SA Graan July 2020

Hoe vergelyk chemiepryse met internasionale tendense?

Suid-Afrika voer so te sê 100% van die aktiewe bestanddele om landbouchemikalieë mee te formuleer, in. ’n Onlangse verslag van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) toon 41% van die waarde van dié invoer is onkruiddoders, 34% is insekdoders, 17% is swamdoders en 8% is ander middels. Naas landboumasjinerie, kunsmis en veevoer, spandeer Suid-Afrika […]

Koringprys bly wisselvallig

15/06/2020 Die Suid-Afrikaanse koringmark is uitgelewer aan internasionale faktore weens die feit dat Suid-Afrika ’n netto invoerder van koring is. Dit veroorsaak wisselvalligheid in die plaaslike mark wat tot onsekerheid lei. Covid-19-inperkings het ’n definitiewe invloed op die gebruik van graan, alhoewel die presiese impak moeilik is om te bepaal. In die rubriek word ’n […]

Uitdagende toestande vir Wes-Kaap

Met die afskop van die nuwe seisoen was daar hoop in produsente se harte dat die 2020-seisoen ’n normale jaar sou wees. Die laaste vyf jaar het knellende uitdagings gebied, met onder gemiddelde reënval. Hoë insetkoste en min vog hou die graanbedryf in die Wes-Kaap onder druk. Dit dra by tot die voortgesette druk op […]

Satellietdata gee presisie ’n stewige hupstoot

Vandag is presisieboerdery nie meer ’n nuwe konsep nie. Veranderlikepeil-toediening van byvoorbeeld kunsmis of kalk vanaf ’n voorskrifkaart word as algemene praktyk beskou. Laasgenoemde benadering is absoluut noodsaaklik, maar dis net een faset van presisieboerdery. Presisieboerdery word tipies in drie fases opgedeel, naamlik ’n beplannings-, implementerings- en evalueringsfase. Die skryf van voorskrifkaarte en die uitstrooi […]

Beter resultate met laer stikstofpeile

Stikstof (N) word op weidings toegedien om produktiwiteit in suiwelproduksiestelsels te verseker. Ongelukkig is dit ’n duur inset en stikstof kan boonop nadelige gevolge vir die omgewing inhou wanneer dit oormatig gebruik word. Die huidige riglyne en algemene praktyk is om tussen 300 kg en 500 kg N/ha/jaar toe te dien, afhangend van die produksiepotensiaal, […]

Grondversuring en landboukalk – ’n alternatiewe opinie

‘n Begrip van die prosesse wat grond versuur en die bepaling van die onderliggende oorsake wat hierdie prosesse dryf, is essensieel vir die implementering van voorkomende maatreëls om die versuringstempo in grond te verlaag. Die belangrikste prosesse in die grond, wat sure en basisse genereer, vind plaas tydens die biochemiese siklusse van koolstof, stikstof en […]

Groot vraag na dié mikrofyn kalk

Bastion staan na 52 jaar steeds sterk en lewer jaarliks landboukalk van hoë gehalte aan graanprodusente in Sentraal-Suid-Afrika. Ons Britten-aanleg in die Bloemhof/Christiana-area voorsien jaarliks duisende tonne amorfe kalsitiese en dolomitiese landboukalk aan die grootste gedeeltes van die Vrystaat en Noordwes. Bastion het ook in 2019 in ’n gipsaanleg in Britten belê en verskaf nou […]

Exponential increase in acidity a silent threat

The most urgent threat to South Africa’s productive farmlands does not come from wayward politicians – it is the rapidly increasing soil acidity of much of local farmland and subsoils. This silently creeping threat is not only reducing productive land capacity, it is also a major factor reducing crop tolerance to extended dry-spell events. Especially […]

Optimaliseer plantenergie en boer vooruit

Die wenprodusent is die een wat lewer wat die verbruiker van hom verwag – bekostigbare voedsel wat volgens aanvaarbare en volhoubare metodes en gebruike geproduseer is. World Focus Agri se tegnologie en natuurlike oplossings vir gewasproduksie en gevolglike welvaartskepping deur volhoubare landboukundige praktyke is daar om die produsent in hierdie proses te ondersteun. Dit is […]

Goeie resultate met dié polisulfaat

Polisulfaat is ’n multivoedingstof wat in sy natuurlike staat beskikbaar is en wat in Brittanje ontgin word. Dit bevat vier voedingstowwe, alles in sulfaatvorm en beskikbaar vir die plant, naamlik swael (19,2%), kalium (11,6%), magnesium (3,6%) en kalsium (12,2%). Dit het ’n lae soutindeks en lae chloriedinhoud asook ’n neutrale pH. Die natuurlike kristal het […]