- ALL
- CROP ESTIMATE
- FARM MANAGEMENT
- MARKETS
Ekonomiese aanwysers en prysbewegings in 2025
DIE PRESTASIE VAN DIE EKONOMIE WORD GROOTLIKS BEÏNVLOED DEUR ’N HANDVOL SLEUTELAANWYSERS WAT DIE MARK SE RIGTING AANDUI EN PRODUSENTE SE BESLUITE OOR PRODUKSIE, BELEGGINGS EN RISIKOBESTUUR VORM. In 2025 funksioneer Suid-Afrikaanse graanprodusente in ’n uitdagende en dinamiese omgewing waar prysbewegings nie bloot toevallig plaasvind nie, maar die resultaat is van interaksies tussen vraag en […]
WINTERGRANE: vooruitsigte vir die 2025/2026-seisoen
10/07/2025 DEURSIGTIGE MARKINLIGTING IS DIE HOEKSTEEN VAN ’N VRYEMARKSTELSEL. GELYKE TOEGANG TOT BETROUBARE DATA VERSEKER DAT ALLE MARKDEELNEMERS, VAN PRODUSENTE TOT HANDELAARS, INGELIGTE BESLUITE KAN NEEM. Teen Oktober 2025 het Suid-Afrika se wintergraanbedryf die eerste bemarkingsmaand van die 2025/2026-seisoen betree. Hoewel dit nog vroeg is, bied beskikbare markinligting reeds ’n eerste aanduiding van verwagte vraag- […]
Lesse wat ruilvoet leer oor koopkrag van graangewasse
INFLASIE KNAAG JAAR NA JAAR AAN DIE KOOPKRAG VAN DIE RAND, EN LANDBOU IS GEEN UITSONDERING NIE. INSETTE RAAK DUURDER, KOMMODITEITSPRYSE BEWEEG OP EN AF – EN DIT WORD AL HOE MOEILIKER OM VANDAG SE PRYSE IN PERSPEKTIEF TE PLAAS TEENOOR DIÉ VAN TIEN OF 20 JAAR GELEDE. Een manier om sin te maak van […]
’N BLIK IN DIE TOEKOMS: Hoe lyk graanmarkte in 2034?
08/09/2025 SUID-AFRIKA SE GRAANBEDRYF BETREE ’N DEKADE GEVUL MET GELEENTHEDE ÉN UITDAGINGS. GLOBALE GRAAN- EN OLIESAADMARKTE HET DIE AFGELOPE DEKADE DRAMATIES VERANDER, EN SAL BLY VERANDER OP MANIERE WAT PLAASLIKE PRODUSENTE SE BESLUITNEMING BEÏNVLOED. Met die oog op 2034 sal mielies, sojabone, sonneblom, kanola en koring steeds die ruggraat van Suid-Afrika se graanproduksie bly, maar […]
Chemiese mark: nuwe regulasies, produkpryse en implikasie vir produsente
DIE GEBRUIK VAN CHEMIE IN LANDBOU IS ’N ONMISBARE PILAAR VAN MODERNE VOEDSELPRODUKSIE. DIT STEL PRODUSENTE IN STAAT OM UITDAGINGS SOOS PLAE, SIEKTES EN ONKRUID DOELTREFFEND TE BESTUUR. In Suid-Afrika speel hierdie chemikalieë ’n sleutelrol in die handhawing van volhoubare opbrengste, veral te midde van toenemende ekologiese en ekonomiese druk. Die bedryf ervaar egter tans […]
SOJABONE: die weegskaal van die graanmark
05/08/2025 SOJABOONPRODUKSIE WAS EENS WEGLAATBAAR KLEIN TEENOOR ANDER SOMERGRANE SOOS MIELIES EN SONNEBLOM. HIERDIE OLIESAAD HET EERS REDELIK ONLANGS IN DIE KOLLIG GETREE – NIE NET IN SUID-AFRIKA NIE, MAAR OOK WÊRELDWYD. SOJABONE HET ’N STRATEGIESE GEWAS GEWORD WAT WISSEL TUSSEN PROTEÏENWAARDEKETTINGS, BRANDSTOFPOLITIEK EN VERANDERENDE DIËTE. Hoewel sojabone gereeld die hoofopskrifte in Brasilië, Amerika en […]
Wat is die rede vir LIGGINGSDIFFERENSIALE?
