SA Grain December 2022/January 2023

  • All
  • COLUMNS
  • EDITORIAL
  • INPUT & PRODUCTION
  • MARKETING
  • NEWS

Leergierigheid die basis van jongman se sukses

Corneels (Kokkie) Greyling, wat in die Wakkerstroom-gebied in Mpumalanga op die plaas Bovenvallei boer, het vanjaar die afdeling vir sojabone geproduseer in die oostelike Hoëveld in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie gewen. Hy het in 2018 by sy pa op die plaas aangesluit en dit is die eerste keer wat hy aan die opbrengskompetisie deelneem. Hy het nie net die afdeling gewen met die Don Mario-Agricol-variëteit DM 5351RSF nie, maar het die geskiedenisboeke herskryf met ’n nuwe opbrengsrekord van 5,777 t/ha. Behalwe sojabone, plant hulle ook mielies en boer met beeste en wolmerinoskape. Corneels pas ’n wisselboustelsel in hulle […]

Agronomy day set to boost collaboration

A workshop was held on 18 August to bring local grain role-players together with an aim of getting an overview of the current status of agronomy-related research, brainstorming the future of agronomic research, and exploring collaborative opportunities. The alignment of research and training needs between the industry and the research community was explored. Leading up to the discussions, Grain SA released a short questionnaire to gauge the opinions of participants on agronomy research and capacity. The results provided the day with a baseline for further discussions and highlighted some key trends. The day consisted of three discussion sessions with the […]

Saad-spanleier opgewonde oor nuwe rol

Syngenta se saadafdeling in Afrika suid van die Sahara het ’n nuwe stuurman. Vanaf 1 Augustus vanjaar het Hendrik van Staden die stoel ingeneem as eenheidshoof vir die maatskappy se saadafdeling op die kontinent. In hierdie hoedanigheid wil Van Staden voortbou op die huidige momentum van die maatskappy se fokus op volhoubare landbou. Hy sal onder meer steeds aandag gee aan die integrasieproses tussen Sensako en Syngenta in Suid-Afrika asook aan die groeistrategie vir somergraangewasse om die uitstekende koringbesigheid te ondersteun. Syngenta is bekend daarvoor dat hy produsente wil voorsien van ’n wye reeks innoverende basters en variëteite, geentegnologie en […]

Genereer jou eie data met proewe

In die afdeling vir mielies wat op watertafelgronde verbou word, is Petrus Roux van die plaas Kromvlei net buite Hoopstad as wenner in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie aangewys. Hy het die eerste plek behaal met ’n opbrengs van 11,73 t/ha met die Pannar-baster, PAN 3R-224YHR – in die eerste jaar wat hy aan die kompetisie deelgeneem het. In die 2021/2022-seisoen het hy in totaal 300 ha van dié baster geplant. Hy het op 7 November 2021 geplant en oor ’n tydperk van ’n paar weke gestroop – van Mei tot middel Julie 2022. Petrus plant mielies, sojabone, sonneblom […]

Hoekom koring soms nie teen invoerpariteit verhandel nie

18/11/2022 Suid-Afrika produseer nie genoeg koring om in die plaaslike vraag te voorsien nie, dus moet koring ingevoer word wat die land afhanklik maak van internasionale koringpryse. Vir die plaaslike koringbedryf om kompeterend te bly, moet pryse die werklike vrye mark reflekteer. Pariteitspryse word as ’n maatstaf gebruik waarteen plaaslike pryse gemeet kan word om sodoende te sien hoe Suid-Afrika internasionaal kompeteer. Die goedkoopste bronlande waarvandaan Suid-Afrika kan invoer, is Duitsland, Argentinië en Amerika. Die oorsprong van plaaslike invoere word egter bepaal deur die kwaliteit van die plaaslike produksie. Sedert Februarie 2022 was die koringmark in die kollig en kontrakpryse […]

