NAMPO-span sweis nou dat die vonke spat

Louise Kunz, SA Graan/Grain-redaksie
Gepubliseer: 5 September 2022

539

Gedurende Junie het ses van NAMPO Park se terreinwerkers die geleentheid gekry om ’n sweiskursus op die terrein by te woon. Hulle het baie waardevolle vaardighede aangeleer wat nie net in die werkplek nie, maar ook in hul privaat hoedanigheid gebruik kan word.

Die kursus is aangebied deur Fanie Pienaar, ’n opleier vir die Vrystaat- en Noordwes-streke van Graan SA se Ontwikkelende Landbou-program. Hierdie groep gaan in Oktober verdere opleiding ontvang in basiese meganisasie.

Een van die kursusgangers, Klaas Twala, het Graan SA namens die groep bedank vir die geleentheid. Hy het genoem dat hy nie net die nodige vaardighede aangeleer het nie, maar ook hoe om die verpligte veiligheidsmaatreëls toe te pas om sy oë te beskerm.

Isak Tshabalala, Joseph Tladi, Isaac Mpitso, Klaas Twala, Ashley Mathisa en Willem Lengola glimlag breed nadat hulle hul sertifikate ontvang het as bewys dat hulle die sweiskursus suksesvol voltooi het.
Klaas Twala en Isaac Mpitso het saamgewerk om die tuinstoel te maak. By hulle is Fanie Pienaar, die opleier wat die kursus aangebied het.
Joseph Tladi en Isak Tshabalala het diefwering vir ’n venster gesweis.
Ashley Mathisa en Willem Lengola spog met hulle handewerk.