Die hoofrede vir die ontstaan van termyn- of toekomsmarkte, soos Safex (nou CDM) en CBOT, is om risiko vir beide die koper en verkoper te verminder. ’n Produsent wat byvoorbeeld sonder verskansing mielies in November plant, gaan eers in Julie die volgende jaar weet of al sy uitgawes gedek kan word. Terselfdertyd sal ’n koper […]
Produksiebegrotings: riglyne vir die somerreënvalgebied
DIE AANLOOP TOT DIE NUWE PLANTSEISOEN BRING NIE NET BESLUITE OOR KULTIVARKEUSE EN PLANTDATUM (AFHANGEND VAN DIE REËN) MEE NIE, MAAR OOK OOR KOSTE – EN HOE OM WINSGEWEND TE BLY TE MIDDE VAN TOENEMENDE DRUK OP BOERDERYMARGES. In Suid-Afrika se somergewasstreke speel produksiebegrotings ’n belangrike rol in besigheidsbeplanning, veral in ’n tyd waar insetkoste […]
Yellow maize imports – a seasonal adjustment, not a structural shift
07/07/2025 SOUTH AFRICA IS EXPECTED TO IMPORT YELLOW MAIZE AGAIN IN THE 2025/2026 MARKETING SEASON. THIS IS THE SECOND CONSECUTIVE SEASON WHERE IMPORTS ARE REQUIRED. SUPPLY AND DEMAND ESTIMATES INDICATE THAT THIS IS A SHORT-TERM CORRECTION FOLLOWING DROUGHT-INDUCED SUPPLY PRESSURES, AND NOT A STRUCTURAL SHIFT IN DOMESTIC PRODUCTION OR DEMAND. The 2024/2025 production season was […]
Die prentjie agter masjinerie se prysetiket
Die koste en verkope van landboumasjinerie is dikwels ’n aanduiding van breër ekonomiese neigings binne die landbousektor. In die eerste helfte van 2025 het ’n kombinasie van wisselkoersbewegings, gewasvooruitsigte en positiewe marksentiment die masjineriemark op merkwaardige wyses beïnvloed. Landboumasjinerie in Suid-Afrika bevat ’n hoë invoerkomponent – dus speel die wisselkoers ’n deurslaggewende rol in prysskommelinge. […]
SA agriculture in an uncertain global trade environment
Many analysts and observers who have been following global politics have come to a consensus around a few key facts: (a) The Trump administration is seeking to reset the global trading landscape through trade policy interventions that could fundamentally reshape investments, trade patterns, and the global economy as a whole. (b) A consequent retreat of […]
PRYSE VAN KOMMODITEITE DÁN OP HUL HOOGSTE
10/06/2025 GRAANPRYSE VERANDER OP ’N DAAGLIKSE BASIS. PRYSE GAAN OP EN PRYSE GAAN AF, MAAR PRODUSENTE KAN NIE LANGTERMYNBEMARKINGSBESLUITE NEEM GEBASEER OP DAAGLIKSE VERANDERING NIE. DIE PRYSE WORD TOT ’N GROOT MATE BEÏNVLOED DEUR FUNDAMENTELE BEGINSELS, MET ANDER WOORDE, HOEVEEL GRAAN BESKIKBAAR IS OF NIE. Gevolglik speel die stroopproses ’n belangrike rol in die prysvormingsmeganisme. […]
Skatting teenoor werklikheid: NOK-oesdata ontleed
Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) speel ’n sleutelrol in Suid-Afrika se landbou-ekonomie deur geskatte oesgroottes tydens die produksieseisoen bekend te maak. Hierdie skattings beïnvloed belangrike besluite in die landbouwaardeketting – van vraag- en aanbodbepaling tot bemarkingsbesluite. Maar hoe akkuraat is hierdie skattings werklik wanneer dit met die finale, werklike oessyfers vergelyk word? Hierdie artikel ondersoek die […]
Milling and baking: assessing worth values of wheat
The accurate quality assessment of wheat and flour plays a fundamental role in determining its suitability for milling and baking applications. Different analyses provide insight into different quality aspects that describe the quality of this commodity, however, using test results in combination can contribute to an overall accurate quality assessment. For this reason, between 1997 […]
UITVOER VAN ROOIVLEIS: Wat moet in plek wees?
