Agri SA sal aktief deelneem aan alle verdere konsultasieprosesse. Die organisasie is besig om sy skriftelike voorleggings aan die portefeuljekomitee vir openbare werke te finaliseer en sal ook vra vir ’n geleentheid om sy standpunte tydens openbare verhore te stel. Agri SA het sy beswaar teen die konsep van nulvergoeding duidelik uiteengesit asook die moontlike nadelige gevolge daarvan op die ekonomie en voedselsekerheid.
SCAFCO SA bied volledige sleutelklaar silo-oplossings
Ons spesialiseer in die ontwerp, verskaffing en installering van gewaarborgde graansilo’s vir kommersiële en plaasgebruik asook tregterbodem-silo’s, grootmaatvervoertenks, vervoerbande, emmerhysers, belugting- en droogstelsels, staal-loopbrûe en torings. Ons bied verder ’n volledige reeks graanhanterings- en bergingsoplossings insluitend finansiering en die verskuiwing van tweedehandse silo’s.
Vir meer inligting kontak Carel van Heerden by 083 309 8728 of scafco.sa@gmail.com.
Webtuiste: www.scafco.co.za

















