• HOME
  • MAGAZINE
    • Latest Edition
    • Archive
  • SPECIAL EDITIONS
    • Grain Guide 2025
    • Cultivar trial inserts
    • NAMPO Harvest Day
    • NAMPO Cape Focus
    • NAMPO Alfa Focus
  • OFTEN ASKED
  • Article Series
  • MY HERO SERIES
Search/Soek
  • ADVERTISE
  • SUBSCRIBE
  • ABOUT US
SA Grain
  • HOME
  • MAGAZINE
    • Latest Edition
    • Archive
  • SPECIAL EDITIONS
    • Grain Guide 2025
    • Cultivar trial inserts
    • NAMPO Harvest Day
    • NAMPO Cape Focus
    • NAMPO Alfa Focus
  • OFTEN ASKED
  • Article Series
  • MY HERO SERIES
Home SPECIAL FEEDBACK Finansiële welstand vir plaaswerkers
  • SPECIAL FEEDBACK

Finansiële welstand vir plaaswerkers

April 19, 2015
1391
    Facebook
    Twitter
    Linkedin
    WhatsApp
    Email
    Print
    Pinterest
    ReddIt

April 2015

WILLEM VOOGT, bestuurder: Bemarking en Finansies, Graan SA

image

Graan SA en Momentum het hulle tot ‘n opwindende strategiese vennootskap verbind wat Graan SA-lede in staat sal stel om vir hulle en hul plaaswerkers produkte uit te neem ten einde finansiële welstand vir hul plaaswerkers te bring vanaf so min as R29 per maand. Hierdie is maar net een van die voordele wat Graan SA aan sy lede bied as deel van lidmaatskap by die organisasie.

Waarom het Graan SA die inisiatief geneem?

Een van Graan SA se strategiese fokusareas is arbeid. Graan SA het alreeds in 2013 begin met verskeie aksies om goeie arbeidspraktyke te beklemtoon. Terselfdertyd is daar ook ondervind dat ‘n gebrek aan ‘n eenvoudige, maklik toeganklike en bekostigbare oplossing ‘n probleem is.

Graan SA het van die geleentheid gebruik gemaak om die beste oplossing te onderhandel namens sy lede.

Wat bied die produk?

Gebaseer op navorsing in die landbousektor, gedoen deur Momentum in 2012, is die volgende sleutelbehoeftes geïdentifiseer in volgorde van belangrikheid:

  • Begrafnisdekking
  • Onderrigvoordeel
  • Hospitaal-kontantvoordeel
  • Lewensdekking
  • Ongeskiktheidsdekking
  • Effektetrust-spaarrekening

Tabel 1 bevat meer inligting rondom elke tipe dekking.

image

Ander voordele van die produk

Die produk belowe om maklik toeganklik te wees met die minimum administrasie vir werkgewers. ‘n Toegewyde inbelsentrum by Momentum hanteer alle administrasie en eise. Begrafnisdekking word ook gewaarborg om binne 48 uur uitbetaal te word mits die nodige dokumentasie soos verlang in orde ontvang word. Momentum beskik ook oor ‘n aanlynstelsel wat werkgewers toelaat om maandeliks die veranderinge aan sy personeelkorps aanlyn op te dateer.

Effektetrust teenoor ‘n pensioenfonds

Ná deeglike oorweging is daar besluit om eerder ‘n spaaropsie beskikbaar te maak in die vorm van ‘n effektetrust. Lede sal merk dat die koste rondom die administrasie van pensioenfondse baie hoog is, veral wanneer dit as ‘n persentasie omreken word. Wanneer die werknemer byvoorbeeld tussen R100 en R200 per maand spaar, kan die maandelikse koste tot R20 beloop, wat uitwerk op tussen 20% en 10% onderskeidelik.

Wanneer die effek van inflasie ingereken word, beteken dit dat pensioenfondse ‘n opbrengs van tot meer as 25% per jaar moet behaal om te verseker dat ‘n werknemer nie agteruit boer nie. Alhoewel effektetrusts nie beheer word deur onttrekkingsvoorwaardes nie, gee dit steeds aan werknemers die geleentheid om koste-effektief vir aftrede te spaar.