2024 was ’n uitsonderlike jaar wat Suid-Afrikaanse rooivleisuitvoer betref. Tabel 1 dui aan hoe bees- en skaapvleisuitvoer onderskeidelik jaar op jaar met 36% en 84% gestyg het. Uitvoer het gedurende 2024 ongeveer 5% en 11% onderskeidelik van die plaaslike slaggetalle uitgemaak het (gegewe sekere aannames oor gemiddelde karkasgewig). Gegewe die data, kom die vraag onmiddellik […]
’n Praktiese gids tot die JSE HANDELSKALENDER
22/05/2025 IN DIE GRAANMARK KAN TYDSBEREKENING DIE VERSKIL TUSSEN WINS EN VERLIES BETEKEN. OF PRODUSENTE NOU VERSKANS, LEWERING BEPLAN OF MARKSEINE DOPHOU, OM DIE JOHANNESBURGSE AANDELEBEURS (JSE) SE HANDELSKALENDER TE VERSTAAN, IS NIE NET NUTTIG NIE MAAR OOK NOODSAAKLIK. Termynmarkte soos die JSE werk doelgerig met ’n vasgestelde handelskalender: Dit bring orde, deursigtigheid en belyning […]
BRANDSTOF IN FOKUS: rabat en die dieselrekening
DIE PRYS VAN BRANDSTOF, VERAL DIESEL EN OLIE, IS VAN KARDINALE BELANG VIR MENIGE SUID-AFRIKAANSE VERBRUIKER EN BESIGHEID – VAN PRODUSENTE WAT HUL TREKKERS MOET VOLMAAK TOT LOGISTIEKE MAATSKAPPYE WAT VRAG OOR DIE LAND HEEN VERVOER. Hierdie artikel ondersoek die faktore wat die prys van diesel en olie beïnvloed, met spesifieke fokus op hoe groothandelpryse […]
Wat om te verwag van markte in die nuwe seisoen
24/03/2025 TUSSEN NOVEMBER EN DIE EINDE VAN FEBRUARIE WANNEER DIE EERSTE NASIONALE PRODUKSIESKATTING VAN DIE NASIONALE OESSKATTINGSKOMITEE (NOK) VRYGESTEL WORD, IS DAAR HEELWAT ONSEKERHEID IN SUID-AFRIKA SE GRAANMARKTE. ONSEKERHEID IN MARKTE LEI DIKWELS TOT ’N GROOT MATE VAN WISSELVALLIGHEID EN GEVOLGLIKE GROOT PRYSBEWEGINGS. Die vraag- en aanbodstaat speel ’n uiters belangrike rol in die fundamentele […]
KUNSMIS: Voed die grond, maar breek die bank?
KUNSMIS IS ’N DEURSLAGGEWENDE INSET VIR LANDBOUPRODUKSIE EN SPEEL ’N BEDUIDENDE ROL IN DIE BEPALING VAN WINSGEWENDHEID VAN VERAL GRAANPRODUSENTE. MET WISSELENDE PRYSE EN MARKTOESTANDE IS DIT NOODSAAKLIK VIR PRODUSENTE OM INGELIGTE BESLUITE TE NEEM RAKENDE KUNSMISAANKOPE. Hierdie artikel ondersoek die persentasie wat kunsmis tot totale insetkoste bydra, vergelyk plaaslike en internasionale pryse, bespreek die […]
The A to Z of the diesel rebate
Since the year 2000, the South African government has implemented a diesel rebate system for primary producers to ease the financial burden of high fuel costs. Administered by the South African Revenue Service (SARS), eligible businesses can reclaim part of the general fuel levy and the Road Accident Fund (RAF) levy paid. This rebate primarily […]
SOJABOON-DIFFERENSIAAL: Hoe presteer die alternatiewe model?
