Beheer van onkruide in mielies en koring – Deel 8: Jongosgras (Goosegrass)

3263
Jongosgras-saailing.
‘n Pol jongosgras.
Halm en saad.
Volwasse plant met groen halms.

Wetenskaplike naam: Eleusine corocana
Afrikaanse naam: Jongosgras, osgras
Engelse naam: Goosegrass, rapoko grass

Kort beskrywing

Jongosgras is ‘n eenjarige polgras wat tot 60 cm hoog raak. Dit het ‘n baie sterk en goed ontwikkelde wortelstelsel. Kenmerkend van hierdie onkruid is sy kragtige aanvanklike wortelontwikkeling, wat dit goed aangepas maak by klimaatstoestande vir Suid-Afrika. Die halms is dikwels vertak, geknie by die basis en onbehaard. Blare is sterk gevou en moeilik om te knak, kan tot 50 cm lank wees en 1 cm breed. Die bloeiwyse is helder liggroen en kan uit twee tot tien are of vingers bestaan. Die blompakkies is dig opmekaar ingepak op ‘n aar wat ook kenmerkend plat vertoon. Fisiologiese ryp sade is swart, ovaalvormig, met skerp riffies teen die sye dwarsoor die saad.

Verspreiding

Jongosgras word beskou as die mees algemene grasonkruid in bewerkte lande in Suid-Afrika. Dit is ‘n sterk kompeteerder as gevolg van ‘n goed ontwikkelde wortelstelsel. Meeste van die bekende grasonkruidspesies se saailinge lyk baie eenders en onderskeiding tussen vingergras (Digitaria spp.), beesgras (Urochloa spp.), buffelsgras (Panicum spp.) en jongosgras is soms moeilik.

Beheer

Bewerking
Jongosgras kan beheer word deur middel van ‘n vlak bewerking in die saailingstadium. Vlak bewerking sal veroorsaak dat vars saad na die oppervlak gebring word en ontkiem, wat verdere bewerking (skoffel) sal vereis. Jongosgras sal egter gedurende die somerseisoen aanhou ontkiem en daarom is skoffel nie ‘n baie doeltreffende manier om dit te beheer nie.

Chemies
Die doeltreffendste manier van grasbeheer is chemies, deur middel van onkruiddoders. Jongosgras is een van die mees vatbare grassoorte vir ‘n wye reeks vooropkoms- en na-opkomsonkruiddoders. Grasdoders bied die effektiefste beheer en waar swaar besmettings voorkom, moet beheer so volledig en tydig as moontlik wees.

Verskeie onkruiddoders is geregistreer vir die beheer van jongosgras in mielies en koring (Tabel 1 en Tabel 2). Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk-etiket.

Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.

TABEL 1: Onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van jongosgras.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
asetochloor 700 g/liter

750 g/liter

768 g/liter

840 g/liter

900 g/liter

960 g/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms van gewas

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms van gewas; gebruik as tenkmengsel met atrasien en/of terbutielasien

Voor-opkoms

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms binne drie dae na plant

Vroeg na-opkoms van gewas; gebruik as tenkmengsel met atrasien en/of terbutielasien

Raadpleeg die etiket

asetochloor/atrasien/simasien 160/165/165 g/liter Voor-opkoms, tydens of net na plant op ‘n goed-voorbereide saadbed
asetochloor/atrasien/terbutielasien 125/187,5/87,5 g/liter

150/225/225 g/liter

178,6/160,7/160,7 g/liter

250/225/225 g/liter

350/175/175 g/liter

Met of net na plant op goed-voorbereide saadbed

Binne drie dae na plant, maar voor opkoms van gewas en onkruid

Voor-opkoms

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms. Met of direk na plant op goed-voorbereide saadbed

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms

asetochloor/EPTC 150/350 g/liter Voor-opkoms van onkruid en gewas
alachloor 384 g/liter

480 g/liter

Voor-opkoms, tydens of twee dae na plant op goed-voorbereide saadbed

Voor-opkoms, tydens of twee dae na plant op goed-voorbereide saadbed

alachloor/atrasien 336/144 g/liter Voor-opkoms, tydens of twee dae na plant op goed-voorbereide saadbed
atrasien/mesotrione/s-metolachoor 208,5/26,8/208,5 g/liter Voor-opkoms van onkruid en gewas
atrasien/metazachloor/terbutielasien 210/30/210 g/liter Voor-opkoms, binne drie dae na plant. Na-opkoms as opvolgbespuiting
atrasien/metolachlor 300/300 g/liter Voor-opkoms, binne drie dae na plant
atrasien/metolachlor/terbutielasien 174/252/174 g/liter

262,5/175/262,5 g/liter

Voor-opkoms toegedien
atrasien/s-metolachoor 370/290 g/liter Voor-opkoms, toediening binne drie dae na plant
dimethenamid-P 720 g/liter Voor-opkoms binne drie dae na plant
dicamba/topramezoon 160/50 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrasien of atrasien/terbutielasien en Dash HC
EPTC 720 g/liter Voor-plant, ingewerk in grond, raadpleeg etiket
flumetsulam 800 g/kg Voor-opkoms, gebruik in tenkmengsel met metolachlor of s-metolachoor
flumetsulam/s-metolachoor 20/630 g/liter Met-plant toegedien of binne drie dae na plant
glifosaat/mesotrione/s-metolachoor 250/25/250 g/liter Na-opkoms, slegs op glifosaat-tolerante kultivars
mesotrione/s-metolachoor 83,3/416,7 g/liter Voor-opkoms van onkruid en gewas
metolachlor 800 g/liter

840 g/liter

915 g/liter

960 g/liter

Voor-opkoms, binne drie dae na plant op goed-voorbereide saadbed
metribuzin 480 g/liter Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vier- tot sesblaar-stadium
nicosulfuron 40 g/liter

240 g/liter

Na-opkoms wanneer gewas twee- tot sesblaar-stadium is
topramesoon 226 g/liter Vroeg na-opkoms. Raadpleeg etiket
s-metolachoor 915 g/liter

960 g/liter

Voor-opkoms, binne drie dae na plant op goed-voorbereide saadbed

Voor-opkoms. Raadpleeg etiket

s-metolachoor/terbutielasien 102,8/497,2 g/liter

312,5/187,5 g/liter

Voor-opkoms, op goed-voorbereide saadbed

Vroeg na-opkoms; gebruik net in tenkmengsel met Callisto

 

TABLE 2: Onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van jongosgras.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
trifluralin 480 g/liter Gebruik slegs voor-plant, dosis hang af van onkruidspesie

 

Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).