Winsgewendheid maandeliks gemonitor op sagrainmag.co.za

    Valerie Cilliers, redakteur, SA Graan/Grain
    Gepubliseer: 3 Junie 2022

    1185

    Die komende somergraanproduksieseisoen is een waar daar uitermatig baie rooi ligte aan die flikker is. Groot kommer heers oor plaaslike kunsmispryse wat die afgelope tyd maand na maand aanhou styg en rekordhoogtes bereik het.

    Graan SA se landbou-ekonome monitor die winsgewendheidsituasie van graan en oliesade tans op ’n maandelikse basis. Soos nuwe inligting na vore kom, hetsy dit insetkoste soos kunsmis- of brandstofpryse of die Safex-prys is, word die wins­gewendheidsituasie vir die komende somergraanseisoen beraam om vir produsente en die bedryf dié prentjie te skets.

    ’n Skakel na hierdie inligting verskyn tans op die tuisblad van sagrainmag.co.za. Die inligting is vervat in artikels wat betrekking het op die Noordwes-Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga. Hier kan jy lees oor die beraamde produksiekoste, die nuutste kommo­diteitspryse, insetpryse en brutomargevergelykings.

    Klik hier om die artikels te lees.

    Elke maand word die winsgewendheidsberaming ook in die vorm van ’n barometer weergegee. Met die samestelling van die barometer word daar gepoog om vroegtydig ’n aanduiding van die verskil in winsgewendheid vir die komende seisoen tussen die drie vernaamste somergewasse, naamlik mielies, sonneblom en sojabone, te illustreer.