Voorspoed vir die nuwe jaar

Beste Grootneef Op hierdie Oukersdag het ligte reën van vroegmiddag al neergestuif. Die lande is lekker nat en die mielies ’n mooi donkergroen, bykans al ’n voet of wat uit die grond uit. Dit was ’n mooi voorsomer wat mens, dier en landerye bederf het met sarsies reën en donderweer. Die veld het die eerste keer in baie jare vroeg in Desember al rooigrassaad gestoot. Die vlei se kuile is vol en die gronddam loop sag uit soos die onderwater uit die fontein syfer. Die Vrystaat is ’n prentjie. En as die son saans sak, weergalm die paddakoor deur die […]

Kompetisie toets genetika en tegnologie se uiterstes

Die doel van Graan SA se Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie is om ’n platform daar te stel waarbinne graanprodusente teen mekaar kan meeding en terselfdertyd kan wys hoe harde werk en innoverende denke in kombinasie met uitstekende genetika die opbrengsdoelpale kan skuif. Hierdie kompetisie is die enigste in sy soort wat deur Graan SA aangebied word en sluit die produksie van mielies, koring, sonneblom en sojabone in. Graan SA-lede kan gratis inskryf. “Innoverende produksiepraktyke en slim boerderyplanne word aangemoedig om die hoogste opbrengste per hektaar te behaal, ongeag die kultivar wat geplant is,” sê Corné Louw, hoof: Toegepaste Ekonomie […]

Opbrengs baat by fokus op grond- en plantgesondheid

Vanjaar se wenner in die afdeling vir mie­lieproduksie in KwaZulu-Natal in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie was Bertus Albertse en sy twee seuns van die plaas Hansford naby Dundee. Dit was die eerste keer dat hulle aan die opbrengskompetisie deelgeneem het. Die Albertses het die wenposisie beklee met die Pioneer-baster P 1197R waarmee hulle ’n opbrengs van 16,94 t/ha gerealiseer het. Dit is die derde jaar dat hulle dié baster plant en het in totaal 300 ha daarmee geplant. Faktore vir groter opbrengs Alhoewel die land wat ingeskryf is teen ’n plantpopulasie van 70 000 plante/ha geplant is, beplan […]

Basiese beginsels bly bobaas

Hoewel hy beeste en skape ken en ’n voerkraal en slagpale bestuur, beskou Michael Daly homself nog as ’n groentjie as dit by graanverbouing kom. Die feit dat hy drie jaar gelede vir die eerste keer mielies en sonneblom begin plant het, het egter nie verhoed dat hy vanjaar as wenner aangewys is in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie se afdeling waarin spesifiek gekyk word na sonneblomgraanopbrengs nie. Michael boer op die plaas Glenross in die Virginia-distrik en dit is die eerste jaar wat hy aan die opbrengskompetisie deelneem. Hy sê die grond op die plaas is nie homogeen […]

Hoë olie in sonneblom die toekomspad van die bedryf

Die eerste wenner in die nuwe afdeling in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie waarin spesifiek gekyk word na die olie­persentasie van die sonneblom wat gelewer is, is Frik van Rooyen van FP Van Rooyen Boerdery op die plaas Van Rooyenspan in die Coligny-distrik. Tydens die prysuitdelingsgeleentheid het hy met die louere weggestap in dié afdeling met ’n olie-opbrengs van 1,74 t/ha en ’n graanopbrengs van 3,720 t/ha. Die olie­persentasie was 46,9%. Die kultivar wat so goed presteer het, is Pioneer se P 65LL02. Die huidige standaard vir olie-inhoud van sonneblomgraan is tussen 36% en 38% – ’n persentasie van […]

