Beheer van onkruide in mielies en koring – Deel 12: Kankerroos

2970
Kankerroos op tweeblaar-stadium. Foto: John MacIntyre, Villa Crop
Jong saailinge. Foto: John MacIntyre, Villa Crop Protection
Okselstandige dopvrugte. Foto: Suzette Bezuidenhout Inlas: Dopvrugte met ovaalvormige saad
Volwasse kankerroosplant tussen mielies. Foto: Suzette Bezuidenhout

Wetenskaplike naam: Xanthium strumarium
Afrikaanse naam: Kankerroos
Engelse naam: Cocklebur

Kort beskrywing

Kankerroos is donkergroen, halfkruidagtige plante wat tot 1,5 m hoog kan groei, waarvan veral die saailinge giftig is.

Volwasse plante het ‘n diep, stewige penwortel en stingels vertoon rooi-bruin. Op die stingels is ook kenmerkende rooi kolletjies, wat aan stingels ‘n growwe voorkoms gee. Blare is teenoorstaande, enkelvoudig en hartvormig met gekartelde rante.

Saad word in kenmerkende bruin dopvrugte gedra wat okselstandig is, 2 cm lank, bruin en houtagtig. Die dopvrugte het twee “horings” op die kroon en is oortrek met haakvormige stekels wat baie maklik aan klere en die velle van diere kan vassit. Daar is twee ovaalvormige sade in die dopvrug waarvan een kenmerkend kleiner is, swarterig, ovaal en plat en tot 1,5 cm lank.

Verspreiding

Kankerroos is bekend vir sy sterk kompeterende effek op verskeie eenjarige gewasse. Weens die grootte van die saad, is dit ‘n diep ontkiemer en kan dit ook dormant in grond lê. Dit word slegs deur saad versprei en is wyd versprei deur Suid-Afrika.

TABEL 1: Onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van kankerroos.

Formule Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter Voor-opkomstoediening vyf tot ses dae na plant Na-opkoms wanneer gewas 30 cm hoog is, gebruik andersins val-arms vir gerigte bespuitings
2,4-D/dicamba 240/80 g/liter Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vyf- tot sesblaar-stadium
acetochlor/atrasien/terbuthylazine 125/187/187 g/liter

150/225/225 g/liter

200/150/150 g/liter

250/225/225 g/liter

250/250/225 g/liter

350/175/175 g/liter

Voor-opkoms met-plant of binne drie dae na plant. Vroeg na-opkoms, nie later as vierblaar-stadium van onkruid
atrasien/cyanazine 167/333 g/liter

250/250 g/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms
atrasien/mesotrione/s-metolachoor 208,5/26,8/208,5 g/liter Voor-opkomstoediening
atrasien/sulcotrione 300/125 g/liter Voor- of na-opkoms toegedien
atrasien/terbuthylazine 250/250 g/liter

300/125 g/liter

300/300 g/liter

450/450 g/kg

Voor-opkoms of na-opkoms voor vierblaar-stadium van onkruid
bendioxide 480 g/liter Na-opkomstoediening
bromoxynil 225 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Na-opkoms van onkruid tussen die vier- en sesblaar-stadium
bromoxynil/terbuthylazine 150/333 g/liter Na-opkomstoediening
dicamba 480 g/liter

700 g/kg

Na-opkoms tot gewas 30 cm hoog is
dicamba/topramezone 160/50 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium van onkruid, gebruik in tenkmengsel met atrasien of atrasien/terbuthylazine
flumetsulam 800 g/kg Voor-opkoms, gebruik in tenkmengsel met metolachlor of s-metolachoor
glifosaat/mesotrione/s-metolachoor 250/25/250 g/liter Na-opkoms slegs op glifosaat-tolerante kultivars
halosulfuron 750 g/kg Na-opkomstoediening
MCPA 400 g/liter

700 g/kg

Voor-opkoms binne vyf tot ses dae na plant

Na-opkoms tot gewas 30 cm hoog is

mesotrione 480 g/liter Voor- of na-opkoms

Gebruik slegs in tenkmengsel van atrasien, atrasien/ terbuthylazine, of s-metolachoor

mesotrione/s-metolachoor 83,3/416,7 g/liter Voor-opkomstoediening
s-metolachoor 915 g/liter

960 g/liter

Voor-opkomstoediening en binne drie dae na plant van gewas
s-metolachoor/terbuthylazine 102,8/497,2 g/liter

312,5/187,5 g/liter

Voor-opkomstoediening

Vroeg na-opkoms, in tenkmengsel met mesotrione

metribusien 480 g/liter Na-opkoms tussen die vier- tot sesblaar-stadium van onkruid in tenkmengsel met 2,4-D of bromoxynil
topramezone 336 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium van onkruid, gebruik in tenkmengsel met atrasien of atrasien/terbuthylazine

 

TABEL 2: Onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van kankerroos.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter

500 g/liter

Dien toe tussen groeistadiums sewe tot dertien van die gewas
2,4-D/dicamba 240/80 g/liter Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vyf- tot sesblaar-stadium
bendioxide 480 g/liter Dien toe op jong, aktiefgroeiende onkruide
bromoxynil 225 g/liter

255 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Na-opkoms van onkruid tussen die vier- tot sesblaar-stadium
dicamba 700 g/kg Slegs in tenkmengsels met Enhancer (10 g – 12 g) + Reaper (10 g) + hulpmiddel
halosulfuron 750 g/kg Na-opkomstoediening
MCPA 400 g/liter

700 g/kg

Dien toe tussen groeistadiums sewe tot dertien van die gewas

 

Beheer

Bewerking
Vlak grondbewerking na opkoms van saailinge kan effektiewe beheer verskaf.

Chemies
Alhoewel ‘n hele aantal voor-opkomsonkruiddoders geregistreer is vir die beheer van kankerroos in mielies en koring, is beheer wisselvallig. Na-opkoms onkruiddoders gee meer effektiewe beheer. Effektiwiteit van onkruiddoders neem egter af hoe groter die plante word en tyd van toediening is van kritieke belang. Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk se etiket.

Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.

Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).