Beheer van onkruide in mielies en koring – Deel 4: Dubbeltjie (Devil’s thorn)

2919
‘n Jong, aktief groeiende saailing.
Volwasse dubbeltjie.
Saadvrugte.
Bloeiwyse en vorming van die saadvrug.

 

Wetenskaplike naam: Tribulus terrestris
Afrikaanse naam: Dubbeltjie, platdubbeltjie, volstruisdoring
Engelse naam: Common dubbeltjie, Devil’s thorn, burnut

Kort beskrywing

Dubbeltjies is ‘n lastige eenjarige, inheemse, plat-groeiende onkruid wat horisontaal kan versprei tot 1 m in deursnee.

Die onkruid vertak maklik en het ‘n stewige, diep penwortelstelsel. Vertakte stingels is bruin-groen en behaard met kenmerkende enkelveervormige saamgestelde blare waarvan een paar altyd korter is as die teenoorstaande paar.

Blare vertoon helder blinkgroen aan die bokant. Weens die teenwoordigheid van fyn haartjies vertoon die onderkant dofgroen tot wit. Heldergeel blommetjies met ‘n deursnit van ongeveer 1 cm word enkel gedra op ‘n steeltjie.

Jong vrugte waarin saad voorkom, is groen en vlesig, maar word houtagtig met twee lang en twee korter stekels. Saadvrugte se stekels is baie skerp en haak aan diere se wol, pels en pote asook aan skoensole en trekkerbande en word sodoende versprei.

Dubbeltjies plant slegs met saad voor. Verlepte dubbeltjies (warm, droë toestande) kan giftig wees vir skape en sogenaamde geeldikkopsiekte veroorsaak.

Verspreiding

Dubbeltjies kom regoor Suid-Afrika voor, maar is veral in die westelike dele van die Noordwes Provinsie ‘n groot probleem op sanderige grond en kan ‘n sterk mededinger vir vog wees. Dubbeltjie-saad het die vermoë om onder baie droë toestande steeds suksesvol te ontkiem en groei.

Beheer

Bewerking
Weens die prominente penwortelstelsel kan dubbeltjies maklik meganies beheer word deur die penwortel onder die grond af te sny.

Chemies
Voor-opkoms onkruiddoders gee wisselvallige beheer waar dubbeltjies ‘n ernstige probleem is (hoë  infestasievlakke). Genoegsame grondvog is nodig om die voor-opkoms onkruiddoders in die grond te aktiveer en effektiewe beheer te verskaf.

TABEL 1: Onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van dubbeltjie.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter Slegs na-opkoms wanneer gewas 30 cm hoog is, anders moet val-arms gebruik word vir gerigte bespuitings
2,4-D/dicamba 240/80 g/liter Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vyf- tot sesblaar-stadium
acetochlor/atrasien/simasien 160/165/165 g/liter Voor-opkoms tydens of net na plant
acetochlor/atrasien/terbuthylazine 125/187,5/87,5 g/liter Voor-opkoms met plant of binne drie dae na plant
acetochlor/atrasien/terbuthylazine (met en sonder beveiliger) 150/225/225 g/liter

200/150/150 g/liter

250/225/225 g/liter

350/175/175 g/liter

Vroeg na-opkoms nie later as vierblaar-stadium van onkruid
atrasien 500 g/liter Voor-opkoms op goed voorbereide saadbed.
Vroeg na-opkoms, tweeblaar-stadium van onkruid
atrasien/cyanazine 167/333 g/liter

250/250 g/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms
atrasien/mesotrione/s-metolachoor 208,5/26,8/208,5 g/liter Voor-opkomstoediening
atrasien/metazachloor/terbuthylazine 210/60/210 g/liter Voor-opkoms, binne drie dae na plant
Kan opgevolg word met vroeg na-opkomsbespuiting
atrasien/sulcotrione 300/125 g/liter Voor- of na-opkoms toegedien
atrasien/terbuthylazine 250/250 g/liter

