Beheer van onkruide in mielies en koring – Deel 7: Withondebossie (White goosefoot)

4049
Jong withondebossie.
Volwasse plant en groenhondebossie (inlas).
Blom-are en blinkswart sade (inlas).
Wit wollerige skynsel en rooi-pers stingels.

Wetenskaplike naam: Chenopodium album
Afrikaanse naam: Withondebossie, bloubossie, hondepisbossie,
seepbossie of varkbossie
Engelse naam: White goosefoot, fat hen, wild spinach

Kort beskrywing

Hondebossie is ‘n eenjarige, veelvertakte, regop kruid wat tot 1,5 m hoog kan groei. Hierdie onkruid het stewige penwortels en die stingel is gerib, groen-gelerig, dikwels rooierig gestreep en haarloos.

Die blare is enkelvoudig, afwisselend gerangskik en varieer van lanset- tot eiervormig. Blaarrande kan wissel van glad tot onreëlmatig getande rande. Blare is gewoonlik donkergroen aan die bokant en melerig-wit aan die onderkant.

Saailinge kan ook “wollerig” vertoon as gevolg van die wit verkleuring op die jong blare. Blare kan tot 5 cm lank en 3 cm breed wees. Hondebossie se blomme is groen, in digte eindstandige en okselstandige pluime, sonder ‘n kroon, met vyf gekielde kelkblare. Die sade is lensvormig, blinkswart en tot 1,5 mm in deursnee.

Verspreiding

Daar word ook algemeen na die onkruid as “morog” of misbredie verwys, maar dit moenie verwar word met Amaranthus-spesies wat ook eetbaar is nie. Dit kom wydverspreid in Suid-Afrika voor, is rypbestand en kom algemeen voor in wintergewasse.

Beheer

Bewerking
Withondebossie kan beheer word deur middel van ‘n vlak bewerking in die saailingstadium.

Chemies
Die doeltreffendste manier van beheer is deur middel van onkruiddoders. Verskeie onkruiddoders is geregistreer vir die beheer van withondebossie in mielies en koring (Tabel 1 en Tabel 2). Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk se etiket. Groenhondebossie is ook ‘n Chenopodium spp. (C. carinatum) en alhoewel meeste onkruiddoders in Tabel 1 en 2 ook groenhondebossie kan beheer, moet produsente steeds seker maak watter Chenopodium spp. op elke produk se etiket aangedui word. Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom. Alle onkruiddoders wat geregistreer is vir die beheer van onkruide, is saamgevat in die publikasie A guide to the chemical control of weeds in South Africa. A CropLife South Africa Compendium.

TABEL 1: Breëblaar-onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van withondebossie.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter Voor-opkomstoediening vyf tot ses dae na plant
Na-opkoms wanneer gewas 30 cm hoog is anders gebruik val-arms vir gerigte bespuitings
2,4-D/dicamba 240/80 g/liter Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vyf- tot sesblaar-stadium
acetochlor/atrasien/simasien 160/165/165 g/liter Voor-opkoms tydens of net na plant
acetochlor/atrasien/terbuthylazine 125/187,5/87,5 g/liter

150/225/225 g/liter

178,6/160,7/160,7 g/liter

200/150/150 g/liter

250/225/225 g/liter

350/175/175 g/liter

Voor-opkoms met-plant of binne drie dae na plant

Vroeg na-opkoms – nie later as vierblaar-stadium van onkruid

alachlor/atrasien 336/144 g/litre Voor-opkoms, met-plant of binne twee dae na plant. Sommige produkte kan nie op sandgrond met 16% klei en laer gebruik word nie
atrasien 500 g/liter

900 g/kg

Voor-opkoms op goed voorbereide saadbed
Vroeg na-opkoms, tweeblaar-stadium van onkruid
atrasien/cyanazine 167/333 g/liter

250/250 g/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms
atrasien/mesotrione/s-metolachoor 208,5/26,8/208,5 g/liter Voor-opkomstoediening
atrasien/metazachloor/terbuthylazine 210/60/210 g/liter Voor-opkoms, binne drie dae na plant Kan opgevolg word met vroeg na-opkomsbespuiting
atrasien/metolachlor 300/300 g/liter Voor-opkomstoediening binne drie dae na plant
atrasien/metazachloor/terbuthylazine 174/252/174 g/liter

262,5/175/262,5 g/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms voor breëblaar-onkruid vierblaar-stadium bereik het
atrasien/s-metolachoor 370/290 g/liter Voor-opkomstoediening net na plant
atrasien/s-metolachoor/terbuthylazine 248,6/102,8/248,6 g/liter Voor-opkomstoediening
atrasien/sulcotrione 300/125 g/liter Voor- of na-opkoms toegedien
atrasien/terbuthylazine 250/250 g/liter

270/270 g/liter

300/300 g/liter

450/450 g/kg

Voor-opkoms of na-opkoms voor vierblaar-stadium van onkruid
atrasien/terbutryn 250/250 g/liter Voor-opkoms tydens plant of kort na plant
bendioxide 480 g/liter Na-opkomstoediening
bromoxynil 225 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Na-opkoms van onkruid tussen die vier- tot sesblaar-stadium
bromoxynil/terbuthylazine 150/333 g/liter Na-opkomstoediening
dicamba 480 g/liter