Wisselbou en grondgesondheid is boublokke van sukses

In die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie se afdeling vir sojabone wat onder besproeiing verbou word, het Jan van Heerden van Hartswater met die louere weggestap met ’n opbrengs van 6,28 t/ha. Hy het hierdie wenopbrengs behaal met die Don Mario-Agricol-variëteit DM 5953RSF. Omgeskakel na opbrengs per millimeter reën, het hy 9,7 kg graan/mm geproduseer met ’n variërende insetkoste van R3 105/ton. Jan boer met pekanneute, katoen, lusern, koring en mielies in die Vaalharts-besproeiingskema naby Hartswater in die Noord-Kaap – en dan die afgelope seisoen ook met sojabone. Hy het 35 ha van dié sojaboonvariëteit geplant. Die verdeling van sy […]

SA-made agri satellite, a world first

The world’s first agriculture-focussed satellite, EOS SAT-1(AgriSat-1/ZA-008), was launched on 3 January 2023 by US aerospace company SpaceX at Cape Canaveral in Florida. The imaging satellite built by a South African company, Dragonfly Aerospace, will be providing the agriculture and forestry industry with high-quality data. According to the company, images obtained from Dragonfly’s EOS SAT-1 will deliver valuable information for applications such as harvest monitoring, seasonal planning and assessments that analyse information such as soil moisture, yield prediction and biomass levels. This data will support growers with reducing carbon dioxide emissions and help them to develop sustainable agricultural methods. Such […]

Peace and quiet needed to produce food

We all know that proper and careful management and responsibility, especially in a public context, are not at all among South Africa’s strong points. That is why any talk or suggestion of regulation of markets make the hair stand on end and cause us to listen carefully. Grain SA has been in several discussions over the past few months where such proposals were made. With all the global crises it is probably understandable, but after almost three decades of deregulation it is hard to believe that some businesses can regard this as a solution in the current circumstances. For several […]

Geen rus op dié plaas nie

Burrie Naudé boer in die Hoopstad-omgewing op die plaas Rusplaas, maar sedert hierdie jong produsent sy hakke in dié plaas se grond ingeskop het, is daar nie veel sprake van rus nie. Hy het in 2021 onder sy eie naam op Rusplaas begin boer nadat hy vroeër vir agt jaar in diens van sy oom geboer het. ’n Merkwaardige prestasie om dus in die eerste jaar wat hy op sy eie voete staan, met ’n rekordsojaboonopbrengs die kategorie vir sojabone wat op watertafelgrond verbou word, in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie te wen met ’n opbrengs van 5,85 t/ha. […]

Izak behaal ’n kolskoot met sojabone

Izak van Zyl van Makwassie – met ’n rekordopbrengs van 5,408 t/ha met die Don Mario-Agricol-variëteit DM 6.8iRR – het met die louere weggestap tydens die Groei vir Goud Nasio­nale Opbrengskompetisie in die afdeling vir sojabone wat in die Noordwes verbou is. Hierdie rekordopbrengs is behaal met ’n variërende insetkoste van R5 000/ton. Hy boer met mielies, sojabone, sonneblom, koring en beeste op die plaas Knapdaar in die Makwassie-distrik. Izak pas ’n wisselboustelsel toe, waarin hy wissel tussen sojabone, mielies, sonneblom, koring en dekgewasse. Sy eeste is ‘n weninskrywing Dit is die eerste jaar dat hy aan die kompetisie deelneem, […]

Passie vir landbou vind uiting in resultate

Johann Pistorius bedryf ’n geïntegreerde gemengde boerdery in die Val-omgewing naby Standerton in Mpumalanga. Die uitstekende opbrengste wat hy behaal, skryf hy toe aan die seëninge wat hy ontvang het en ook omdat hy sy passie vir landbou en sy boerdery kan uitleef. “Dit is ’n groot voorreg om elke dag te doen waarvoor ek lief is. Ek beskou ook alles wat ek ontvang as genade.” Vanjaar het hy nie minder nie as twee rekordopbrengste gele­wer en met ’n eerste en tweede plek weggestap in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie se afdeling vir droëlandmie­lies wat in die oostelike-Hoëveldstreek verbou […]

