Saailing. |
Kartelende blare. |
U. panicoides en U. Mosambicensis. |
Volwasse plant. |
Wetenskaplike naam: Urochloa panicoides
Afrikaanse naam: Beesgras, Tuin urochloa
Engelse naam: Herringbone grass, Garden urochloa
Kort beskrywing
Beesgras is ‘n eenjarige, inheemse polgras wat baie algemeen voorkom. Blare vertoon kort en breed met ‘n kenmerkende karteling wat aan die kante van die blare waargeneem kan word vanaf saailingstadium. Alhoewel die gras ‘n polagtige groeiwyse het, kan dit tot 90 cm hoog groei in gunstige omstandighede. Die bloeiwyse (grashalm) wissel tussen twee tot sewe are waarop die sade in twee reëlmatige rye, afwisselend gerangskik is. Stingels (of lopers) van volwasse plante vertoon dikwels ‘n kenmerkende rooi-pers kleur.
Urochloa mosambicensis (Bosveldbeesgras/Bushveld herringbone grass) kom ook algemeen voor en die verskil tussen die spesies kan veral in die bloeiwyses gesien word.
Verspreiding
Beesgras word beskou as een van die vier “landsgrasse” weens die wye verspreiding en algemene voorkoms van die gras in meeste gewasse. Daar word beweer dat die gras meer volop voorkom op kleigronde, maar dat dit ‘n strawwe mededinger kan wees op enige grondtipe waar infestasievlakke hoog is. Hierdie gras versprei slegs deur saad en kiem hoofsaaklik vroeg in die lente.
TABEL 1: Onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van beesgras.
Aktiewe bestanddeel | Formule | Tyd van toediening |
---|---|---|
acetochlor | 700 gram/liter
750 gram/liter 840 gram/liter 900 gram/liter 960 gram/liter |
Voor-opkoms of vroeg na-opkoms van gewas |
acetochlor/atrazine/simazine | 160/165/165 gram/liter | Voor-opkoms, tydens of net na plant |
acetochlor/atrazine/terbuthylazine | 125/187,5/87,5 gram/liter
150/225/225 gram/liter 178,6/160,7/160,7 gram/liter 250/225/225 gram/liter 350/175/175 gram/liter |
Voor-opkoms, met plant of binne drie dae na plant Vroeg na-opkoms nie later as vierblaar-stadium van die onkruid nie |
acetochlor/EPTC | 150/350 gram/liter | Voor-opkoms van onkruid en gewas |
alachlor | 384 gram/liter
480 gram/liter |
Voor-opkoms, tydens of net na plant |
alachlor/atrazine | 336/144 gram/liter | Voor-opkoms, tydens of net na plant |
atrazine/cyanazine | 167/333 gram/liter
250/250 gram/liter |
Voor-opkoms of vroeg na-opkoms |
atrazine/mesotrione/s-metolachlor | 208,5/26,8/208,5 gram/liter | Voor-opkoms van onkruid en gewas |
atrazine/metolachlor | 300/300 gram/litrer | Voor-opkoms, binne drie dae na plant |
atrazine/s-metolachlor | 370/290 gram/liter | Voor-opkomstoediening binne drie dae na plant |
atrazine/sulcotrione | 300/125 gram/liter | Voor- of na-opkoms toegedien |
atrazine/terbutryn | 250/250 gram/liter | Voor-opkoms tydens plant of net na plant |
dicamba/topramezone | 160/50 gram/liter | Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrazine of atrazine/terbuthylazine |
EPTC | 720 gram/liter | Voor-plant, ingewerk in grond. Raadpleeg etiket |
flumetsulam | 200 gram/liter
800 gram/kg |
Voor-opkoms, gebruik in tenkmengsel met metolachlor of s-metolachlor |
flumetsulam/s-metolachlor | 20/630 gram/liter | Met-plant toegedien of binne drie dae na plant |
glifosaat/mesotrione/s-metolachlor | 250/25/250 gram/liter | Na-opkoms, slegs op glifosaat-tolerante kultivars |
mesotrione | 480 gram/liter | Voor- of na-opkoms. Gebruik slegs in tenkmengsel van atrazine, atrazine/terbuthylazine, s-metolachlor |
mesotrione/s-metolachlor | 83,3/416,7 gram/liter | Voor-opkoms van onkruid en gewas |
metolachlor | 800 gram/liter
840 gram/liter 915 gram/liter 950 gram/liter |
Voor-opkoms, binne drie dae na plant |
metribuzin | 480 gram/liter | Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vier- tot sesblaar-stadium |
nicosulfuron | 240 gram/liter
40 gram/liter |
Na-opkoms wanneer gewas twee- tot sesblaar-stadium is |
s-metolachlor | 915 gram/liter
960 gram/liter |
Voor-opkoms, binne drie dae na plant |
s-metolachlor/terbuthylazine | 312,5/187,5 gram/liter | Vroeg na-opkoms, in tenkmengsel met mesotrione |
topramezone | 336 gram/liter | Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrazine of atrazine/terbuthylazine |
TABEL 2: Onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van beesgras.
Aktiewe bestanddeel | Formule | Tyd van toediening |
---|---|---|
trifluralin* | 480 gram/liter | Gebruik slegs in geplante lande. Dosis hang af van onkruidspesie |
* Let wel: Maak altyd seker op die onkruiddoderetiket of die spesifieke onkruiddoder geregistreer is vir gebruik op die genoemde onkruidspesie. Slegs sommige handelsname is geregistreer vir die beheer van beesgras.
Slegs geregistreerde doders mag gebruik word.
Beheer
Bewerking
Vroegtydige vlakbewerking kan vroeg in die lente gedoen word aangesien sade vlak in die grondprofiel voorkom en van die eerste grasse kan wees wat ontkiem.
Chemies
Meeste voor- en na-opkoms grasonkruiddoders kan gebruik word om beesgras effektief te beheer. Wanneer grasse egter na-opkoms beheer word, moet die bespuitings so vroeg as moontlik gedoen word tussen die twee- tot vierblaar-stadium. Wanneer beesgras begin pol, kan beheer minder effektief wees.
Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).