700 g/kg

Na-opkoms tot gewas 30 cm hoog is
dicamba/topramezone 160/50 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrasien of atrasien/terbuthylazine
EPTC 720 g/liter Voor-plant, ingewerk in grond. Raadpleeg etiket
MCPA 700 g/kg

400 g/liter

Voor-opkoms binne vyf tot ses dae na plant

Na-opkoms tot gewas 30 cm hoog is

mesotrione 480 g/liter Voor- of na-opkoms. Gebruik slegs in tenkmengsel van atrasien, atrasien/terbuthylazine, of s-metolachoor
mesotrione/s-metolachoor 83,3/416,7 g/liter Voor-opkomstoediening
s-metolachlor/terbuthylazine 102,8/497,2 g/liter Voor-opkomstoediening
metribusien 480 g/liter Na-opkoms tussen die vier- tot sesblaar-stadium van onkruid in tenkmengsel met 2,4-D of bromoxynil
terbuthylazine 500 g/liter Na-opkomstoediening saam met 2,4-D/dicamba
topramezone 336 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrasien of atrasien/terbuthylazine

Nota: Sekere grasonkruiddoders, soos acetochlor, s-metolachoor, alachlor en s-dimethenamid kan ook voor-opkoms gespuit word vir beheer van withondebossie in mielies.
Glifosaat kan na-opkoms gespuit word waar onkruiddoder-tolerante mielies geplant is.

 

TABEL 2: Breëblaar-onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van withondebossie.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter

500 g/liter

Dien toe tussen groeistadium sewe tot 13 van die koring
Slegs in somerreënvalstreke (nie KwaZulu-Natal nie)
bendioxide 480 g/liter Dien toe op jong, aktief-groeiende onkruide
bromoxynil 225 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Onkruide moet ten volle ontkiem wees, nie ouer as sesblaar-stadium

Dien toe wanneer gewas tussen drieblaar- en einde van stoelstadium is

Onkruide moet ten volle ontkiem wees, nie ouer as sesblaar-stadium

Koring moet tussen drieblaar- en einde van booting-stadium wees

bromoxynil/pyrasulfotole 210/37,5 g/liter Slegs in winterreënvalstreke, tussen vier- tot sesblaar-stadium
carfentrazone-ethyl/

metsulfuron-methyl

400/100 g/kg Wes-, Suid- en Oos-Kaap, koring in drie- tot vyfblaar-stadium
chlorsulfuron 750 g/kg Koring in twee- tot vyfblaar-stadium
chlorsulfuron/metsulfuroon-metiel/tribenuron-methyl 119/79/222 g/kg Wes-, Suid- en Oos-Kaap, koring in vier- tot sesblaar-stadium
dicamba 700 g/kg Slegs in tenkmengsel met Enhancer (10 g – 12 g) + Reaper (10 g) + hulpmiddel
diflufenican 500 g/liter Slegs in winterreënvalstreke, koringplante moet goed gevestig wees, lees etiket
florasulam/flumetsulam 75/100 g/liter Slegs in winterreënvalstreke. Dien toe tussen tweeblaar en voor einde van halmvorming van koring, wanneer onkruide saailinge is
iodosulfuron-methylsodium/

mefenpir-dietiel

50/150 g/kg Slegs in winterreënvalstreke, tot vierblaar-stadium van die onkruid of 3 cm lank
iodosulfuron-methylsodium/metsulfuron-
methyl/mefenpir-dietiel
30/30/90 g/kg Slegs in winterreënvalstreke, tot vierblaar-stadium van die onkruid of 3 cm lank
MCPA 400 g/liter

700 g/kg

Dien toe tussen groeistadium sewe tot 13 van die koring.

Hoofsaaklik eenjarige breëblaar-onkruide in droëland-koring

metsulfuroon-metiel/

thifensulfuroon-metiel

68/680 g/kg Dien toe voor vier- tot vyfblaar-stadium van onkruid
metsulfuron-metiel/tribenuron-metiel 80/300 g/kg

120/600 g/kg

Wes- en Suid-Kaap, koring in vier- tot sesblaar-stadium
Slegs in tenkmengsel met 2,4-D Ester of Voloxynil B 225 EC
metsulfuroon-metiel 200 g/kg

500 g/kg

600 g/kg

Slegs in winterreënvalstreke, koring in drie- tot vyfblaar-stadium
prosulfuron 750 g/kg Dien toe voor vier- tot vyfblaar-stadium van onkruid
pyraflufen-ethyl 20 g/liter Slegs in winterreënvalstreke, dien toe as tenkmengsel by twee- tot vierblaarstadium van die onkruid
Dien toe in tenkmengsel met MCPA en bromoxynil
thifensulfuron-methyl 750 g/kg Wes-, Suid- en Oos-Kaap, Slegs in tenkmengsel met Enhancer plus hulpmiddel, koring in twee- tot vyfblaar-stadium, nie later as vier weke na onkruidopkoms nie
triasulfuron 750 g/kg Wes- en Oos-Kaap, dien toe tydens plant
tribenuron-methyl 750 g/kg Slegs in winterreënvalstreke en besproeiingskoring in somerreënvalstreke, koring in drie- tot vyfblaar-stadium
trifluralin 480 g/liter Gebruik slegs in geplante lande, lees etiket

 

Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).