SA Graan/Grain October 2019

  • All
  • COLUMNS
  • EDITORIAL
  • FOCUS - IRRIGATION
  • GRAIN SA
  • LEAD ARTICLE
  • ON FARM LEVEL
  • RELEVANT
  • SPOTLIGHT - FARM SECURITY

Agri SA-bedryfskamer bepaal fokuspunte

Gedurende ’n onlangse strategiese sessie het die Bedryfskamer van Agri SA verskeie fokuspunte vir die volgende vyf jaar geïdentifiseer. “Die laaste paar jaar het georganiseerde landbou baie gedoen om die produsent op grondvlak teen ongunstige beleid en aksies te beskerm. Daar is gewaak teen beperking op grondbesit, ’n radikale wysiging van die eiendomsklousule in die […]

Getting quality seed to where it matters

The first and most critical input to ensure a good harvest, comes in the smallest form – that of a seed. No producer in the world, even with the best equipment and inputs, can gain a good harvest out of poor-quality seed. In today’s environment where agriculture has to face increasing pressure due to climate […]

Sorghumdag bied geleentheid vir interaksie

‘n Baie geslaagde inligtingsdag is op 3 Junie vanjaar op mnr Willem Groothof (Graan SA-hoofbestuurslid vir Streek 13) se plaas in die Settlers-omgewing aangebied. Die dag is goed ondersteun deur produsente – wat getuig van die belangstelling in sorghumkultivarnavorsing. Pannar, Agricol, AGT Foods Africa en K2 het inligting oor hulle onderskeie kultivars aan die produsente […]

Setting the pace for biotechnology and research

Dr Maneshree Jugmohan-Naidu, whose expertise ranges from genetic diversity of plant pathogens to diagnostics in the health biotechnology sector, is the Director of Agricultural Biotechnology at the Department of Science and Innovation (DSI), previously the Department of Science and Technology (DST). Grain SA has been in a strategic partnership with the department for the past […]

Koring se pad vorentoe lyk blink

Drie van die groot kragte wat koringproduksie beïnvloed, speel op die oomblik mooi saam om die vooruitskatting vir die bedryf rooskleurig te laat vertoon. Die kombinasie van die natuur, die graanekonomie en die koringomdraaistrategie lei tans tot positiwiteit en vroeë optimisme rakende die koringbedryf in Suid-Afrika. Natuur Die natuur speel ’n deurslaggewende rol in die […]

Somerkoring as moontlike alternatief

Produsente soek altyd na alternatiewe en meer winsgewende gewasse vir die voortbestaan van hul boerdery-ondernemings. Die netto inkomste uit kontantgewasse soos mielies, sojabone en sonneblom is al vir ’n geruime tyd onder druk. Die afgelope jare se wisselvallige reënval en produksietoestande het die oorweging van nuwe opsies genoodsaak. ’n Boer maak mos ’n plan – […]

Management tools to improve yield and oil content

Following soybean, peanut and rapeseed, sunflower oil is the fourth most important vegetable oil in world trade with annual sunflower production of around 18 million tons and a cultivated area of over 47 million ha. As it is relatively drought-tolerant and utilises soil nutrients efficiently due to its well-developed and deeply penetrating root system, sunflower […]

Bestuur onkruidsade só tydens die oesproses

Deel 2 Die bestuur van onkruide binne ’n bewaringslandbousisteem bly ’n uitdaging. In Deel 1 is gekyk na oesonkruidsaadbeheer (harvest weed seed control). Kaf tussen die spore, ’n kafdeksisteem, die brand van nou windrye en ’n kafkar agter die stroper is bespreek. In Deel 2 word gekyk na kafmeulens, die Seed Terminator en direkte baal. […]

Bewaringslandbou skep nuwe navorsingsbehoeftes

Die hoofrede waarom gemeenskappe in die geskiedenis tot niet gegaan het, was die onvolhoubare gebruik van hulle grond. Oor- en wanbenutting van grond deur onkunde of ’n traak-my-nieagtige houding lei tot erosie en grondagteruitgang wat voedselproduksie onvolhoubaar maak. Dié agteruitgang, wat steeds in groot dele van die wêreld en ook plaaslik plaasvind, is ’n stadige […]

