custom mix” means a mixture compiled on the written advice of a qualified person for a specific client and such mixture must be of registered raw materials mixed at the written request of a specific client. Prescription mixture shall have the same meaning.

Die landboukalk of landbougips is in hierdie geval die “registered raw materials” vir die “custom mix” wat nie as sulks geregistreer hoef te word nie, mits die vervaardiger aan die volgende vereistes voldoen:

Custom mixes
45. (1) A person managing the undertaking where custom mixes are manufactured for specific clients, shall, in respect of each batch or series of the different custom mixes, manufactured, controlled, packed, marked or labelled thereof, keep comprehensive records of:
(a) The results of quality checks made on the registered raw materials used as ingredients in the manufacture of the custom mix comprising each such custom mix;
(b) each date on which a quantity of the custom mix was sold, the names and addresses of the purchaser to whom each such quantity was sold, and the quantity thereof which was sold to each such person;
(c) the name and address of the person on whose behalf the custom mix was prepared;
(d) the composition/nutrients, as well as the purpose for which it is needed;
(e) registration details of all raw materials;
(f) registration details of all the sources of the raw materials;
(g) consent letter(s) from the supplier of all the raw materials;
(h) the quantity mixed; and
(i) the signature of, and date on which the qualified person on whose behalf the custom mix was prepared, submitted a request.
(2) Where the custom mixes are not sold in containers, the label or invoice shall contain the following information:
(a) name and address of the person who placed the order;
(b) the words “not for general public sale”;
(c) the name of the product or for which purpose the product is intended;
(e) the mass of the product; and
(f) the name and address of the manufacturer.
(3) A person manufacturing a custom mix shall keep a reference sample for at least six months after the date of the delivery.
(4) If for any reason a custom mix must be stored, it must be clearly labelled (clearly legible), with the following infor­mation:
(a) Name of client;
(b) order or invoice number;
(c) date of manufacture;
(d) product name and/or composition; and
(e) mass or volume produced.

Die “qualified person” waarna verwys word, is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskaplike Professies (SARNAP) of ’n ander geregistreerde wetenskaplike. Die mengsel moet dus formeel deur ’n spesifieke klant aangevra word en deur ’n wetenskaplike bekragtig word. Hierdie produkte kan nie vooraf vervaardig en in voorraad gehou word nie. As dit die geval is, sal die mengsel geregistreer moet word.

Redes vir die vermenging van landboukalk
Daar kan verskeie redes vir die vermenging van verskillende kalke en landbougips wees. Die rede hang gewoonlik af van die gewas en die spesifieke ontleding van die grond wat die behandeling moet ontvang.

Landboukalk word gewoonlik toegedien om oormatige grondsuurheid te neutraliseer.

Die landboukundige kan van mening wees dat, afgesien van die neutralisering van grondsuurheid, ’n spesifieke vlak van kalsium (Ca) en/of magnesium (Mg) bereik moet word vir die spesifieke gewas. Die beskikbare kalsitiese of dolomitiese landboukalk mag miskien nie die regte hoeveelhede Ca en Mg voorsien op hulle eie nie. In plaas daarvan dat verskillende hoeveelhede van die kalk afsonderlik toegedien word, kan ’n mengsel daarvan die gewenste hoeveelheid Ca en Mg verskaf.

Landbougips word gewoonlik toegedien om brakgronde te herwin. Dit kan ook toegedien word om ondergrondsuurheid te neutraliseer deur middel van gips se selfbekalkingsaksie op gronde met hoë seskwioksiede. In sulke gevalle word die toediening van dolomitiese landboukalk ook aanbeveel aangesien gipstoedienings alleen tot die uitloging van onder meer Mg kan lei.

In die geval waar ondergrondsuurheid bekamp moet word, kan die landbougips dan met dolomitiese landboukalk vermeng word vir gesamentlike toediening.

Een van die belangrikste oorwegings om mengsels van landboukalk en gips toe te dien, is die plantopneembare swael (S) wat ook toegedien word indien fosfogips gebruik word.

Fertasa se mening
Die Fertilizer Association of Southern Africa (Fertasa) se mening oor die vermenging van landboukalk onderling en met landbougips is: Indien ’n gekwalifiseerde landboukundige van mening is dat daar geldige redes is waarom kalk onderling en met gips gemeng moet word, is daar geen probleem nie, mits aan die regulatoriese vereistes voldoen word.

Daar moet op die volgende gelet word:

  • Die vermenging moet akkuraat en deeglik gedoen word.
  • Dit moet nie tot beduidende verhoging in kostes lei nie.
  • Verseker dat die grondsuurheid in die bogrond voldoende geneutraliseer is wanneer die landboukalk met gips “verdun” is.
  • Genoegsame voorsiening moet gemaak word vir bogronduitloging van Mg en kalium (K) deur die gips.
    Fertasa ondersteun nie die praktyk om spesifieke verhoudings van katione soos Ca, Mg en K na te streef met bekalking of gipstoediening nadat oormatige grondsuurheid reeds geneutraliseer is nie (die sogenaamde Albrecht- of BCSR-beginsel).

Verskeie gesaghebbende grondkundiges het hulle mening gegee dat hierdie praktyk uitgedien en nie ekonomies regverdigbaar is nie (Farmer’s Weekly, 10 Junie 2013). Hierdie mening sal deur Fertasa ondersteun word totdat navorsing die teendeel bewys.

Raadpleeg die Fertasa-bemestingsriglyne (Fertilizer Handbook) vir breedvoerige inligting oor bekalking van gronde en gips­aanwending.

Vir meer inligting, kontak dr Pieter Haumann by pieter@fertasa.co.za. Raadpleeg ook jou naaste Fertasa-lid se landboukundige vir deskundige advies. Stuur ’n e-pos na candice@fertasa.co.za vir navrae oor die Fertasa-bemestingsriglynboek.

Bronnelys

  1. The Albrecht system: Uneconomical & outdated. Farmer’s Weekly, June 10, 2013.
  2. Regulations relating to fertilizers: No.41100 Government Gazette, 8 September 2017.
  3. Fertilizers, Farm Feeds, Agricultural Remedies and Stock Remedies Act, 1947 (Act No. 36 of 1947). Department of Agriculture, Forestry and Fisheries no. 972.
    Bogenoemde kan op die Fertasa-webwerf geraadpleeg word: www.fertasa.co.za gaan na “Legislation and Regulations”.
    Klik op “Fertilizer Regulations”.
    Klik op “Fertilizer Regulations page 1 of 3, 2 of 3 of 3 of 3”.