SA Grain May 2019

  • All
  • HOOFARTIKELS
  • KOLLIG - VEE WAPENS & JAG
  • KOLLIG - VELD VUURVEILIGHEID
  • MINI FOKUS - GELDSAANGELEENTHEDE EN FINANSIËLE DIENSTE
  • OP PLAASVLAK
  • REDAKSIE
  • RELEVANTE
  • Rubrieke

Kan ons koringopbrengs verhoog?

Wanneer laas het jy gehoor dat iemand sê hy was tevrede met sy koringoes? Dit is nie dat koring nie ’n winsgewende gewas is nie – nee, die opbrengs is net te min. Maar hoe nou gemaak? Jy het dan alreeds die beste kultivars wat op die mark beskikbaar is, geplant, maar dis steeds nie […]

Koringkultivarontwikkeling wys die weg na winsgewendheid

Die kortste paadjie is nie altyd die beste paadjie nie. Die effek van omgewing, uitgedruk as vogbeskikbaarheid tydens kritieke groeiperiodes, is deurslaggewend vir optimale winsgewendheid. Omgewing word deur klimaatsfaktore sowel as produksiepraktyke gedefinieer. Die reusekoringgenoom bevat unieke genetiese permutasies wat aanpasbaarheid onder uiteenlopende produksiestreke en praktyke regoor die wêreld verseker. Koringtelers moet hierdie effek van […]

Werk gewasrotasie regtig om die onkruidsaadbank te bestuur?

Gewasverbouing oor die dekades heen het beweeg na produksiestelsels wat daarin gespesialiseer het om ’n klein aantal gewasse op groot skaal te verbou. In die meeste gevalle is die gewasverbouing en die diereproduksie van mekaar geskei. Dit is ondersteun deur hoë-opbrengskultivars in die graangewasse, sintetiese kunsmis, pesbeheer en gespesialiseerde masjinerie. Die langtermynuitwerking van hierdie “groen […]

Onkruiddoderweerstand in die Wes-Kaap is nie ’n mite nie

Volhoubaarheid is deesdae ’n gonswoord wat in baie aspekte van die moderne samelewing gebruik word – die landbou is geen uitsondering nie. Daar is baie definisies van volhoubaarheid, afhangend vanuit watter hoek ’n mens daarna kyk. In kort beteken volhoubaarheid ’n sosio-ekologiese proses wat gekenmerk word deur die nastreef van ’n gemeenskaplike ideaal of doelwit. […]

Die beheer van winteronkruide deur skoonspuittoedienings

Winteronkruide is ’n groot probleem. Dit gebruik die beperkte vog wat daar is en as dit uitgegroei is, is chemiese beheer nie baie doeltreffend nie. Voordat die verskillende onkruiddoders wat vir breedwerpige na-opkoms-, voor-plantonkruidbeheer gebruik kan word, moet daar eers gekyk word na die verskillende moontlike beheerstrategieë. Wêreldwyd word die term skoonspuit (burndown) gebruik waar […]

Glifosaat: Ankerproduk in gewasbeskerming

Glifosaat is al vir meer as ’n halfeeu in die landbou en tuinbou beskikbaar en word jaarliks wêreldwyd gebruik vir algemene onkruidbeheer. Dit is ’n glisiensuurmolekule wat deur plante se bogrondse dele opgeneem word en sistemies deur die plant versprei. Glifosaat is nie selektief nie en sal die meeste monokotiele (grassoorte) en dikotiele (breëblaarplante) aantas […]

Crop rotation as management strategy against maize root and crown rots

Root rot and crown rot infections are the least understood diseases of maize, mostly due to the fact that these rots are a result of a disease complex which is continually changing. Changes in the complex are usually due to numerous factors such as: Pathogen precursors in the complex, soil environmental conditions, maize plant resistance […]

Teling-en-tegnologieheffing op sojabone: Algemene vrae en antwoorde

Waarom ’n heffing op sojabone? Vir baie lank het plaaslike sojaboonprodusente nie toegang gehad tot die nuutste GMO-tegnologie en genetika nie. Dit sal na dese verander, aangesien die sojaboonbedryf nou ’n stelsel ontwikkel het om die eienaars van nuwe genetika en tegnologie te vergoed. Waarom het die probleem ontstaan? Dit is wettig dat produsente ’n […]