Erdwurms: Dokters van die grondekosisteem

Erdwurms is van die mees bestudeerde grondfauna as gevolg van die belangrike rol wat hulle speel as primêre en sekondêre komposteerders. Erdwurms staan ook bekend as grondingenieurs weens hulle invloed op die biotiese en abiotiese eienskappe van grond­ekosisteme. Die invloed van erdwurmaktiwiteit Grondkoolstof- en stikstoftransformasies word ook bevorder as gevolg van die erdwurms se impak […]

Quality of the 2018/2019 season’s wheat crop examined

The 2018/2019 season represented the 21st annual wheat crop quality survey. The aim of these surveys is to accumulate commercial wheat crop quality data on a national level to assist the industry in decision-making processes. A total of 337 wheat crop samples from 28 different regions throughout the wheat producing areas of South Africa were […]

Die voordele van grondmikrobes vir grondgesondheid

Die struikelblokke in die pad van volhoubare gewasproduksie plaas die fokus opnuut daarop om biologiese oplossings vir landbougrond te vind. Gesonde grond het die vermoë om optimale gewasverbouing te verseker. Mikrobes speel ’n belangrike rol in die handhawing van die gehalte van grond, aangesien hulle verantwoordelik is vir belangrike prosesse soos die herwinning en sirkulering […]

Dekgewasbestuur se effek in wintergraanstelsels

Deel 3: Die effek op die daaropvolgende jaar se koringproduksie In die eerste artikel van hierdie reeks is agtergrond gegee oor die voordele van dekgewasse, maar daar is ook verwys na die struikelblokke vir die aanvaarding daarvan – veral in die Swartland-produksiestreek. Daar is ook spesifiek verwys na die verskillende bestuursmetodes van dekgewasse, naamlik beweiding […]

Kweekgras: ’n Moeilik beheerbare kalant

Tydens ’n meningspeiling wat onlangs onder 41 kommersiële produsente gedoen is, is kweekgras (Cynodon dactylon) aangewys as een van die topdrie-onkruide waarmee produsente die meeste sukkel. Internasionaal is kweek gemeld as ’n probleemonkruid in 40 verskillende gewasse in meer as 80 lande. Dié onkruid word gekenmerk deur sy vinnige indringingsvermoë in bewerkte lande waar dit […]

Die belangrikheid van markinligting: Wat leer ons daaruit?

Deel 5: Sojabone Hierdie reeks handel oor die algemene belangrikheid en die gebruik van inligting in die Suid-Afrikaanse graan- en oliesademarkte. Deel 4 van die reeks het na koringinligting verwys, terwyl hierdie artikel op sojabooninligting gaan fokus. Aangesien die reeks grootliks fokus op die belangrikheid van inligting in die graanmarkte, word daar veral gekyk na […]

Insetaankope is beslis nie perdekoop nie

Met winsgewendheid in die graanbedryf onder druk, is dit baie maklik om oorhaastige besluite te neem of selfs na strooihalms te gryp wanneer dit by insetaankope kom. Maak verkieslik dubbeld seker dit is nie ’n kortsigtige besluit wanneer daar op insette gespaar word nie. Wat prys betref Doen hierdie jaar ekstra moeite om seker te […]

Risiko’s vir die nuwe seisoen

12|09|2019 Dit is weer die tyd van die jaar wanneer deeglik besin moet word oor strategieë vir die nuwe seisoen. Dit sluit die beplanning rondom aanplantings (watter gewasse en hoeveel daarvan) asook algemene risikobestuur in. Daar is altyd ’n reeks risiko’s wat die produsent moet trotseer wanneer graan geproduseer word, waarvan die grootste produksie- en […]

Boerderygemeenskap se veiligheid is prioriteit

Vir die Agri Securitas Trustfonds is die veiligheid van die boerderygemeenskap in Suid-Afrika ’n prioriteit. Daarom het dié fonds weer geld bewillig om sowat 420 produsente en 15 500 plaaswerkers regoor Suid-Afrika te help beveilig. ’n Geldelike skenking van meer as R1,5 miljoen is aan twaalf boereverenigings gemaak vir die oprigting van kameranetwerke en die […]

