OFM NAMPO Park Kersmark – aansoek vir stalletjies nou oop

Gepubliseer: 22 Julie 2021

2962

Graan SA het besluit om vanjaar voort te gaan met reëlings vir sy OFM NAMPO Park Kersmark wat beplan word vanaf 24 – 27 November 2021 op NAMPO Park buite Bothaville.

Elke NAMPO-uitstaller wat voel hulle kan ’n bydrae tot die gewilde OFM NAMPO Park Kersmark lewer en wil uitstal, kan Wim Venter by die NAMPO-kantoor kontak vir meer inligting en besonderhede. Wim Venter, e-pos: wim@grainsa.co.za.

Standplaasfooie beloop slegs R2 500 plus BTW vir ’n binne of buite standplaas, vir die vier dae van die mark. Geen kommissie word op verkope gehef nie. Die NAMPO-administrasie beplan om die NAMPO Park Kersmark vanjaar uit te brei en ook uitstallers van buitelewe produkte, motors, toebehore, meubels, asook produkte vir mans by die uitstallings in te sluit.

OFM sal vanjaar die amptelike mediavennoot wees van die OFM NAMPO Park Kersmark. Hierdie vennootskap sal meer blootstelling gee aan die mark.

Die verrigtinge sal onderhewig wees aan Covid-19-regulasies en -inperkings.