300/300 g/liter

450/450 g/kg

Voor-opkoms of na-opkoms voor vierblaar-stadium van onkruid
atrazine/terbutryn 250/250 g/liter Voor-opkoms tydens plant of kort na plant
bendioxide 480 g/liter Na-opkomstoediening
bromoxynil 225 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Na-opkoms van onkruid tussen die vier- tot sesblaar-stadium
bromoxynil/terbuthylazine 150/333 g/liter Na-opkomstoediening
dicamba 700 g/kg Na-opkoms voor gewas 30 cm hoog is
dicamba/topramezoon 160/50 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrasien of atrasien/terbuthylazine
flumetsulam 200 g/liter

800 g/kg

Voor-opkoms, gebruik in tenkmengsel met metolachlor of s-metolachoor
glifosaat/mesotrione/s-metolachoor 250/25/250 g/liter Na-opkoms slegs op glifosaat-tolerante kultivars
halosulfuron 750 g/kg Na-opkomstoediening
MCPA 400 g/liter

700 g/kg

Voor-opkoms binne vyf tot ses dae na plant
Na-opkoms tot gewas 30 cm hoog is
mesotrione 480 g/liter Voor- of na-opkoms. Gebruik slegs in tenkmengsel van atrasien, atrasien terbuthylazine en s-metolachoor
s-metolachoor 960 g/liter Voor-opkoms binne drie dae na plant
s-metolachoor/terbuthylazine 102,8/497,2 g/liter
312,5/187,5 g/liter
Voor-opkoms
Vroeg na-opkoms, in tenkmengsel met mesotrione
metribusien 480 g/liter Na-opkoms tussen die vier- tot sesblaar-stadium van onkruid in tenkmengsel met 2,4-D of bromoxynil
nicosulfuron 240 g/liter

40 g/liter

750 g/kg

Na-opkomstoediening tussen twee- tot sesblaar-stadium van gewas
tembotrione/isoxadifen-ethyl 420/120 g/liter Na-opkoms toediening in tenkmengsel met atrasien
topramezoon 336 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrasien ofatrasien/terbuthylazine

 

TABEL 2: Onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van dubbeltjie.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter Na-opkoms wanneer gewas tussen groeistadium sewe tot 13 is
2,4-D/dicamba 240/80 g/liter Na-opkoms wanneer gewas tussen groeistadium sewe tot 13 is
bendioxide 480 g/liter Na-opkomstoediening wanneer onkruid aktief groei
bromoxynil 225 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Na-opkoms voor sesblaar-stadium van onkruid en tussen drieblaar- en stoel-fase van gewas
chlorsulfuron 750 g/kg Na-opkoms wanneer gewas tussen twee- tot vyfblaar-stadium is
chlorsulfuron/metsulfuroon- metiel/
tribenuron-metiel
119/79/222 g/kg Na-opkoms wanneer gewas tussen vier- tot sesblaar-stadium is
dicamba 700 g/kg Na-opkoms slegs toegedien in tenkmengsel met Enhancer (10 g – 12 g) en Reaper (10 g)
halosulfuron 750 g/kg Na-opkomstoediening
MCPA 400 g/liter

700 g/kg

Na-opkoms wanneer gewas tussen groeistadium sewe tot 13 is
metsulfuroon-metiel 200 g/kg

600 g/kg

Na-opkoms wanneer gewas tussen drie- tot vyfblaar-stadium is
metsulfuroon- metiel/thifensulfuron 68/680 g/kg Na-opkoms tydens vier- tot vyfblaar-stadium van onkruid
trifluralin 480 g/liter Voor-plant toegedien

 

Na-opkomsonkruiddoders gee beter beheer, maar dan moet dubbeltjies so vroeg as moontlik beheer word voordat dit die sesblaar-stadium bereik het. Weens die plat groeiwyse van dubbeltjies moet dit dus beheer word voordat vertakkings plaasvind. Hoe groter die dubbeltjies word, hoe minder effektief sal die na-opkoms onkruiddoders wees. Onkruiddoders geregistreer vir die beheer van dubbeltjies in mielies en koring is saamgevat in Tabel 1 en Tabel 2.

Vir effektiewe beheer moet na-opkomsonkruiddoders met ‘n bymiddel wat die penetrasie van die onkruiddoder bevorder, gemeng word. Sien etiket vir aanwysings en tenkmengsels wat geregistreer is. Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.

Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).