31/01/2025 Die graanbedryf is besig om getransformeer te word. Dit volg nadat die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) in 2024 begin het om ’n innoverende alternatiewe liggingsdifferensiaalstelsel vir sojaboonkontrakte te toets. Hierdie loodsprogram, wat van Maart 2024 tot Februarie 2026 strek, het ten doel om ’n meer deursigtige en realistiese markstruktuur te skep. Dit is uiters belangrik […]
2025-SAADPRYSE VIR WINTERGRAAN
Saad bly een van ’n produsent se heel belangrikste insette, alhoewel die prys nie so beduidend soos die van ander insette is nie. Die genetiese potensiaal van ’n kultivar bepaal uiteindelik die potensiële produksie en winsgewendheid van ’n wintergraanprodusent en is daarom die beginpunt om ’n suksesvolle oes te vestig. Vandat die teling-en-tegnologieheffing op koring […]
Proaktiewe maatreëls kan impak VAN HOËR DIESELPRYSE VERSAG
Gedurende die 2024-produksieseisoen moes Suid-Afrikaanse produsente besonder uitdagende toestande trotseer. Stygende dieselkoste het beklemtoon dat brandstof nie net trekkers en besproeiingstelsels aandryf nie, maar ook die landbou-ekonomie van Suid-Afrika onderhou. Inisiatiewe soos die dieselkorting speel ’n beduidende rol om die druk op produsente te verlig en produksiekoste te verlaag. Die skerp styging in dieselpryse benadruk […]
PRODUSENTEGIDS: kanolasaadpryse vir 2025
Die Suid-Afrikaanse kanolabedryf het ’n betekenisvolle mylpaal bereik met die 2023-produksieseisoen wat ’n rekord-oes van 294 000 ton opgelewer het; ’n toename van 25% vanaf die vorige jaar. Kanola-opbrengs toon ook belowende groei. Wanneer daar na die 2024-seisoen gekyk word, blyk dit dat die toename in produksie volgehou word. Volgens die vyfde oesskatting word kanola-aanplantings […]
Só het KANOLAKULTIVARS in 2024 presteer
In 2024 is proewe by vyf lokaliteite in die Swartland en Suid-Kaap aangeplant. By Langgewens- en Tygerhoek-navorsingsplase is twee saaidatumproewe en ’n eliteproef ingesluit. Altesaam 18 kultivars is getoets: drie konvensionele, agt Cl- (Clearfield, imasamoks-tolerant), vyf TT- (triasien-tolerant) en twee kombinasietipe kultivars (Defender CT en PY520 TC). Vier nuwe kultivars is getoets – almal basterkultivars. […]
HOE EFFEKTIEF IS DIE teling-en-tegnologieheffing op sojabone?