Oorsig van 2018 se garsoes in Suid-Afrika

Die 2018-garsseisoen is gekenmerk deur radikale weersomstandighede. In dele van die droëlandproduksiegebied het die seisoen goed begin, maar in ander areas moes produsente steeds noodgedwonge gars in die droë grond plant om binne die optimale planttydperk te bly. Die reënval was minder as die langtermyngemiddeld vir die area, maar dit het mooi op die regte […]

Argentina: Greater emphasis on soil health, crop diversification and technology

No-tillage adoption led to the intensification of cropping systems across the Argentine Pampas. In conjunction with newly introduced agronomic practices, no-tillage resulted in more stable crop yields and significantly lower levels of soil erosion and degradation. The next major challenge was to restore fertility levels and the natural functioning of the soils, as several decades […]

Herlewingslandbou – ons boer met grond

Landbouweekblad, in vennootskap met Graan SA, die Mielietrust en die Riemland-studiegroep, het op 11 en 12 Maart ook ’n herlewingslandboukonferensie op Reitz in die Vrystaat aangebied. Bykans 500 produsente en ander belanghebbendes het die konferensie bygewoon wat in gietende reën begin het. Verskeie kundiges van regoor die wêreld sowel as plaaslike herlewingslandbouprodusente het hul kennis […]

Groei sal ons groei

Vanaf ’n lappie besproeiingsgrond van 12,2 ha in 1985 tot vandag se 900 ha onder spilpunt en 5 800 ha veld onder beeste. Die Wilkense van die Wilgro-boerdery buite Middelburg in die Oos-Kaap se deursettingsvermoë ken klaarblyklik nie einde nie. Hul storie is ook een van woeker. Miskien sê hul maatskappy se naam so iets […]

Die rand se negatiewe effek op plaaslike kunsmispryse

In hierdie artikel word gefokus op internasionale kunsmisprystendense en hoe dit deursyfer na die plaaslike kunsmismark. Omdat so ’n groot hoeveelheid van Suid-Afrika se kunsmisbehoeftes ingevoer word (meer as 80%), het internasionale pryse en die wisselkoers ’n geweldige impak op die vorming van plaaslike pryse. Die tydsberekening van wanneer invoere plaasvind en die wisselkoers wat […]

18|04|2019
Nuwe seisoen se mielievoorraad: Wat kan verwag word?

Suid-Afrika se nuwe produksieseisoen is volstoom aan die gang en die stroopproses van die verskillende somergrane het reeds in gedeeltes van die land begin. Die 2019/2020-seisoen sal weer eens onthou word vir die unieke weersomstandighede wat geheers het sedert die aanplantings begin het tot en met strooptyd. Die seisoen het aanvanklik baie wankelrig begin met […]

Wees paraat teen die rooi gevaar wat alles verteer

Vuur veroorsaak jaarliks baie skade en beserings. Heelwat van hierdie beserings en skade kan voorkom word as daar net van die begin af korrek opgetree word. Veldvuurreaksieplan Waaksaamheid is die belangrikste aspek wat skade en verlies voorkom. Dit is van kritieke belang vir ’n brandvereniging dat lede enige rook of brand onmiddellik rapporteer as hulle […]

Ons storie móét ’n verskil maak

Groot dele van Suid-Afrika word jaarliks deur wegholveldbrande geteister. Dit is juis die onvoorspelbare aard daarvan wat dit so gevaarlik maak. Met die wintermaande en “brandseisoen” wat nog voorlê, is dit belangrik vir produsente om voorkomend op te tree. Brande vernietig meer as eiendom Mnr Dieter en me Riana Terblanche van die Reitz-distrik kan getuig […]

Waar laat dalings in die reële waarde van die oes die mielieprodusent?

