Jongosgras-saailing. |
‘n Pol jongosgras. |
Halm en saad. |
Volwasse plant met groen halms. |
Wetenskaplike naam: Eleusine corocana
Afrikaanse naam: Jongosgras, osgras
Engelse naam: Goosegrass, rapoko grass
Kort beskrywing
Jongosgras is ‘n eenjarige polgras wat tot 60 cm hoog raak. Dit het ‘n baie sterk en goed ontwikkelde wortelstelsel. Kenmerkend van hierdie onkruid is sy kragtige aanvanklike wortelontwikkeling, wat dit goed aangepas maak by klimaatstoestande vir Suid-Afrika. Die halms is dikwels vertak, geknie by die basis en onbehaard. Blare is sterk gevou en moeilik om te knak, kan tot 50 cm lank wees en 1 cm breed. Die bloeiwyse is helder liggroen en kan uit twee tot tien are of vingers bestaan. Die blompakkies is dig opmekaar ingepak op ‘n aar wat ook kenmerkend plat vertoon. Fisiologiese ryp sade is swart, ovaalvormig, met skerp riffies teen die sye dwarsoor die saad.
Verspreiding
Jongosgras word beskou as die mees algemene grasonkruid in bewerkte lande in Suid-Afrika. Dit is ‘n sterk kompeteerder as gevolg van ‘n goed ontwikkelde wortelstelsel. Meeste van die bekende grasonkruidspesies se saailinge lyk baie eenders en onderskeiding tussen vingergras (Digitaria spp.), beesgras (Urochloa spp.), buffelsgras (Panicum spp.) en jongosgras is soms moeilik.
Beheer
Bewerking
Jongosgras kan beheer word deur middel van ‘n vlak bewerking in die saailingstadium. Vlak bewerking sal veroorsaak dat vars saad na die oppervlak gebring word en ontkiem, wat verdere bewerking (skoffel) sal vereis. Jongosgras sal egter gedurende die somerseisoen aanhou ontkiem en daarom is skoffel nie ‘n baie doeltreffende manier om dit te beheer nie.
Chemies
Die doeltreffendste manier van grasbeheer is chemies, deur middel van onkruiddoders. Jongosgras is een van die mees vatbare grassoorte vir ‘n wye reeks vooropkoms- en na-opkomsonkruiddoders. Grasdoders bied die effektiefste beheer en waar swaar besmettings voorkom, moet beheer so volledig en tydig as moontlik wees.
Verskeie onkruiddoders is geregistreer vir die beheer van jongosgras in mielies en koring (Tabel 1 en Tabel 2). Volg die spesifieke aanduidings en dosisaanwysings slaafs na op elke produk-etiket.
Kontak altyd ‘n betroubare chemiese adviseur voor die gebruik van enige chemikalieë om die korrekte dosis en spesifikasies op die etiket na te kom.
TABEL 1: Onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van jongosgras.
Aktiewe bestanddeel | Formule | Tyd van toediening |
---|---|---|
asetochloor | 700 g/liter
750 g/liter 768 g/liter 840 g/liter 900 g/liter 960 g/liter |
Voor-opkoms of vroeg na-opkoms van gewas
Voor-opkoms of vroeg na-opkoms van gewas; gebruik as tenkmengsel met atrasien en/of terbutielasien Voor-opkoms Voor-opkoms of vroeg na-opkoms binne drie dae na plant Vroeg na-opkoms van gewas; gebruik as tenkmengsel met atrasien en/of terbutielasien Raadpleeg die etiket |
asetochloor/atrasien/simasien | 160/165/165 g/liter | Voor-opkoms, tydens of net na plant op ‘n goed-voorbereide saadbed |
asetochloor/atrasien/terbutielasien | 125/187,5/87,5 g/liter
150/225/225 g/liter 178,6/160,7/160,7 g/liter 250/225/225 g/liter 350/175/175 g/liter |
Met of net na plant op goed-voorbereide saadbed
Binne drie dae na plant, maar voor opkoms van gewas en onkruid Voor-opkoms Voor-opkoms of vroeg na-opkoms. Met of direk na plant op goed-voorbereide saadbed Voor-opkoms of vroeg na-opkoms |
asetochloor/EPTC | 150/350 g/liter | Voor-opkoms van onkruid en gewas |
alachloor | 384 g/liter
480 g/liter |
Voor-opkoms, tydens of twee dae na plant op goed-voorbereide saadbed
Voor-opkoms, tydens of twee dae na plant op goed-voorbereide saadbed |
alachloor/atrasien | 336/144 g/liter | Voor-opkoms, tydens of twee dae na plant op goed-voorbereide saadbed |
atrasien/mesotrione/s-metolachoor | 208,5/26,8/208,5 g/liter | Voor-opkoms van onkruid en gewas |
atrasien/metazachloor/terbutielasien | 210/30/210 g/liter | Voor-opkoms, binne drie dae na plant. Na-opkoms as opvolgbespuiting |
atrasien/metolachlor | 300/300 g/liter | Voor-opkoms, binne drie dae na plant |
atrasien/metolachlor/terbutielasien | 174/252/174 g/liter
262,5/175/262,5 g/liter |
Voor-opkoms toegedien |
atrasien/s-metolachoor | 370/290 g/liter | Voor-opkoms, toediening binne drie dae na plant |
dimethenamid-P | 720 g/liter | Voor-opkoms binne drie dae na plant |
dicamba/topramezoon | 160/50 g/liter | Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrasien of atrasien/terbutielasien en Dash HC |
EPTC | 720 g/liter | Voor-plant, ingewerk in grond, raadpleeg etiket |
flumetsulam | 800 g/kg | Voor-opkoms, gebruik in tenkmengsel met metolachlor of s-metolachoor |
flumetsulam/s-metolachoor | 20/630 g/liter | Met-plant toegedien of binne drie dae na plant |
glifosaat/mesotrione/s-metolachoor | 250/25/250 g/liter | Na-opkoms, slegs op glifosaat-tolerante kultivars |
mesotrione/s-metolachoor | 83,3/416,7 g/liter | Voor-opkoms van onkruid en gewas |
metolachlor | 800 g/liter
840 g/liter 915 g/liter 960 g/liter |
Voor-opkoms, binne drie dae na plant op goed-voorbereide saadbed |
metribuzin | 480 g/liter | Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vier- tot sesblaar-stadium |
nicosulfuron | 40 g/liter
240 g/liter |
Na-opkoms wanneer gewas twee- tot sesblaar-stadium is |
topramesoon | 226 g/liter | Vroeg na-opkoms. Raadpleeg etiket |
s-metolachoor | 915 g/liter
960 g/liter |
Voor-opkoms, binne drie dae na plant op goed-voorbereide saadbed
Voor-opkoms. Raadpleeg etiket |
s-metolachoor/terbutielasien | 102,8/497,2 g/liter
312,5/187,5 g/liter |
Voor-opkoms, op goed-voorbereide saadbed
Vroeg na-opkoms; gebruik net in tenkmengsel met Callisto |
TABLE 2: Onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van jongosgras.
Aktiewe bestanddeel | Formule | Tyd van toediening |
---|---|---|
trifluralin | 480 g/liter | Gebruik slegs voor-plant, dosis hang af van onkruidspesie |
Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).