Tactics to disrupt Sclerotinia

There is no silver bullet for managing Sclerotinia stem and head rot of soybean and sunflower. However, during a recent Sclerotinia research day on 13 October 2022, industry members, researchers and producers discussed several integrated pest management (IPM) approaches which producers could implement to manage epidemics. Integral to developing an IPM system is to understand host-pathogen-environment interactions (referred to as the disease triangle) and factors driving disease establishment in the field. IPM calls for producers to protect crops while disrupting the disease triangle through (i) focussing on the strengths of the host, (ii) weaknesses of the pathogen and (iii) creating […]

Progessing from subsistence to profit

To the Grain SA/Standard Bank Smallholder Farmer of the Year for 2022, Joseph Tuelo Mokaleng (54), agriculture means life. He grew up in a rural area where the community was dependent on agriculture to survive, so both his parents and grandparents were involved in agriculture. Although they did not farm for profit but for subsistence, Joseph had a bigger dream. He now produces on a much larger scale and donkeys have made way for mechanisation. His workers have been trained to ensure that the tractors and equipment on the farm are well maintained. Joseph is a real community man who […]

Produsentpryse vir insette hier vergelyk

Enige graanwaardeketting se eerste skakel is landbou-insette. In ’n tyd waar produsente geweldige prysdruk ervaar, is dit deurslaggewend om seker te maak dat die regte pryse vir insette betaal word. Die 2022/2023-produksieseisoen het in April afgeskop in ’n wêreld vol onsekerheid. Nagevolge van die COVID-19-pandemie, gevolg deur die konflik tussen Rusland en die Oekraïne, het voorsieningskettings geweldig ontwrig. Graanprodusente in die Wes-Kaap het deelgeneem aan ’n opname wat plaaslike insetpryse (boerpryse) in vier verskillende areas vergelyk. Die resultate was as volg: Pryse vir landbouchemikalieë Landbouchemikalieë speel ’n belangrike rol in gewasbeskerming en sodoende opbrengsontwikkeling. Grafiek 1 toon die gemiddelde prys […]

Dié eerste ekspo hier om te bly

Die 2022 NAMPO Alfa Lewendehawe-, Jag- en Buitelewe-ekspo is die eerste van vele meer skoue van dié aard. Die ekspo wat van 29 September tot 1 Oktober op NAMPO Park aangebied is, het oor die drie dae meer as 6 400 besoekers gelok. Volgens Bennie Zaayman, terreinbestuurder: NAMPO, was uitstallers positief oor die ekspo en is daar beslis potensiaal vir groot groei. Uitstallers het van so ver as Pinetown en Riviersonderend gekom. Organiseerders is reeds hard aan die beplan vir 2023 se eks­po. Die datum sal bekendgemaak word sodra die Suid-Afrikaanse Rally-Raid-kampioenskap (SARRC) die datums vir die tydren bepaal het […]

Pasop vir klein jakkalsies wat die wingerd verniel

Is jy op soek na ’n energie-oplossing om besigheidskontinuïteit te verseker, afhanklikheid van die netwerk se krag te verminder, energiekoste te verlaag of jou onderneming se omgewings­impak te verbeter? Sukkel jy dalk om te besluit wie se raad om te volg of is jy selfs skrikkerig dat iemand jou gaan inloop om ’n vinnige paar rand uit jou te maak? Hierdie artikel is geskryf met die fokus op jou, die produsent. Dit is nie ’n “doen-dit-self”-riglyn met tegniese raad oor komponente en spesifikasies nie. Jy het immers ’n boerdery om te bedryf en dit is tog hoekom jy ’n spesialis […]

Eksperiment lei tot eerste plek

Davie van der Merwe van DMJ van der Merwe Boerdery het vanjaar vir die eerste keer aan die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie deelgeneem. Sy plan – om met ’n hoër stand en meer bemesting te ekspe­rimenteer – het goeie vrugte afgewerp en aan hom die eerste plek in die afdeling vir mielies geproduseer in Noordwes besorg. Hy het boonop gewen met ’n rekordopbrengs van 13,76 t/ha op droëland. Hy het dié uitstekende opbrengs met die baster DKC 75-65BR op die plaas Zitland net buite Schweizer-Reneke behaal. Dit is die vyfde seisoen wat Davie die betrokke baster plant. Benewens DKC […]