Vergelyk appels met appels

Wanneer produsente die produk teen ander produkte in die mark opweeg, is dit belangrik om seker te maak dat jy appels met appels vergelyk. Daar is verskeie voorwaardes betrokke by die tipe produkte wat oorweeg moet word.

Wagperiodes en ander voorwaardes

As deel van die voordele wat Momentum bied, het hul ook die wag periodes gevrywaar met doodsdekking indien die werknemer deel was van ‘n soortgelyke skema. Dit gee werkgewers die nodige gerusstelling dat die wagperiodes nie van toepassing sal wees indien die produk aanvaar word nie. Die wagperiodes se voorwaardes verskil by die verskillende tipes dekking en jy word versoek om noukeurig te let op onderskrywingsvoorwaardes. Dit is ook belangrik om daarop te let dat alle permanente werknemers onder die produk ingesluit moet word om te kwalifiseer. Werkgewers kan wel verskillende opsies vir verskillende werknemers kies, maar alle permanente werknemers moet ingesluit word.

Hoe kry ek toegang tot die produk?

imageGraan SA is trots om die voortou te neem in die landbousektor met innoverende oplossings en ons moedig lede aan om deel te neem aan die inisiatief. Opbetaalde lede van Graan SA kan die nodige aansoekvorms aflaai op die Graan SA se webtuiste by www.grainsa.co.za, onder die Ledevoordele-seksie. Lede kan ook die Momentum toegewyde inbelsentrum skakel by 0860 333 334.

Indien jy nie ‘n lid is nie en jy graag toegang tot die produk wil kry, kan jy gerus een van die volgende kontakte skakel by 086 004 7246 om jou lidmaatskap te aktiveer.

Publication: April 2015

Section: Special feedback

  • TAGS
  • April 2015
    Facebook
    Twitter
    Linkedin
    WhatsApp
    Email
    Print
    Pinterest
    ReddIt
sagrainmag.co.za

RELATED ARTICLESMORE FROM AUTHOR

SPECIAL FEEDBACK

Graan SA se Hoofbestuur soos op 4 Maart 2015

SPECIAL FEEDBACK

Glad met die tong én pen

SPECIAL FEEDBACK

Fokus steeds om tot diens te wees van graanprodusente

SPECIAL FEEDBACK

Companies who made Congress 2015 possible

SPECIAL FEEDBACK

A first for our industry

ARTICLES

ON FARM LEVEL

Risiko’s vir die nuwe seisoen

Digital Infoworks - October 6, 2019
0
12|09|2019 Dit is weer die tyd van die jaar wanneer deeglik besin moet word oor strategieë vir die nuwe seisoen. Dit sluit die beplanning rondom...

Local best practice options in CA investigated – Case study 2

March 5, 2018

PRODUSENTE TREK VOORDEEL UIT HRAC

June 5, 2024

Use of mutant collections to understand pathogenicity in economically important fungi