Agri SA & Fidelity ADT: Vennote teen misdaad

Die erns van plaasaanvalle en ander misdade teen die boerderygemeenskap het Agri SA genoop om dringend geleenthede te ondersoek om die veiligheid van dié gemeenskap te verbeter. Gevolglik is daar ’n vennootskap met Fidelity ADT aangegaan, ’n filiaal van die Fidelity-dienstegroep, ten einde ’n reeks dienste en produkte aan Agri SA-lede en die landelike gemeenskap […]

Besproeiing: Nie ’n vinnige manier om geld te maak nie

Die uitdrukking “’n boer maak ’n plan” tref die kol met die Bruwers van Genade-boerdery. Hierdie pa-en-seuns-span het telkemale al bewys dat hulle self ’n plan maak om hul besproeiingsboerdery gladder te laat verloop. Dié vindingrykheid is deels die rede dat Genade-boerdery in 2015 as Graan SA/Syngenta se Graanprodusent van die Jaar aangewys is. Om […]

NAMPO Kaap spog met gesonde groei

NAMPO Kaap 2019 was ’n reusesukses. Die groei word nie net gemeet aan die bykans 30% meer betalende besoekers deur die hekke nie, maar ook aan die toename in saketransaksies wat Bredasdorp NPC en Graan SA as die projekvennote, opgewonde maak. Landbouers van oor die land en in besonder die graan-, vee- en uitvoerbedrywe van […]

Gesubsidieerde oesversekering vorder

Die afgelope paar jaar is die graanbedryf onder groot druk: Hoofsaaklik weens die droogtes, maar ook as gevolg van lae internasionale graanpryse. In teorie is die prys veronderstel om produsente te ondersteun tydens ’n droogte, grootliks weens die feit dat pryse dan nader aan invoerpariteitsvlakke beweeg. Die uitdaging is egter dat pryse tans op dieselfde […]

Graan SA-spanlede ontvang erkenning

Die Afgri-groep sien die Oos-Kaap as een van die land se primêre produksiegebiede vir die toekoms en wil produksie in dié provinsie stimuleer om internasionaal te kompeteer in terme van mielie-uitvoere. ’n Nuwe opbergingsfasiliteit gaan ook by Butterworth opgerig word. Afgri Operations se hoof finansiële beampte, mnr Jacob de Villiers, was die gasspreker tydens Graan […]

Ekonomies belangrike mieliesiektes

Almal het seker al die liedjie “kop en skouers, knieë en tone” gesing. Dit is presies die benadering wat in hierdie artikel gebruik word om van die ekonomies belangrike siektes wat die mielieplant van toontjie tot kroontjie aantas (wortels, stamme, blare en koppe), uit te lig. Foto’s van die siektesimptome sal produsente help om die […]

Mentoring is a great way to keep learning

Dulce Ruby, the founder of the blog Soul Traveler, said that the beautiful thing about life is that we will never reach an age where there is nothing left to learn, see or be. Lawrence Luthango (66) agrees with this statement. After retiring as Grain SA provincial co-ordinator in the Eastern Cape region in February […]

Ter sake

Die kavalkade

Beste Grootneef In die ou dae is daar net voor die een-uur-nuusbulletin smiddae op Radio Suid-Afrika noodberigte uitgesaai. Die meeste van dié noodberigte het gehandel oor mense wat op reis was en dan versoek is om met hul naaste familie in aanraking te kom. Dit was voor die dae van selfone of Google. Radio was […]

The uneasiness of political correctness

It will be a sad day if South Africa ever discards merit and rationality for the sake of political correctness. I say this because we daily experience more pressure at the level of organised agriculture to ignore facts and merit and make decisions merely on the basis of politics. One could also perhaps replace the […]

Die ongemak van politieke korrektheid

Dit sal ’n hartseer dag wees as Suid-Afrika ooit meriete en rasionaliteit begrawe ter wille van politieke korrektheid. Ek sê dit omdat ons daagliks meer druk op georganiseerdelandbouvlak ervaar om feite en meriete te ignoreer en besluite bloot op grond van politiek te neem. ’n Mens sou seker ook die woord politiek met populisme kon […]