Wanneer daar na die vooruitskatting vir mieliepryse wêreldwyd gekyk word, lyk dit asof die verwagting is dat pryse nie werklik gaan styg in die volgende vyf tot tien jaar nie – hoewel dieselfde vooruitskattings baie positief is dat volumes steeds gaan aanhou styg soos die vraag na proteïene aanhou klim. As mielieprodusente dan nie op […]

Om te weet deur te meet, is nie
meer genoeg nie

‘n Produsent is deesdae nie net meer ’n persoon wat ’n aantal kommoditeite verbou nie. Hy het vandag heelwat meer ysters in die vuur en omstandighede wat soms ingewikkeld en landbou-onvriendelik is, vergemaklik glad nie die situasie nie. Die produsent moet ten alle tye (goed of swak) ’n finansiële bestuurder van sy onderneming wees. Hy […]

Wees voorbereid en bestuur self jou finansiële krisis

Weens die skommelende klimaat waarin produsente in Suid-Afrika boer, is misoeste nie ongewoon nie. Die betaal van belasting is ook ’n werklikheid: Onthou net om alles binne die wet te gebruik om die bedrag so klein as moontlik te maak. Finansies gaan altyd gepaard met spanning. Gaan dit sleg, moet die moeilike tye wat voorlê, […]

Bek-en-klouseer se invloed op
die mark bekyk

Bek-en-klouseer was nog altyd endemies in Suid-Afrika – die eerste geval van die siekte is reeds in 1892 in Griekwaland-Wes aangemeld. Daarna het ’n bek-en-klouseeruitbreking in 1903 in die Kaapse Skiereiland voorgekom toe melkbeeste van Argentinië ingevoer is. Die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) het in 1996 ’n versoek van Suid-Afrika toegestaan om as ’n […]

Wisselbou kan gewasproduksiese wins verhoog

Gewasrotasie is ’n aspek wat dikwels bespreek word en waarvan die eindresultaat nog steeds nie duidelik is nie. Op vele plase word die wisselbou-effek onderbenut om risiko’s te verminder en finansiële voordeel te trek. Verskeie alternatiewe en rotasiestelsels kan gevolg word en elk het hul eie voordele en soms ook nadele. Gegewe die fokus op […]

With teamwork great things are achieved

‘My mentor said, “Let’s go do it!” – not you go do it, but let us do it. How powerful when someone says, “Let’s!”’ These words spoken by the successful American entrepreneur and motivational speaker, Jim Rohn, sum up how Mr Sinelizwi Fakade (28), Grain SA provincial co-ordinator in the Eastern Cape, approaches mentorship. Since […]

Die pypvanger

Beste Grootneef Soms word maklike keuses moeilik gemaak. Die “prez” se onlangse rit op ’n oorvol voorstedelike trein wat met beurtkrag vasgeval het, het gewys hoe moeilik ’n maklike keuse soms kan wees. Want so hou die goewerment die SAL in die lug, terwyl werkers daagliks sukkel om met lendelam treine by die werk te […]

Ter Sake

Privaatsektorplan vir ekonomiese groei aanvaar

Ek het einde verlede jaar betrokke geraak by die Public Private Growth Initiative (PPGI) wat namens die sakeleiers van ons land met die presidensie begin skakel het om ekonomiese groei weer aan die gang te kry. Daar was ’n verrassende gemoedelike atmosfeer van samewerking wat ek selde tevore al beleef het. Dít na ’n jaar […]

Irrigation wheat breeding – from cross to cultivar

With South Africa importing approximately 50% of its annual wheat requirement, it has become increasingly important for producers to produce more wheat and for breeders to equip producers with high yielding wheat cultivars. The ARC-Small Grain has always strived to provide producers with high yielding cultivars that they can rely on. Breeding for a new […]

Temperatuur se effek op koring se opbrengspotensiaal

Koring is ’n koelweergewas. Die warm produksiegebiede onder besproeiing noord van die Magaliesberg (die Krokodilrivierkom, die Loskopskemagebied en die besproeiingsgebiede in Limpopo) het nie die ideale klimaat vir hoë koringopbrengste nie. Die koel produksiegebiede van die Noordwes Provinsie, die Vrystaat en die Noord-Kaapse besproeiingsgebied het ’n veel hoër opbrengspotensiaal as die warm produksiegebiede. Die vraag […]

Germplasm development showcase opens eyes

Towards the end of 2018, the germplasm development research team based at ARC-Small Grain in Bethlehem, tried something fresh and new to revitalise the relationship with its vitally important industry stakeholders. A selected number of annual, national pre-breeding trials planted on the ARC-Small Grain farm were showcased. Invitations were sent out via email directly to […]