Kongres fokus op plaaslike groei in landbou

Die Agri SA-kongres wat op 13 en 14 Oktober in Pretoria gehou is, het plaaslike groei in die landbou asook die bedreigings wat groei kan belemmer, vanuit alle hoeke bespreek. Tydens die tweedagkongres is talle knelpunte uitgewys wat groot hekkies is wat oorkom moet word op die pad na plaaslike landbougroei. Winsgewende boerdery bly steeds die doelwit waarna almal mik. Christo van der Rheede, hoof- uitvoerende beampte van Agri SA, het daarop gewys dat landbou ’n sektor is wat op hoop gebou is. “Geen boer sit saad in die grond en wag op mislukking nie. Nee, die boer wag vir […]

Grondregstellings die beste besluit ooit

Hoewel dit nie normaalweg in sy aard is om aan kompetisies deel te neem nie, het Paul Farrell van die plaas Zaaihoek naby Clarens hom tog vanjaar weer deur sy saadverteenwoordiger laat ompraat om in te skryf vir die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie. Dit was ’n goeie besluit, want Paul het koning gekraai in die afdeling vir sojabone wat in die Oos-Vrystaat verbou word, met ’n rekordopbrengs van 5,519 t/ha met die Don Mario-Agricol-variëteit DM 5953RSF. Vorige jare het hy in die mielie-afdeling deelgeneem. Behalwe die sojabone en mielies wat hy plant, rond Paul ook speenkalwers af op aangeplante […]

Rus en vrede nodig om voedsel te produseer

Ons weet almal dat behoorlike en sorgvuldige bestuur en verantwoordelikheid, veral in ’n publieke konteks, glad nie van Suid-Afrika se sterkpunte is nie. Daarom dat enige sprake of suggestie van regulering van markte die nekhare behoorlik laat rys en die ore laat spits. Graan SA was die afgelope paar maande in verskeie gesprekke gewees waar sulke voorstelle gemaak is. Met al die globale krisisse is dit seker verstaanbaar, maar na amper drie dekades van deregulering is dit moeilik om te glo dat sommige besighede dit onder die huidige omstandighede as ’n oplossing kan sien. Ek is om verskeie redes bekommerd […]

Wenners se wenslys vir ’n beter landbou-omgewing

Die meeste mense het drome oor hulle eie toekoms, dié van hul kinders en oor die omgewing waarbinne hulle werk en funksioneer. Omdat produsente meestal praktiese mense is, is die meerderheid van hulle drome – of dan wenslyste – oor die algemeen meer prakties van aard. Veral wanneer hulle nadink oor die landbou-omgewing en hoe hulle dit graag sou wou sien. Magda du Toit het elkeen van die wenners in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie uitgevra oor wat hulle graag sou wou sien verander in die landbou-omgewing. Die produsente se gedagtes was uiteenlopend, soos elkeen gefokus het op wat […]

Good soil profile forms the basis for crop farming

For the past 40 years, Reimar Tratschler has farmed on the farm Rooidraai near Winterton in KwaZulu-Natal. Six years ago, his son Dale joined him on the farm. Reimar emerged as the winner in the category for maize production under irrigation in the Grow for Gold National Yield Competition with a yield of 22,7 t/ha. They plant maize, soybeans, wheat and potatoes and have a commercial herd of Simbra cattle as well as a feedlot. The crops are produced following a rotational system where they plant 50% maize, 45% soybeans or wheat and 5% potatoes. The wheat is planted after […]