Tydens Graan SA se Kongres in Maart 2024 is besluit om voort te gaan met die teling-en-tegnologieheffing, oftewel die SACTA-heffing soos die meeste mense dit ken. Dié heffing het einde Februarie 2024 sy sesde bestaansjaar bereik. Sojaboonprodusente het tydens Kongres besluit om dit met drie jaar te verleng, met die voorwaarde dat ’n duidelike stel […]
Verstaan Goss-verwelksiekte se impak op mielieproduksie
4 Februarie 2025 – Goss-verwelksiekte is ’n uitdaging vir Suid-Afrikaanse mielieprodusente wat die afgelope seisoen kop uitgesteek het. Dit word veroorsaak deur die bakterie Clavibacter michiganensis subsp. nebraskensis, wat hoofsaaklik mielies en sekere grasse affekteer, insluitend sorghum, foxtail-spesies en verwante gewasse. Dit is nie bekend dat die bakterie groente besmet nie, aangesien sy gasheerreeks spesifiek […]
Understanding Goss’s wilt and its impact on maize production
4 February 2025 – Goss’s wilt is an emerging challenge for South African maize producers, caused by the bacterium Clavibacter michiganensis subsp. Nebraskensis, which primarily affects maize and certain grasses, including sorghum, foxtail species, and related crops. It is not known to infect vegetables, as its host range is specific to cereal and grass species. […]
Ekonomiese wonde kan vanjaar verdiep
13/01/2025 Die wêreldekonomie word toenemend deur intense politieke en ekonomiese konflikte getref, en die skeiding tussen die wêreld se groot ekonomiese moondhede verdiep. Baie makro-ekonome waarsku dat die era van globalisering besig is om te kwyn, wat plek maak vir ’n nuwe era van ’n “duopolie” waar twee dominante blokke die ekonomiese landskap beheer. Aan […]
Ekonomiese aanwysers en prysbewegings in 2024
2024 se ekonomiese landskap is gekenmerk deur voortdurende skommelinge in sleutelaanwysers wat ’n direkte impak het op die landbousektor en breër ekonomie. Van produksie- en verbruikersprysindekse tot wisselkoerse, rentekoerse en internasionale ruoliepryse – al hierdie faktore speel ’n rol in die bepaling van produksiekoste en winsgewendheid. Brandstof- en kunsmispryse sowel as saad- en trekkerkoste beïnvloed […]
Hoeveel dra produsente by tot VERBRUIKERSPRYSE?
14/11/2024 In die wêreldekonomie word die rakprys van huishoudelike goedere soos sonneblomolie, brood en mieliemeel beïnvloed deur ’n komplekse web van faktore – wisselkoerse, produksiekoste, vervoer, arbeid, energiekoste en markaanvraag. As die primêre bron van sleutelbestanddele vir hierdie produkte, soos koring vir brood en sonneblomsaad vir olie, word die fluktuasies in produkpryse gereeld aan graanprodusente […]
Hoe beïnvloed uiterste WEERVERSKYNSELS globale graanmarkte?
5 Junie 2024 – Hittegolwe, droogte, vloede, orkane, rukwinde, haelstorms, sneeu. Hierdie is maar net ’n paar woorde wat gebruik kan word om globale weerstoestande in die eerste helfte van 2024 te beskryf. Wêreldwyd word gemeenskappe deur ongekende uiterste weersomstandighede geaffekteer. Die vraag ontstaan hoe dit die wêreld se graanmarkte beïnvloed. Figuur 1 bied ’n […]
Bestuur die graanmarkte: ’n gids tot instrumente en strategieë
12 Februarie 2024 – Deel 1 In die dinamiese wêreld van landbou is doeltreffende bestuur in die graanmarkte uiters belangrik vir produsente om nie net risiko’s te versag nie, maar ook om opbrengste te optimaliseer. Hierdie artikel is die eerste in ’n reeks wat delf in die veelsydige gebied van graanmarkte. Dit bied ’n gids […]
OESSKATTING: deelname belangrik vir akkurate data
1 Maart 2024 – Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) is saamgestel uit verteenwoordigers van die nasionale Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling (DALRRD), provinsiale landboudepartemente, die onderskeie landbounavorsingsinstitute van die Landbounavorsingsraad (LNR), die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) en Statistieke SA. Hierdie verteenwoordigers het geen gevestigde belange by die oesskattings nie en tree totaal […]
Protokolle vir uitvoer na China
4 September 2023 – Om te kom by die uitvoer van Suid-Afrikaanse mielies na China was ’n lang pad. In 2014, na die proses al etlike jare vantevore begin is, is die uitvoerprotokol tussen die twee regerings onderteken. Dit het Suid-Afrika in ’n posisie geplaas om mielies na China uit te voer. Suid-Afrika het egter […]








