May 16, 2017

Categories

  • ANNEXE
  • COLUMNS
  • COVER CROPS
  • CROP ESTIMATE
  • EDITORIAL
  • FARM MANAGEMENT
  • FEATURED
  • FOCUS – FERTILISER
  • FOCUS – IMPLEMENTS & EQUIPMENT
  • FOCUS – IRRIGATION
  • FOCUS GRAIN VALUE CHAIN
  • FOCUS GROW FOR GOLD
  • FOCUS ON: INTEGRATED PEST CONTROL
  • FOKUS
  • FOKUS – GRAAN WAARDEKETTING
  • FOKUS – KUNSMIS
  • GRAAN SA
  • GRAIN SA
  • GRAIN VALUE CHAIN
  • HOOFARTIKELS
  • INPUT & PRODUCTION
  • KOLLIG – VEE WAPENS & JAG
  • KOLLIG – VELD VUURVEILIGHEID
  • LEAD ARTICLE
  • LOCATION DIFFERENTIAL
  • MARKETING
  • MARKETS
  • MINI FOCUS – LIME
  • MINI FOCUS – MONEY MATTERS & FINANCIAL SERVICES
  • MINI FOCUS – SOYBEANS
  • MINI FOCUS COVER CROPS
  • MINI FOCUS TERTIARY INSTITUTIONS
  • MINI FOKUS – GELDSAANGELEENTHEDE EN FINANSIËLE DIENSTE
  • MINI FOKUS – LIME
  • MINI FOKUS TERSIÊRE INSTELLINGS
  • MINI-FOCUS PEST CONTROL
  • MINI-FOKUS – GRONDBONE
  • MINI-FOKUS KANOLA
  • NAMPO
  • NEWS
  • NUUS
  • ON FARM LEVEL
  • ONLANGSE ARTIKELS
  • OORSIG OP KONGRES
  • OP PLAASVLAK
  • PROFITABILITY GAUGE
  • RECENT ARTICLES
  • REDAKSIE
  • RELEVANT
  • RELEVANTE
  • REPORTS
  • REVIEW ON CONGRESS
  • REVIEW ON CONGRESS
  • Reviews on NAMPO
  • Rubrieke
  • SAAD FOKUS
  • SACTA LEVIES
  • SEED FOCUS
  • SOLAR POWER
  • SPECIAL FEEDBACK
  • SPONSORED CONTENT
  • Sponsored Content None
  • SPOTLIGHT – FARM SECURITY
  • SPOTLIGHT – OUTDOORS & TRAVEL
  • SPOTLIGHT – SORGHUM
  • SPOTLIGHT – VELD FIRE SAFETY
  • SPOTLIGHT – LIVESTOCK WEAPONS & HUNTING
  • SPOTLIGHT SOLAR ENERGY
  • SPOTLIGHT VEHICLES
  • SPOTLIGHT WINTER GRAINS
  • TERTIARY INSTITUTIONS
  • Uncategorized
  • Uncategorized

Die 4R-voedingsbeheerraamwerk en Kynoplus Pro®

SPONSORED CONTENT sagrainmag.co.za - May 27, 2025
0
Die 4R-voedingsbeheerraamwerk, naamlik regte bron, regte hoeveelheid, regte tyd en regte plek, is ’n baie bekende, wêreldwyd erkende raamwerk wat ontwerp is om boere en landboukundiges te lei tot doeltreffende, volhoubare en omgewingsverantwoordelike voedingstofbestuur....
Read more

Eienskappe van ’n goeie finansiële stelsel

SPONSORED CONTENT sagrainmag.co.za - April 29, 2025
0
Die gebruik van ’n finansiële stelsel om inkomste en uitgawes te bestuur en te rapporteer is algemeen bekend en daar is verskeie opsies beskikbaar....

BAANBREKERPRODUK bied oplossing vir vervlugtiging

SPONSORED CONTENT sagrainmag.co.za - March 28, 2025
0
Ureum is ’n koste-effektiewe stikstofbron, maar dit het die nadeel dat groot hoeveelhede stikstof verlore kan gaan deur vervlugtiging. Kynoch het hierdie uitdaging erken...

Exceeding customer expectations through manufacturing excellence and innovation

NEWS sagrainmag.co.za - October 28, 2024
0
AGI is a global expert in providing farmers, processors and commercial customers with the right equipment and customised engineering solutions to produce, protect and...

ABOUT US

SA Graan/Grain is your online compass for the sustainable production of grain and oilseeds in South Africa. We provide you with the latest agricultural information based on relevant research, technology, production techniques and expertise. Backed by Grain SA as a prominent grain producers organisation, our articles are written by prominent scientists, agricultural economists, experts from the industry and professional journalists.

TALK TO US

You are welcome to contact the team of South Africa’s leading grain and oil seeds magazine:
Editorial: rentia@infoworks.co.za
Ad sales: jurgen@kolbemedia.co.za or ruth@schmiltz.co.za
Account enquiries: eldabeth@grainsa.co.za

© 2025 SA Graan/Grain. All Rights Reserved. Digital Publishing by Infoworks

  • HOME
  • MAGAZINE