Moeilike seisoen stuit sukses nie

Koot Smit van die plaas Lynspruit naby Vryheid was vanjaar die wenner in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie se afdeling vir sojabone wat in KwaZulu-Natal verbou word. Hy het hierdie prestasie behaal met ’n opbrengs van 5,4 t/ha met die Don Mario-Agricol-variëteit DM6.8iRR. Dit is die tweede keer dat Koot aan die opbrengskompetisie deelneem, maar die eerste keer dat hy in die sojaboonafdeling meeding. Volgens Koot was dit nie die maklikste seisoen wat hy al gehad het nie – hy sê dat dit ’n eiesoortige jaar met besondere uitdagings was. Hy voeg egter by dat hy dankbaar is oor […]

Economic indicators continue to struggle

Since 2020, the global economy has been hit by two unexpected and unplanned events. The COVID-19 pandemic caused massive uncertainty in the market, creating unforeseen situations such as oil prices trading in the negative, followed by a strong bullish oil market. Just when a break from uncertainty was on the horizon, the Russia-Ukraine conflict started creating even more uncertainty, further pushing energy prices to even higher levels – above the previous record levels seen during the 2008 world financial crisis. The Brent crude oil price increased by 11% in dollar terms from October 2021 to October 2022, following an increase […]

Deeglikheid bring dubbelgoud

Met ’n lewensuitkyk dat ’n mens jouself altyd moet druk om beter te presteer, is dit geen wonder dat Japie Breedt van Bapsfontein vanjaar weer die hoogste opbrengs in die Groei vir Goud Nasionale Opbrengskompetisie in die afdeling vir mielies wat verbou word in die sentrale gedeelte van die land behaal het nie. Benewens die feit dat dit vanjaar die derde keer is wat hy dié besondere prestasie behaal, het hy ook op die hoogste sport op die wenpodium gestaan met ’n rekordopbrengs vir sojabone verbou in die sentrale gedeelte van Suid-Afrika. Japie se prestasies hou egter nie daar op […]

Nasie ook in die Kaap in gesprek

Dit was wonderlik om vanjaar weer die Nasie in Gesprek-forum by beide Bothaville en Bredasdorp te kon lei. As vertrekpunt het landbou dit nodig dat NAMPO Kaap ’n jaarlikse instelling op die kalender word, net soos wat NAMPO jaarliks in Mei by Bothaville nou reeds ’n instelling is – nie net op die Suid-Afrikaanse landboukalender nie, maar ook op die internasionale landboukalender. Daar is egter ’n paar ooglopende verskille tussen NAMPO Kaap en NAMPO by Bothaville – die een groot verskil skep ’n geleentheid en die ander verskil laat jou net weer besef wat dit beteken as ’n regering landbou […]

Tyd vir nuwe kollektief is hier

Ons almal in Suid-Afrika is op die spreekwoordelike Titanic; ons weet die skip vaar in die verkeerde rigting en pyl op ’n ysberg af, want die kaptein is oorgerus en aan die slaap. So het Kallie Schoeman, besturende direkteur van Schoeman Boerdery, in ’n videotoespraak by Senwes se Jongboer Toekomsfokusdag gesê wat op .11 Oktober saam met Graan SA en die jongboerverenigings van AgriNW en Vrystaat Landbou op NAMPO Park aangebied is. Die tema van die dag was “Die gras lyk groener, maar word die beeste vet? Boer beter in ’n mededingende wêreld”. Schoeman het verwys na die Nasionale Ontwikkelings­plan […]

Barley harvest face some challenges

Winter grain producers in the Overberg and parts of the Southern Cape had to face several challenges before the 2022 harvesting season commenced. Although the tonnage looked promising in mid-October and seemed to be at least ‘average’, the barley yield especially has caused headaches at this early stage. Barley While the barley quality in the eastern production regions around Swellendam and Heidelberg offered good stitch-off levels for malting barley grading, there was great concern in the more western Overberg area, in the Caledon, Riviersonderend and Bredasdorp regions, regarding the challenge of wheat among the barley. This was according to Cornelius […]