Goeie resultate met dié polisulfaat

Elmari Fick, Ekor Kunsmis
Gepubliseer: 9 Julie 2020

1414

Polisulfaat is ’n multivoedingstof wat in sy natuurlike staat beskikbaar is en wat in Brittanje ontgin word. Dit bevat vier voedingstowwe, alles in sulfaatvorm en beskikbaar vir die plant, naamlik swael (19,2%), kalium (11,6%), magnesium (3,6%) en kalsium (12,2%).

Dit het ’n lae soutindeks en lae chloriedinhoud asook ’n neutrale pH. Die natuurlike kristal het ’n unieke oplospatroon wat sy voedingstowwe geleidelik vrystel nadat dit op die grond toegedien is. Die langdurige beskikbaarheid van voedingstowwe verminder die kans van kunsmisverlies. Dit is ’n ideale kunsmis om saam met suiwer stikstof toe te dien. “Ons versak mengsels om in spesifieke bemestingsbehoeftes in die landbou te voorsien,” sê Jaco Fick, produksiebestuurder by Ekor.

Mielies is ’n gewas met ’n relatief hoë vraag na swael, wat nodig is vir gehalteparameters soos die koolhidraat-, stysel- en proteïeninhoud van die mielie. Polisulfaat gaan ook die produsent se graanopbrengs verhoog.

“Dit is die eerste kunsmis waaroor kliënte ons skakel en vertel van hul resultate,” sê Melchior Fick, Ekor se bemarkingsbestuurder.

Die Ekor-bestuurspan is van links Melchior Fick, Elmari Fick (direkteur) en Jaco Fick.